AfriForum kap terug na Ramaphosa oor grondkwessie

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, tydens ʼn onderhoud op die Amerikaanse televisieprogram Tucker Carlson Tonight. Foto: Twitter via @kalliekriel

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdagaand in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se stelling in die parlement dat diegene wat oorsee reis “om steun teen hul eie land te mobiliseer eerder moet huis toe kom” gesê dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, en sy adjunk, Ernst Roets, is tans op besoek aan die VSA om steun te werf vir AfriForum se veldtog teen onteiening sonder vergoeding en bewusmaking te skep rakende plaasaanvalle in Suid-Afrika. Die grondkwessie was Dinsdag ʼn vurige besprekingspunt tydens Ramaphosa se mondelingse beantwoording van vrae in die parlement en die president het van die geleentheid gebruik gemaak om ʼn paar houe na AfriForum se kant te mik.

“Ek het ʼn boodskap vir diegene wat tans oorsee reis om steun te mobiliseer teen hul eie land om eerder huis toe te kom en aan die dialoog oor die kwessie deel te neem, soos sowat 140 000 Suid-Afrikaners wat voorleggings aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee gedoen het,” het Ramaphosa gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, saam met Tucker Carlson van die Amerikaanse televisieprogram Tucker Carlson Tonight. Foto: Twitter via @kalliekriel

Kriel het egter teruggekap en gesê om die organisasie se internasionale veldtog as ’n veldtog teen Suid-Afrika voor te hou, is vals. “Die teendeel is eerder waar: Ons veldtog het ten doel om Suid-Afrika teen die skending van eiendomsreg te beskerm. Dit is juis daarop gemik om te verhoed dat die ANC nie die ekonomie met ondeurdagte beleidsrigtings vernietig, ten koste van almal in die land nie,” sê Kriel.

Kriel dui verder daarop dat AfriForum meer as bereid is om in Suid-Afrika aan gesprekvoering oor brandpunte deel te neem. “Soos wat die ANC in die verlede gedoen het, sal AfriForum egter voortgaan om internasionale steun te werf en terselfdertyd aan gesprekvoering deelneem.”

Kriel het gesê indien Ramaphosa ernstig is oor gesprekvoering, sal hy moet toesien dat stemme vanuit minderheidsgemeenskappe ook ernstig opgeneem en nie uitgesluit of geïgnoreer word soos vantevore die geval was nie.

Kriel het vroeg Woensdagoggend foto’s op Twitter gedeel waarin hy aangekondig het dat Roets ʼn onderhoud oor hul veldtog met Tucker Carlson op die gewilde televisieprogram Tucker Carlson Tonight gehad het. Die program word op Fox News gebeeldsaai en bereik miljoene kykers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

bekommerd ·

Mooi….erens moet iets gedoen word want die tyd raak min. Ons moet eenvoudig mobiliseer teen hierdie cANCer.

Hendrik ·

O ek hou van hierdie druk wat toegepas word. Die volgende druk wat toegepas moet word is dat Afrikaners moet weier om deel te neem aan die verkiesing totdat alle rassistiese wetgewing teenoor witmense verwyder word. Kan julle dink wat se golwe dit in S.A en in die wereld gaan veroorsaak. Baie belangrik is dat jy by jou beginsels bly staan.

Trudie ·

En presies wat sal dit help as Afrikaners nie aan die verkiesing deelneem nie? Soos ons op Engels se:”Do your math son”

Pieter ·

Jy maak n groot fout as jy dink wegbly by die stempbusse enigsens die die Afrikaner gaan baat.

Gaan stem, maar vir n party wat vir jou iets beteken.

Hendrik ·

Die laaste verkiesing het 3 miljoen ANC ondersteuners nie deelgeneem aan die verkiesing uit protes teen Zuma. CR gaan hierdie al hierdie kiesers weer intrek en met sy nuwe getalle gaan hy saam met die EFF alles ooreers en nie enige opposisie partye gaan meer as 4 sitplekke in die parlement kry nie. Die ANC WIL he dat die Afrikaners moet deelneem aan die verkiesing want dan het die land mos ‘n demokrasie. Protes is ordelik en net so is die protes deur Afriforum ordelik en het goeie resultate omdat oorsese mense sien dat logika en feite seevier. Net so sal ‘n verkiesing boikot dieselfde effek he as die Afriforum protes. Dit is baie belangrik dat daar nie swakheid moet getoon word nie. Kyk maar hoe ploeg CR met die DA en EFF as hulle swakheid toon. Hy het selfs Afrikaans gepraat in die parlement gister toe hy Afriforum aanvat oor hul oorsese protes veltog. Hy weet met wie hy te doen het.

Ampie ·

Stem saam Hendrik. Om te gaan stem beteken jy aanvaar die stelsel – van korrupsie en diskriminasie teen blankes. Bly liewers weg. Wat het die DA en VF+ in 25 jaar nou al vir die blankes/Afrikaners reggekry in die parlement? Niks.

Murati ·

Al manier om FOX NEWS te kan kyk in Suid Afrika is dmv StarSat ipv DSTV. FOX NEWS is die stasie met die meeste kykers wêreld wyd,hulle is selfs groter as BBC en CNN. Ek beskou hulle ook as die stasie met die mees eerlike joernalistiek.Hierdie is regtig groot as dit kom om die wêreld te vertel van die ANC se marxistiese aanval om Blankes se BATES TE ONTEIEN en Boonop sonder vergoeding,leser weet net indien die Konstitusie verander word komende AUGUSTUS, selfs jou beleggings, pensioen,grond, woning, aan die STAAT VERBEURD VERKLAAR SAL WORD. Ek dink nie dat AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT se Internationale bewusmakings proses wel die sal help om die narsistiese Ramaposa te laat afsien van hulle planne. Dit help wel om die ANC te ontmasker en om die Internasionale rolspelers bewus te kry,wat belleggings tekort agv, wantroue, druk op die regering te plaas.

SHUT UP ·

Ja vreemd hoe hy altyd as hierdie ‘ordentlike gentleman’ gesien was en nou tog sy ware kleure gewys het .. Dit is een ding van die makkers .. vandag sit hulle in ordentlike suits en leerskoene en ry smart karre en leef in weelde, maar as die MOND oopgaan … ai dan kom die WARE makker na vore .. Wonder of hy vir die QUEEN SHUT up sou se of vir Me. Mey? Klink maar vir my baie despoties . niemand mag praat behalwe hy nie? En shut up?? Sjoe .. as hy gese het QUIET het ek dit nog verstaan . maar SHUT UP wys maar weereens watter kaliber hierdie ou is.

Eish ·

Afriforum, moenie jul laat intimideer nie.
Moenie val vir die praatjies oor praatjies nie.
Moenie n aks afwyk van jul veldtog nie.
Laat die druk toeneem.
Dis ons enigste uitweg as minderheid om ons Bybelse waardes te behou synde ons reduksie tot
tweedeklas burgerskap en omgekeerde diskriminasie.
Geen binnelandse gesprekvoering gaan ons verswelging deur die meerderheid verhoed nie.
Hierdie veldtog, indien volgehou, gaan baie beteken vorentoe vir ons.

rollie ·

Bybelse waardes soos toe apartheid toegepas is? Afriforum moet pasop dat hy nie sy hand oorspeel nie en hy moet hou by die volle waarheid en ophou met die twak dat daar ‘n politieke aanslag net op wittes is en dat net wittes benadeel word deur geweld en so aan.

Eish ·

Rollie, ek praat van Bybelse waardes, nie kerkaannames( Daar is meer as 400 denominasies) nie.
Afriforum is verder myns insiens uiters bekwaam en professioneel en ek het nie die minste twyfel dat hul die aangeleentheid feitlik hanteer nie.
Nie n politieke aanslag op wittes nie?
Sowaar?

Rupert Ashford ·

O ek hou van die spitsvondige antwoord!! Ons onthou Maties, Kovsies etc se gespreksvoering. Ook die selfbeskikkingsbeloftes aan Oom Constand. En die padda stelling. Nee wat Afriforum gaan voort. Hou hulle eerlik. Goeder trou het nie gewerk tot nou toe nie.

marous ·

Vra vir hom in die parlement hoekom hy hom nie distansieer van sy korrupte voorganger nie ?

Mollie ·

AMEN!!!! Afriforum, mag Onse God en Hemelse Vader julle lei in hierdie uiters belangrike toer! Cyril Ramaphosa, dit help nie ons neem deel aan ‘n dialoog en jy luister net met ‘n halwe oor en verwerp in elk geval enige voorstelle wat ons maak nie!

Lerato ·

Lekker toer die manne nou in die VSA. Om niks reg te kry nie.
Die organisasie betaal hulle koste. So hoekom nie.
HENDRIK
Net toe ek dag die HNP is dood. Kom jy met hulle slagspreuk. ” Doen reg, bly weg”
Jy is reg die ANC , gaan sidder as n klompie wittes nie gaan stem nie.

Cherokee ·

Lerato, jy kan maar poog maar een van òns is jy nie. Nogal voorheen graag jou kommentare gelees todat jou onbesliste stand deurgeskemer het. Dit blyk nie dat jy enige stand inneem of enige iets doen anders as om die mense wat wel doen, aan te val.

Veritas ·

Lerato, jou sarkastiese aanmerking is onvanpas. Besef jy nie dat die geloofwaardigheid van ‘n verkiesing, afhang van die stempersentasie nie? Hou in gedagte dat CR deeglik bewus daarvan is dat SA nie sonder buitelandse beleggers, ekonomies kan groei nie. Beleggers kyk na die politieke klimaat van ‘n land alvorens hul besluit om daarin te belê. So’n wegbly aksie, sal tot gevolg hê dat twyfelende beleggers sal vlug en ons almal sal daaronder ly, maar dit is ‘n klein prys om te betaal vir ons voortbestaan as volwaardige burgers. Dalk besluit die regerende party dat die prys te duur is en gee ons, ons eie stukkie grond om onafhanklik te funksioneer. Kom ons probeer positief bly. Groetnis.

anton ·

Die enigste party wat iets werd was vir die Afrikaner en ooit die waarheid gepraat het as dit by politiek gekom het, was die HNP!!!
Dus ek twyvel of jy hulle geken het Lerato!!!

Cherokee ·

anton, dit is gladnie te betwyfel dat jy die waarheid praat. Ek hou van wat jy sê en jy sal onthou hoe die KP die HNP teëgestaan het om die regse stem te verdeel. Die HNP het met presiese voorspellings gewaarsku teen dit wat nou gebeur. Jaap Marais was ‘n groot politikus wat eers jare later deur die ex-nasionaliste erken is.

W ·

Dankie Afriforum – ons is moeg om as slaansakke gebruik te word en dat SA nog steeds rasverdeeld is omdat politieke uitlatings gemaak word dat ons wit bevoorregting geniet terwyl die stelling absoluut vals is.
Baie van ons kom uit arm huise en moes maar self sorg om bo uit te kom.
Ons weier om vertrap te word en ons gaan nie toelaat dat ons soos paddas stadig maar seker gekook gaan word nie!
Ons het regte as God se geskapenes – die aarde behoort immers aan Hom!

Monica Muller ·

Anton ek is bly jy praat in die verlede tyd sover dit die HNP aangaan.

Cherokee ·

Monica, as jy stilgebly het sou jy nie so openlik jou onkunde vertoon het nie. Die HNP bestaan steeds. Vele politieke partye het gegroet maar die HNP bestaan steeds.

anton ·

Monica, ek is nie heeltemal seker oor jou stelling nie maar as dit neerhalend is op die HNP, moet ek se dat jy ongelukkig absoluut niks van die politiek in S.A weet nie!!!
Die HNP kon nooit verkeerd bewys word in dit wat hulle gese en voorspel het vir S.A nie!!!
En volgens my moes Jaap Marais die land se leier geword het na Verwoerd.
Doen jouself die guns en gaan lees op oor die Volksveraad van S.A

m.d.r. ·

Dit lyk asof die President nie die ANC se geskiedenis kan of wil onthou nie—sien, daar was ‘n sekere priester by name Desmond Tutu wat die hele VSA vol gehardloop en geeis het dat die VSA disinvesteer in SA……
Daar was ‘n hele paar ander ook…geborg deur Jesse Jackson en Leon Sullivan…vreemd genoeg beide ook priesterlike ampsdraers…
Ek dink ou Cyril begin benoud raak vir die beloftes en die gevolge van ANC heerskappy…

Snowball ·

Churchill het gesê: “Some people’s idea of freedom of speech is that they are free to say what they like, but if anyone says anything back, that is an outrage!” Afriforum doen wat die ANC destyds gedoen het; nie lekker as die wiel gedraai het nie, nè Mnr die President? En toe lyk U gister in die Parlement amper net so grof en onbeskof soos die EFF.

Francois ·

Nee kyk CR kry warm of sien n ‘situasie’ vorentoe waarvoor hy net nie n antwoord het nie en dit is, die WIT MAN! Hy is nie onnosel nie – n besigheidsman se brein het hy, en die somme wat JM opgetrek het en vir ANC vra om te klop sal nie klop nie en dit frustreer CR grensloos.
Ons sal nie alleen die saak wen teen die ANC en EFF nie mense, die geskiedenis het gewys as die res van die wereld genoeg druk op jou sit en jou ekonomies kniehalter doen n regering enige-iets, enige-iets om daar uit te kom!
Afriforum doen uitstekende werk om oop te vlek en uit te dra en bewus te maak wat hier aan die gang is – hulle het elkeen van ons se ondersteuning nodig met hulle internasionale veldtogte!

Dirk Breytenbach ·

Doen so voort Afriforum. Wanneer gaan iemand die huidige regime tot verantwoording of aksie roep? As ons dan wel so sleg en skelm is as wat 80% van die land asook die wit liberale wil voorgee, wat is die alternatief? Robben Eiland, tronkstraf of etniese suiwering? Niemand betwis meer die feit dat apartheid boos was nie, wat verwag Mnr Ramaphosa & Kie dan? Laat weet ons asb. sodat ons daarvolgens kan handel.

JC ·

Joh ! Ouens- nou vat julle raak !

Nogal op Tucker se program !!!

Wel gedaan !

Daar sal so ‘n storm van sanksies en internasionale ekonomiese sanksies saam met onrus en heel waarskynlik, oorlog, uitbreek waag die ANC om aan ‘n internasional-aanvaarde fundamentele reg te karring, dis net nie waar nie.

NOU het julle die internasionale wereld se aandag, nou het julle dit !

WELGEDAAN !

Cherokee ·

Albaster, die vraag is nie oor beter stel nie maar eerder of jy dit net so goed sou kon stel.

Trots.en.Afrikaans ·

Gaan praat met Sean Hannity.
Maar as julle nou regtig iets wil maak, probeer ‘n afspraak kry by die NRA. Hulle het oor die 5 Miljoen konserwatiewe lede.
Groete,

JC ·

Stem saam Trots en Afrikaans, as Afriforum met die NRA gaan praat gaan die kierangs braai!

Anoniem ·

Jammer Cyril, ek voel nie dat ek kan staatmaak daarop om met jou en die ANC te onderhandel oor grondonteiening nie. Die ANC hou nie by hulle woord nie – kyk maar hoe min respek het hulle vir die onderhandelings van 1994.

Afriforum, baie dankie vir jul pogings om die buitewêreld in te lig oor wat in Suid-Afrika aan die gang is. Ek ondersteun dit 100%.

Oom Kalahari ·

Ek was jou waarlik verbaas dat ‘n President sulke optrede in ‘n Nasionale Parlement optree om aan LP’s toe te snou om te “Shut-up”. Dink hy nou hy het te doen met Marikana myners. Waarom wil hy skielik dialoog voer met Afriforum as hy weet met sy geskree wat die antw gaan wees. Nee Afriforum reis jul oral met jul bewusmaking en as ons moet betaal daarvoor, dan doen ons dit solank die wereldbesef hierdie is ‘n skyn Demokrasie. Wat het met Piet Retief en manskappe gebeur toe hul Dialoog wou voer? Vertrou die padda koker nie.

Dirk Breytenbach ·

Stamp die paddakoker ook in die pot in. Ek dink hy is in elk geval besig om te kook in die ANC se prut pot. Hy regeer nie regtig die land soos hy dink nie, hy voer slegs bevele uit. Seker ‘n “uitvoerende” president.

Nel ·

Mooi Afriforum wys vir ”Rama’tjie-uit-nek die paddas gaan nie langer in die pot bly nie!

Nie meer ons land ·

Wat n gekkige opmerking van Ramaphosa. Hulle behandel ons soos kriminele in ons eie land, intussen wil hulle ons heeltyd as n minderheid intimideer en teen ons diskrimineer. Ons SAL die buiteland bewus maak wat die ANC se planne is en waarom hulle van die internasionale strafhof wil onttrek. Ons sal nie toekuyk hoe hulle volksmoord teen ons beplan nie, ons sal vroegtydig voor dit gebeur die wereld van hul nare planne inlig.

Therese van Schalkwyk ·

Pragtig AfriForum! Suid-Afrika is gelukkig om ‘n organisasie van julle kaliber te hê.

Terwyl sommige kenners, meningsvormers, akademici en politieke waarnemers sit en wroeg omdat die “comrades” nog nie afgesien het van die “struggle” nie, is julle dáádwerklik besig om ‘n katastrofe vir die land te probeer voorkom.
Baie sterkte en voorspoed met die goeie werk!

White Rhino ·

Mooi Afri!!
Vertel en wys alles!
Wys hoe spring ons uit die pot uit!!!

Linda ·

Die beste wat Afriform nou kan doen om te bewys hulle beteken iets, is vir die buiteland te vra om reuse sanksies teen Suid Afrika in te stel !! Ons gaan wel swaarkry, is gewoond daaraan en ry nie op die gravy trein nie, maar die ander rasse, wat so lekker hoog lewe en bedrog pleeg, gaan kruip van ellende ! Die armes moet maar samp of pap met n sousie eet om te oorleef !!! Dan sal hierdie land verbeter !!! Kom Afriform, wys wie julle is en nie nog n klompie mickey muise nie !!!!

Kobus ·

Nee ons moet meer in die buiteland gaan toer. Hulle gee om. ANC gee nie om vir blankes in Suid-Afrika nie. Tyd dat die wereld sanksies inbring want die ANC dink mos hulle is die wereld.

op sy kop ·

slaat jy die spyker oo sy kop lerato. is die land nie juis as gevolg van buiteland se inmenging in n hie hie hei, demokrasie nie? wat sal die buiteland doen om grondonteiening te stop? eerder sie vlamme aanblaas sodat hulle self kan intree en skep terwyl dit pap reen. maar die vf+ hardloop aanmekaar oorsee. met geld wat hulle lede betaal. dan noem hulle dit bewusmaking. die buiteland is wel bewus van wat hier aangaan. niemand hoef met partyfooie oorsee te draf nie. hulle voel niks vir ons. hulle sit en wag vir die bom om te bars sodat hulle kan kom optel wat hulle van meet af wou he. maar “oorsee gaan” is lekker en glamorous.

Cherokee ·

Dan moet jy maar die EFF of so iets join want ek sien nie dat hulle oorsee rondrits nie. Ons betaal met graagte fooie wat gebruik word soos AfriForum doen.

Nie meer ons land ·

Wat n snaakse opmerking van Ramaphosa. Hulle behandel ons soos kriminele in ons eie land, intussen wil hulle ons heeltyd as n minderheid intimideer en teen ons diskrimineer. Ons SAL die buiteland bewus maak wat die ANC se planne is en waarom hulle van die internasionale strafhof wil onttrek. Ons sal nie toekuyk hoe hulle volksmoord teen ons beplan nie, ons sal vroegtydig voor dit gebeur die wereld van hul nare planne inlig.

Henry ·

Dankie Afriforum.
Hopelik is hierdie aksie bloot die begin van ‘n voortdurende proses om die buiteland se mense, hul regerings, multi nasionale maatskappye ens ens in te lig oor die onregte wat daagliks in hierdie droewe land plaasvind.
Terselfdertyd is dit belangrik dat finansiële steun van ons gewone siele, julle wiele aan die draai hou.
O ja. Moet julle tog nie aan die temerasies van die enkele lerato’s steur nie. Hulle is ‘n alhoe kleinerwordende groepie onvergenoegdes wat tot op datum, geen positiewe bydrae gelewer het om Afrikaner en minderheidsbelange te beskerm of uit te brei nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.