AfriForum lê bedrog van miljoene in grondtransaksies bloot

Monique Taute (links) saam met Natasha Venter van AfriForum by die SAPD in Pretoria (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag klagtes van miljoene rande se bedrog teen die Tshwane-metro, Proco Management, Linked Thoughts Consulting en Faragamo Trading by die SAPD ingedien.

Luidens ʼn mediaverklaring uitgereik deur AfriForum het bogenoemde instansies as middelmanne opgetree en drie plase in die Tshwane-distrik aan die Tshwane-metro verkoop teen pryse heelwat hoër as die markwaarde daarvan. Hierdie plase is Strydfontein, Klipfontein en Roodepoort 504.

Volgens Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, beloop die bedrag wat reeds vermors is weens dié verdagte grondtransaksies altesaam R176 miljoen.

Volgens Taute is belastingbetalers die slagoffers in dié verdagte transaksies.

“AfriForum dien vandag klagtes in omdat korrupsie ’n kanker is wat toomloos deur die land versprei; tot nadeel van alle burgers. Terwyl die skuldige partye na bewering miljoene rande binne ’n paar minute in die sak kry, laat dienslewering veel te wense oor – iets waarvoor hierdie vermorste belastinggeld eerder aangewend moes word,” sê Taute.

“Dit is onaanvaarbaar dat geen stappe tot dusver gedoen is teen die verkopers óf die senior amptenare wat by die transaksies betrokke was nie,” lui die verklaring.

Proco Management het die oorspronklike eienaars van die plaas Strydfontein met R117 miljoen vergoed. Tshwane-metro het op dieselfde dag dié plaas vir R211 miljoen gekoop en Proco Management kon dus ʼn wins van R94 miljoen in hul sak steek.

Tshwane-metro het die Klipfontein-plaas vir R85,5 miljoen by Linked Thoughts Consulting gekoop, wat die plaas op sy beurt vir R53 miljoen by die oorspronklike eienaar gekoop het. Dié middelman het ʼn wins van meer as R32 miljoen uit die transaksie gemaak.

Augustine Makgata, Tshwane-metro se hoof van beplanning en ontwikkeling, het dié hoë aankooppryse van Klipfontein en Strydfontein in ’n verslag aanbeveel. In die betrokke verslag het hy ook voorgegee dat Proco Management en sy stille vennoot, Nungu Trading, oorspronklik die eienaars van Strydfontein was. Makgata kon egter nie waardasies verskaf om sy prysaanbevelings te staaf nie.

Faragamo Trading het die Roodepoort 504-plaas wat in die Bronkhorstspruit-omgewing geleë is, vir R40 miljoen by die oorspronklike eienaar gekoop en 40 dae later vir R90 miljoen aan die Tshwane-metro verkoop. Dié oordragte is direk ná mekaar gedoen. Dié plaas is intern deur die Tshwane-metro vir R5,9 miljoen waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Stormrider ·

As die NV voete sleep laat Gerrie sommer dadelik met privaat vervolging begin.

Magda ·

Mooi man – No unet name wie almal betrokke was met die geld stelery. Hoop die saak gaan ent so gou afgehandel word soos enige ander korrupsie saak teen witmense. Dankie Afriforum – Trotse Lid van julle.

AndrewL ·

Al was dit voor hul tyd, sowat drie jaar is seker genoeg om ‘n rot te ruik.

Fopdossiertjie ·

More raak daai ou dossiertjie weer weg in azania…….

Chris ·

Hoe se hulle creative accounting gee die kaders vbnig miljoener status. Die DA is in veronderstel om in beheer te wees maar die rooi rok boelies skaan die kitaar. Nog n deel gaan vir Shesego Boys club

Henk ·

Kan Maroela Media asb by Afriforum uitvind wanneer hierdie ‘transaksies’ beklink was? Sal graag wil weet of dit tydens ANC of DA bewind plaasgevind het.

KrokodilBotha ·

Nevermind dis kleingeld. Ramaforie was ook adjunk president met zuma , guptas ensv. Da is ANC lite.

hercu ·

“Slegs wanneer politieke leiers reg regeer, gaan dit in ’n land voorspoedig. Hoë belasting kan ’n volk knak. ’n Slegte mens se verkeerde dade is soos ’n gat waarin hy self val. ’n Gelowige is ’n gelukkige mens. Hy sing van vreugde. Dom mense sweep maklik ’n groep op. Wyse mense weet hoe om die woede te laat bedaar. As die land se president oneerlik is, is die staatsdiens kort voor lank korrup. Wanneer slegte mense regeer, heers wanorde en korrupsie. Gelowiges weet dat so ’n regering tot ’n val sal kom” – Spreuke 29:4‭ DB

:-) shalom :-)

Natalene Visser ·

Geen boek het al ooit die tyd so deurstaan met al sy waarhede, soos die BYBEL nie.

Sanna ·

Wens hierdie val kon al gister gebeur het sodat my kinders meer sal he om na uit te sien as ek.

Gerhard ·

Ag maar net nog n ondersoek wat nerens gaan kom nie.
Afriforum probeer darm.

Gert van Wierdapark ·

Die korrupsie het in die a en see se bewind in Tshwane plaasgevind, aldus ander media ondersoeke in die verband! Dis HOOG TYD dat die skuldiges aan die pen MOET ry!! Dankie vir jul optrede Afriforum = Skitterend!!

Clipper ·

Word Tshwane dan nie deur die kastige eerlike DA regeer nie. Waar is MM as dinge so gaan in sy party. Ek ruik n klomp rotte moontlik bloues

potlood ·

Wanneer was hierdie transaksies? Bepaal die wet nie ook dat jy nie eiendom so vinnig mag koop en verkoop nie? Dit moet op iemand se naam wees vir meer as 6 maande of soiets…

Sarel ·

Waar is die nense nou. Beslis nie meer in Tswane nie. Na volgende verkiesing is hulle in Parlemdnt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.