AfriForum Jeug wil ‘rassisme’ op UK-kampus stuit

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

AfriForum Jeug het Dinsdag in ’n dringende skrywe eise aan die bestuur van die Universiteit van Kaapstad (UK) gestel in reaksie op onlangse beweerde rassistiese voorvalle op dié kampus. Die organisasie eis dat die universiteit se bestuur teen 30 April op al die eise sal reageer.

AfriForum Jeug eis eerstens dat Lwazi Lushaba, ʼn dosent aan die UK, afgedank word nadat hy glo uitlatings rakende die Nazi-diktator Adolf Hitler tydens ’n vooraf opgeneemde lesing gemaak het. Die DA het reeds aangedui dat hy dié dosent by die Menseregtekommissie (MRK) wil verkla.

Maroela Media het vroeër berig ʼn storm het losgebars om die kop van Lushaba nadat hy gedurende die lesing glo die volgende gesê het: “Hitler het geen misdaad gepleeg nie. Al wat Hitler gedoen het, was om aan wit mense te doen wat wit mense gewoonlik vir swart mense bestem het.”

AfriForum Jeug eis voorts dat die universiteit sy studenteraad (SR) tot orde roep ná die SR glo in twee onderskeie verklarings medestudente aangehits het om geweld te gebruik teen minderhede wat nie ideologies met hulle saamstem nie.

Die SR het op 19 November in ʼn verklaring gesê dat die “polisie, die staat en die talle agente van witheid” hulle daagliks daaraan herinner dat om swart in ʼn post-apartheid-Suid-Afrika te wees, beteken “om enigiets buiten ʼn mens te wees”.

Die verklaring het gevolg na afloop van die rasseherrie by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad toe die EFF kapsie gemaak het teen ʼn private geselligheid van ʼn groep van die skool se matrieks. Daar was glo geen swart leerders by die geleentheid nie. ʼn Paar UK-studente het ook aan die betogings oor die voorval deelgeneem.

Die SR sê in sy verklaring hy meen die polisie was verkeerd om die betogers “gewelddadig” uitmekaar te jaag. “Die staat en wit mense gee nie om vir ʼn swart kind nie. Dit is aan die orde van die dag om op ʼn swart kind te skiet en te skop,” lui die verklaring.

“Die SR sal in hierdie tyd nie net staan en toekyk hoe dit gebeur nie.”

Daar is glo nog geen stappe gedoen teen die SR-lede wat dié uitsprake gemaak het nie.

AfriForum sê op 7 April het die SR wéér ’n verklaring uitgereik waarvolgens hy die nuutaangestelde waarnemende adjunkvisekanselier van transformasie, prof. Martin Hall, probeer diskrediteer het op grond van sy ras, geslag en seksuele voorkeur.

Die SR het in die verklaring geëis dat sy tydelike aanstelling beëindig word. Dit het geskied selfs nog voor hy sy verpligtinge aanvaar het.

Volgens AfriForum Jeug kan die SR se kritiek dus nie aan wangedrag of ’n tekort aan kundigheid toegeskryf word nie, maar wel aan ’n rassistiese, seksistiese en hetero-fobiese houding aan die kant van die SR.

AfriForum Jeug het ook inligting aangevra in verband met ’n video wat op sosiale media versprei is waarin studente van ’n meerderheidsgroep ’n oproep tot geweld teen ’n minderheid doen. Na bewering het die voorval ook op die UK-kampus plaasgevind en is die teenwoordiges studente van die universiteit.

In die video skree die student “een setlaar, een koeël” (one settler, one bullet), waarna die skare die woorde agterna skree.

AfriForum Jeug het reeds op 19 Maart ’n e-pos oor die video aan die UK-bestuur gestuur met die versoek om meer inligting oor die voorval te kry. Die organisasie wag steeds op terugvoer.

Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug, sê indien die universiteit versuim om teen die spertyd te reageer op sy eise, sal AfriForum Jeug die saak verder neem.

“Dit is omdat die UK dan steeds hierdie onaanvaarbare gedrag en uitlatings beskerm en toelaat,” sê Peters.

“Die patroon van voorvalle wat deur UK-verwante persone gepleeg word en die gebrek aan optrede deur die UK-bestuur skep die indruk dat die UK sulke gedrag goedkeur.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ovelia ·

Afriforum BO!!!. Kry daai man wt di wittes wil uit he UIT DI UNIVERSITEIT

Danie ·

As ek Afriforum jeug is mors ek nie my tyd en geld op dit nie. Rassisme sal wel afbrand met die tyd want hulle eie mense steek dit aan die brand.

Eragrostis ·

Hierdie uitlatings grens aan die mees absurde, want die ironie is dat hierdie irrasionele swartes allerande rassistiese uitlatings maak teen apartheid, maar dat dit hulle geensins pla om op ń universiteit te studeer wat juis deur die inisiatief van die apartheidsregering tot stand gebring is. Dit wys net hoe dubbelsinnig hierdie rampokkers is, en hoe irrasioneel hulle dink en redeneer. Miskien moet iemand vir hulle sê dat dit ń apartheidsuniversiteit is, dan gee hierdie opstokers dalk vanself pad.

E ·

Ja ek weet nie van een universiteit wat die ANC gebou het in die 27 jaar. Skole is ek seker is minder as 100.

JohanR ·

Is tyd dat die egte regte Afrikaner studente by US, ‘n streep in die sand trek en se “soe ver en nie verder nie!”

SomeOne ·

daar is waar die probleem le, die “egte, regte afrikaner studente”, is hopeloos te min om teenstand te bied.
net n jammerte afriforum kampus in pretoria is ver van die uk af, dan kon hul hul tasse gepak het en begin studeer waar daar ge studeer word en nie moeilikheid moet aanskou nie

Sarel ·

Die Regering , die Dept vir Hoér Onderwyscdn die Universiteit szl nid optree nie.
Brei Akaddemia uit

Chris ·

29 jaar nadat apartheid afgestel is, die meeste van die studente het tóé nie eens geleef nie, wil nou weereens kom en maak asof alles die wittes se skuld is. Magtig kinders, jul word een leeftyd gegun, waarom kan jul nie net as normale studente voortbou op ons pragtige land nie. Die cANCer regering het tot vandag NIKS aan ons land verbeter nie. Maak iets van die land en werk saam om dit weer ‘n eerste wêreldse status te gekry.

Madz ·

Stig eerder NOG ‘n afrikaanse Universiteit wat onafhanklik van die staat operate. Sol-Tech kan doen met ‘n SOL-Med, SOL-Regte, SOL-Buss en so kan ons aangaan. Doen dit SELF (SOL-O) want dit is al wat vir ons gaan oorbly op die einde van die dag. Teen die trant waarteen Universiteite & skole vernietig word gaan daar in elk geval NIKS oor wees om in onderrig te ontvang nie!

Tokkel ·

Hy het nie eers in die apartheidsera geleef nie, dan wil hy sy mond kom uitspoel….Hy verstaan dalk nie dat dit ‘n voorreg is om te studeer EN NIE ‘n REG NIE!!! Ek sien die munisipaliteite soek cleaners.

Louis ·

@Danie. Ja asb Afriforum, gebruik liewer hierdie geld om Akademia uit te bou. In elk geval studeer hier net ‘n klomp liberale studente, laat hulle kry vir hulle. Hulle is mos t.g.v die bestel.

Keelvol ·

Gee regtig nie meer om vir die land nie. Klaar met Almal hier

Jakes ·

Ek hoop nie dat wit studente te papbroekig is om weerstand te bied nie. Lafaards wat ander studente intimideer moet vasgevat word. Van wanneer af is swart studente se sienings wet?

Tiptol ·

Net omdat iemand nie wreed is nie, beteken dit nie dat hul papbroekig is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.