AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug

Die burgerregte-organisasie AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie omrede die ANC-regering toenemend sy onbevoegdheid ten toon stel en die omstandighede in Suid-Afrika gevolglik ’n al hoe swakker toekomsverwagting vir die Suid-Afrikaanse en Afrikanerjeug daarstel.

Toenemende rasgedrewe en diskriminerende beleide, die weerhouding van geleenthede, asook gruwelike dubbele standaarde het tot gevolg dat die Afrikanerjeug al hoe meer vervreemd in hul geboorteland voel.

“Miljoene rande van belastingbetalers se geld word op Jeugdag aan partytjies spandeer, terwyl talle jongmense van die geleentheid ontneem word om te studeer. Om dié rede sal AfriForum Jeug as deel van die Solidariteit Beweging voortgaan om aan ’n toekoms te bou waarin jong Afrikaners weer tuis in Suid-Afrika sal voel,” sê Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug.

Die afgelope jaar is gekenmerk deur betogings deur talle ongelukkige studente en jongmense regoor Suid-Afrika. Minder geleenthede vir jongmense, leë beloftes van ’n beter toekoms en ’n krimpende ekonomie is slegs ’n paar van die oorsake waarom daar geen rede tot feesviering is nie.

“Wanneer die jeug weer ’n toekoms in Suid-Afrika het waarin hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees, sal AfriForum Jeug dié dag vier,” sluit Maree af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leendert

Jeugdag 16 Junie, word jaarliks herdenk te nagedagtenis aan die jeug, wat in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid wat teen hulle gepleeg is, dus die swart jeug. Dus 40 jaar gelede. Dus is dit die swart jeug se dag vandag, maar ook nie, want die swart jeug is nou al oor die 40 jaar oud, dis nou al uitgedien, want dit word misbruik teen die ander rasse, so kan die herdinking van daardie dag nog jeugdag genoem word? Dan wat van jeugdag wat nie ander rassegroepe en kulture uitsluit nie, wat van ‘n “neutrale” jeugdag wat op die jeug van… Lees meer »

John

Reg so!

Fires

Henk, ons maak dit maar net nog ‘n lekker braaidag.

Piet Pille

Leendert so reg saamgevat. Dankie Afriforum vir jul standpunt

Jordaan

Baie waar, ons het niks om te vier op die dag nie.