AfriForum laat EFF se bates opskryf

kallie kriel

Kallie Kriel. Argieffoto.

Die burgerregte-organisasie AfriForum sien daarna uit om eindelik die R337 000 terug te kry wat die EFF hom skuld ná drie kostebevele teen dié party sedert Maart 2017.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die balju van die hof het Vrydagmiddag, blykbaar sonder teenstand van die Rooi Barette, ʼn volledige inventaris van al die bates in die party se Johannesburgse hoofkantoor opgestel.

AfriForum hoop om dié inventaris Maandag te ontvang, waarna die balju ʼn eksekusieveiling sal hou om die meubels en toerusting te verkoop en die geld aan AfriForum te betaal wat die EFF hulle skuld.

Kriel sê AfriForum het voorverlede Vrydag ʼn lasbrief gekry nadat die EFF nie die R337 000 teen die keerdatum van 1 November betaal het nie. Vrydag het die EFF se regsverteenwoordiger saam met die balju deur die party se hoofkantoor gestap terwyl hy alles kragtens die lasbrief opgeteken het, maar hom blykbaar nie verhinder in sy taak nie.

“Hulle mag niks met daardie bates maak noudat dit opgeskryf is nie,” het Kriel Saterdagmiddag aan Maroela Media gesê. “AfriForum kan die balju nou opdrag gee om dit te laat verwyder en op te veil.”

Hy sê die sage met die EFF het in Maart verlede jaar begin toe AfriForum ʼn dringende hofbevel aangevra het om die EFF te keer om mense aan te spoor om grond onregmatig te beset. Dié aansoek was suksesvol en die Rooi Barette is gelas om die organisasie se regskoste te betaal.

Maar die EFF het gepoog om die hofbevel tersyde te laat stel, sê Kriel. Dié saak is in September 2017 aangehoor. Al het die EFF dit versoek, het hulle nie hul hofstukke betyds ingedien nie. “Die regter het toe ʼn bestraffende kostebevel teen hulle gegee,” sê Kriel.

In Februarie vanjaar is die EFF se aansoek van September van die hand gewys en is die derde kostebevel teen hulle gemaak. “Ons het toe in Julie vanjaar ʼn proses begin om die koste van hulle te verhaal,” vertel Kriel.

Eindelik is die party 14 dae tot 1 November gegun om die R337 000 te betaal. “Toe hulle dit nie doen nie,” sê Kriel, “het ons ʼn lasbrief vir beslaglegging gekry.”

Hy sê tensy Julius Malema se party “skielik” die geld betaal, sal hul meubels en kantoortoerusting opgeveil word tot AfriForum die R337 000 teruggekry het, selfs al beteken dit die balju moet ook in ander EFF-kantore op die party se besittings beslag lê.

Kriel sê AfriForum verwag om vroeg aanstaande week die volledige inventaris te kry van alles wat opgeveil kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

leser ·

mooi so afriforum, laat jm nou maar hoes, hy dink mos niks kan met hom gebeur – lmga

ne ·

Mooi so Afriforum. Moenie dat die mense met julle mors nie. Ons is trots op julle en Solidariteit.

Martiem Visagie ·

Halleluja Amen,dankie vir julle harde werk,mag julle baie geseënd wees?

Gemaskerde Sopbeen ·

Moenie stress nie….een of ander Afrikaanssprekende blanke liberale Suid Afrikaner sal seker die uitstaande bedrag betaal net voor D-dag…………dis mos maar wat ons doen so onder mekaar?

Boertjie ·

En kom volgende week dan word dit bewys dat niks van die items aand die Eff behoort nie dis hoekom hulle nie gepla is oor die opskryf van goedere nie.

Johann cb ·

Ek stem saam Boertjie, hulle sal sorg dat hulle insolvent verklaar word! Die Engelse spreekwoord lui: “The are many ways to kill a cat”!

De Villiers ·

Boertjie, maar besef jy die implikasies as hulle nie uit hul bates of andersins kan betaal nie? Dan moet die EFF hulself likwideer, en mag hulle dan nie meer as ‘n politieke party bedryf nie. Dis wat die grondwet vereis, soos ek dit het. Dis eintlik beter as wat Afriforum hul geld terugkry. Hoe dit ook al sy, Afriforum se eis is noodsaaklik en gaan hulle seermaak.

Liberalis ·

Eks so bang dat dit wel gebeur en wet en orde wel toegepas word, ons linkses is nie gemaklik met die regte dinge doen nie, veral nie waar die verkeerde party polities korrek en kommunisties is nie.

hb ·

Beslis ja. Als in di Media word deesdae vir soetkoek opgevreet en eintlik beteken alles niks

Beslag lê ·

Beslag gelê op ‘n ou verslete tafeltjie met drie pote, stukkende stoeltjie, ‘n paar stomp potlode, ‘n swart gebrande pap pot en ‘n paar sinkplate? Klink na ‘n fortuin.

Gert ·

Ag asseblief Afriforum. Ek wens regtig julle wil n slag vir JM en julle alewoge gepolitiekery los en meer aandag gee aan wat in sommige dorpe aangaan. Julle stories word nog net deur oningeligtes geglo.

Daan Erasmus ·

Gert my maat. Jy lewe op ‘n ander planeet. Jou rakker! Jy weet wat ek wou sê

Nikita ·

Dis wat ek hou van Afriforum..as hulle n ding begin, doen hulle dit volledig en op die regte manier. So trots op hierdie organisasie….AFRIFORUM!!

Chrisjan ·

Oe, julle arrogante white monopoly capitalalists. Hoe durf julle die onaantasbares opskroef? Sies vir julle!

Ellisras ·

Almal is genooi na ‘n Bring en Braai. Voor die EFF se kantore. Regte egte Volkseie braai.
En om jouself te laat likwideer is nie so maklik nie. Dan word jou NAAM verkoop. En jy mag dit nie meer gebruik nie. En Die Herstigte EFF lê nie lekker op die tong nie.

Ellisras ·

Jammer vir al die dom dinge wat ek kwyt raak maar onthou dit is Saterdagaand!

SlimJan ·

Die geld is gebruik vir registrasie by die ICC.
Laat die afgelope 3 maande se transaksies omkeer, dan kry julle miskien die geld…..

Hanna Hoekom ·

Hulle kon die balju baie tyd gespaar het en slegs ou Juju se goue horlosie gevat het! Dis blykbaar n hele paar rand werd…

Bul ·

Weet nie hoeveel Afriforum gaan kry vir daai paar tamatikissies en lee verfblikke nie….

Snowball ·

Hierdie is nie politiekery nie, Afriforum is nie ‘n politieke party nie. Dit gaan ook nie oor die skamele bedraggie nie, al was dit R500, sou dit nog effektief wees want dit gaan oor die beginsel. Die EFF, is nie onaantasbaar nie, hulle is onderhewig aan ‘n hofbeslissing en dit moet uitgevoer word. Eenvoudige boodskap aan almal wat glo hulle is verhewe bo die wet, êrens gaan jy betaal en dít is die oorwinning oor die persepsies en tendens in SA, dat sekeres se sake gedurig uitgestel word en nooit tot vervolging lei nie. ‘n Lekker wettige manier om ‘n grootbek ‘n bloedbek te gee. want die klomp raasbekke is verbasend stil oor dié saak.

John ·

Intussen sit skynbaar net een oom van VF+ in die raad van die grypers en wonder wat aangaan oor grondgrype en veranderinge aan die wet… soos ‘n drywende riet op die damoorloop. Vir jare was sy broer adj minister van landbou… gelate sy salaris van die ANC ontvang… Gaan net ‘n paar Afrikaners ook ons boere se lot bepaal… Afrikaners se lot kom in 2’s. Lekkerlewe-Afrikaners voluitgeleefde gebroeders wat min gespin is oor die res, is alweer betrokke. En na die tyd word stigtings tot stand gebring vir handevatfondse-tog-so heilig… ja, vat maar my plasie… ek het ‘n lekker huisie by die see… en my pensioenkie.

Piet ·

John, ons weet almal wie die stigter en dryfveer agter Afriforum was. As ek daarvan paat was my kommentaar nog nooit toegelaat nie, want ek hou nie van hierdie man nie en my kommentaar kom seker maar te kras voor, mens moet egter krediet gee aan die manne vir hulle poging om ‘n verskil te maak. In die geval maak dit nie saak wat Afriforum reg kry of nie, hulle tree op want mens behoort op te tree, genoop deur jou beginsels. Gee die manne krediet wanneer dit hulle toekom.

Oom Piet ·

Uit die’ vooraf uitgeblakerde opskryf foefie gaan vrek min indien enigeiets realiseer, en mog Afriforum baie duur eerste reg verweer regs kostes op die hals haal. Die is alles Hoogsgeregs Hof en Advokate is eksperts aangaande wette en regte, en, en kos miljoene.

koos1 ·

Die EFF’ers steur hulle nie aan die hof of landswette nie. Môre is Afriforum weer die “rasistiese verkragters” in die DA se plek.

yolandi ·

Baie mooi Afriforum!!
Julle word asb lede van Afri -forum ,hulle kan baie regkry op n regverdige manier!!

Hansie Slim ·

Stem saam.. dit gaan oor die beginsel. Die R337k is nie waaroor dit gaan nie. JM kan dit uit sy gatsak betaal. Maar hoe kan die EFF net voort gaan sonder enige implikasies!!! Ek hoop van harte dat AfriForum suksesvol sal wees. As dit nie van hulle was wat iets doen nie… waar sou ons gewees het?

TLC ·

Go AFRIFORUM
Maar ek het nie lekker gevoel oor die nie
Moet nie n gewonde gemors kwaat maak nie?

Carmeni Fourie ·

Afriforum het jul nog nie gewonder waarom die eff geen teenstand gebied het oor die opskryf van “hul” meubels ens nie…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.