AfriForum klop by ambassades aan oor plaasmoorde

Argieffoto.

Argieffoto.

AfriForum gaan Dinsdag by 15 ambassades in Pretoria memorandums oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die regering plaas om die regte van minderhede te beskerm én om die plaasmoordkrisis as ʼn prioriteit die hoof te bied.

Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, het gesê die memorandum fokus op die feit dat die Suid-Afrikaanse regering van geen voorneme is om ag te slaan op die toename in plaasaanvalle en -moorde nie.

Drie organisasies, waaronder AfriForum, TLU SA en die VF Plus, het verlede week voorstelle oor plaasmoorde by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, voorgelê. Lees meer hier.

“Nadat die ANC-regering dit verlede week op twee verskillende forums van die VN duidelik gemaak het dat hulle geen ag slaan op sowel die regte as die beskerming van regte van minderhede of boere in Suid-Afrika nie, is ons genoodsaak om in die internasionale arena om hulp te vra,” het Maree gesê.

Hy het bygevoeg dat die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat presies vyf jaar gelede grusaam vermoor is. “Attie Potgieter is 151 keer gesteek en sy tweejarige dogtertjie is in haar kop geskiet voordat haar liggaam in ʼn kartonboks gegooi is. Haar ma, Wilma, is op haar knieë gedwing en van agter in die kop geskiet. Op die dag van die moorde het verteenwoordigers van die regering aangevoer dat só ’n moord nooit weer mag plaasvind nie en dat daar ingegryp moet word. Vandag, vyf jaar later, het die regering steeds niks gedoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Heinrich ·

Dankie ouens; die ANC het in die ou bedeling goed gebruik gemaak van buitelandse invloed; ons kan net sowel van dieselfde meganisme gebruik om hulle te ontbloot vir die terroriste organisasie wat hulle is!

Winston ·

Sterkte en voorspoed met julle tydmors. Ander lande kan en sal niks doen om in te meng met interne politiek nie. Probeer vir n slag om nie organisasies of politiek te betrek by doelwitte nie. Mobiliseer alle Afrikaners ongeag ras of kleur en reel boikotte teen die regering op voetsool vlak. Skep n realistiese platform waar elke stem gehoor kan word. Vergeet vir n oomblik van eie gewin en werk na wat so belangrik vir elke liewe inwoner van die land is. Vryheid van spraak. Ordentlike polisiemag. Goeie gesondheidsorg. Uitstekende skool en tersiere onderrig. Geen korrupsie nie. Voedselsekerheid. Hoe lank wil julle die lys he. Mens kan praat en boeke skryf oor die onderwerpe, maar onthou ander lande gaan ons nie steun met wat verkeerd loop op n interne vlak nie. Julle kan op my steun reken die dag as politiek by die agterdeur uit gevee word en n organisasie gestig word wat alle burgers verteenwoordig en baklei vir wat my demokratiese reg is.

Boerseun ·

Winston,
jy gaan lank wag. Multi kultuur state werk nie en sal ook nooit nie

T Mulder ·

Hoekom is dit slegs Maroela Media wat hieroor berig? Niks word in die Beeld daarvan gese nie? Wys maar net wat word daar gedink oor die beeindiging van ‘n lewe op die wreedste manier… Duidelik nie ‘n prioriteit in die land nie.

Poplap ·

Geduld asseblief.
Een swaeltjie gaan nie die somer laat opdaag nie.
Hierdie moet bloot die begin van hoevele soortgelyke aksies wees.

Henry ·

Pragtig Afriforum!!!
Dit is harde en volgehoue werk soos dit wat julle verrig, wat uiteindelik ‘n positiewe verskil kan maak.
Is tog so maklik om kritiek te lewer, oordele uit te spreek en negatief teenoor pogings te staan wat daarop gemik is om ons belange te bevorder. Steur julle asseblieftog nie aan al die getemery van beterweterige Jan en Sannie Salie’s nie.
Wens ek het nader aan Pta gebly om te help.

pop ·

Winston, ek deel jou sentimente. Maar ons medemens wil elkeen op sy eie mishoop sit en kraai. Daar is huidiglik so n party, maar as hulle net dink om n swart kandidaat in n pos te sit dan word hulle beskuldig van n swart party. En as hulle wit ou aan stel se die swartes weer dis n wit party. So ek en jy weet dit bly n droom waar almal sal saamstaan teen dinge wat saak maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.