AfriForum Jeug versoek Puk-inligting

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee om ’n regsbrief aan die Raad van die NWU-Puk te rig waarin hul versoek dat die Raad se verslag rakende oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke op die drie kampusse van die NWU wat aan die minister oorhandig is, aan hul bekend gemaak moet word. Indien die Raad sou versuim om aan die versoek te voldoen, sal AfriForum Jeug sy regspan opdrag gee om die inligting kragtens die Wet op Toegang tot Inligting te bekom.

“Die woordvoerders voer aan dat die verslag nie bekendgemaak kan word nie, omdat verdere ondersoek nodig is,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê. “Dit is ongehoord om ’n verslag aan die minister te oorhandig as verdere ondersoek steeds nodig is.”

Maree sê AfriForum Jeug is diep bekommerd oor die toekoms van die NWU-Puk. “Die kommer spruit voort uit Donderdag se mediakonferensie en uitlatings wat onlangs deur die visekanselier, prof. Dan Kgwadi gemaak is,” het hy gesê. “Prof. Kgwadi het reguit aan die media gesê dat dit nou die tyd vir transformasie is en dat geen ontgroening geduld sal word nie. Transformasie is die ANC se politiekbehepte idee. Transformasie kan nie afgedwing word nie en indien dit wel afgedwing word, sal dit sekerlik opstand onder studente veroorsaak. Net omdat die meeste studente op ’n kampus Afrikaans is, maak dit nie die universiteit teen transformasie gekant nie.”

Maree sê hulle stem saam dat geen student se menswaardigheid aangetas moet word nie, maar die baba kan nie saam met die badwater uitgegooi word nie. “Daar is ’n onderskeid te tref tussen ’n gesonde studentelewe en ontgroening, die Raad moet dit besef.”

Lees ook:
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.