AfriForum Jeug veroordeel gewelddadige aanranding van landbouskoolseun

'n Skermskoot van die video wat gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

‘n Skermskoot van die video wat gemaak is. Die slagoffer lê met sy maag op bed terwyl ander skoolseuns toekyk.

AfriForum Jeug veroordeel die beweerde voorval by die Hoër Landbouskool Noord-Kaap, waartydens ʼn seun op gewelddadige wyse fisiek en psigies gekrenk is, ten sterkste.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het Vrydag gesê die jeugorganisasie bied gratis berading aan die seun en ander leerlinge, wat deur die aanranding getraumatiseer is.

“Hierdie tipe gedrag is op geen manier verdedigbaar nie,” het Maree gesê. “Wat die aangeleentheid des te meer ontstellend maak is dat daders én omstanders die aanranding blykbaar aanvaarbaar vind. AfriForum Jeug hoop dat die betrokkenes, wat die wet oortree het, vir hul dade verantwoordelik gehou sal word.”

Maree het die slagoffer en die geraakte leerlinge se ouers versoek om met die organisasie in verbinding te tree. “Ons wil werklik die geleentheid gegun word om te help waar ons kan,” het hy bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig vier leerlinge van die skool verskyn Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof nadat hulle glo ʼn medeleerling by die skool se koshuis aangerand en seksueel mishandel het.

Maj. Dimakatso Mooi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die seuns, tussen 14 en 19 jaar oud, staan tereg op aanklagte van verkragting en algemene aanranding weens ʼn vermeende ontgroeningsdaad wat Sondagaand om 21:30 by die skool se koshuis plaasgevind het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nienie ·

Baie dankie dat Afriforum hierdie tipe gedrag luidkeels, in die media, veroordeel. Ek kan net hoop dat alle gruweldade ook op hierdie manier deur alle forums veroordeel kan word. Ons gemeenskappe is akuut diepsiek. So vind hierdie akute diepsiekte ook neerslag in talle weerlose diere, ou mense en kinders wat gruwelik mishandel en verwaarloos word. Noem asb ook alle oortreders se ras en geslag in die media. Met die huidige beriggewing, lyk dit asof net blanke, manlike lede hulle skuldig maak aan gruwelike dade teenoor mens en dier.

Bruno Stef ·

Ont groening was in my tyd laat 1950 begin 1960 n instelling in koshuise. Ons moes liters water drink tot jy nie meer kon nie waarna jy met die vuis hard op die maag geslaan sodat jy opgooi of n opgevoude koerant blad is terwyl jy slaap gedurende rustyd op Sondae middag tussen jou tone aan die brand gesteek MAW n hotfoot. Jy was alleen en nie n Ma of Pa naby gehad of die moed gehad om te klik nie maar die manier wat die outjies hulle slagoffer ontgroen het is walglik mens doen nie sulke vieslikhede aan n ander persoon nie.

Nico ·

Almal spring nou op die rassistiese sodomie wa, die media hardloop weg met elke ontgroening storie, na die PUKKE se manewales, het enige een, ek inkluis die video gesien. Miskien moet ons maar eers wag tot die kinders skuldig bevind is voor ons kan kommentaar lewer

Nico ·

Almal spring nou op die rassistiese sodomie wa, die media hardloop weg met elke ontgroening storie, na die PUKKE se manewales, het enige een, ek inkluis die video gesien. Miskien moet ons maar eers wag tot die kinders skuldig bevind is voor ons kan kommentaar lewer

Nico ·

Lees ‘n mens een van die kinders se skrywe onderaan ‘n vorige berig, is dit duidelik waarom dit gaan en dat baie van hulle in die verlede reeds deur sodanige doop is. Ook kom dit al jare met die kinders saam.

Ek sien ook een van die kommentators vat die kind oor sy spelling aan. Ek dink daar steek baie, baie meer daaragter as net die spelling. Ons wat hier kommentaar lewer sien dalk nie die dieper/wyer prentjie nie.

Hierdie is nie ‘n uitsonderlike geval nie, dit kan ek julle verseker, die kinders het dit gedoen ook omdat dit aan hulle, of aan van hulle in die verlede gedoen was. Dit kom uit die geskiedenis uit.

Ook wil ek my verstout om te sê dat dit verseker nie die enigste skool is waar sulke ontgroeningspraktyke plaasvind nie.

Ek dink eerder al daardie kinders moet hulp kry, nie net die ontvanger nie, almal het letsels uit die verlede. Ek glo in ons land sit daar ook grootmense met letsels uit die verlede as gevolg van sodanige praktyke, maar moes hulle dit self verwerk.

Ek wonder of die joernaliste, rubriekskrywers en soortgelyke kommentators dit sal raak sien.

Ook kan julle my kommentaar onderaan die vorige berigte lees, want natuurlik is dit verkeerd, maar as dit so is wat ek hier bo sê, is dit dan reg dat die kinders in die selle gesit word en op borgtog vrygelaat moet word?

Is die so dat hulle soos kriminele behandel moet word terwyl daar dalk iets baie anders daaragter steek wat op ‘n ander manier aangespreek moet word, en dat almal hulp nodig het?

Nico ·

Alle kommentators, as ek reg gelees het, ook selfs Adriaan Basson sê daar was nie ras by betrokke nie. Dit was in alle geval daar vir almal om te sien.

Dit lyk my slegs Zuma, Ray McCauley en dalk nog een van die “geestelikes” het nog na Ras gemik, maar dit was in antwoord op ‘n verslaggewer se vraag. Dit seker sonder dat hulle die video gesien het, of dalk omdat hulle net die eerste berig gelees het.

Die eerste berig in Beeld het gelui dat vier wit seuns ‘n swart seun gemartel het. Verder is toe berig dat dit “volgens die seuns” tydens doop was. So hier in die berig het hulle nog sensasie gesoek en ‘n issue daarvan probeer maak, maar nou tot hul sinne gekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.