AfriForum lê klag oor Afrikaans op SAUK-TV

saukDie burgerregte-organisasie AfriForum sê hy sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê Afrikaanssprekendes se taalregte gee hulle aanspraak op diens en die skending daarvan kan nie geduld word nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die Afrikaanse nuusbulletin en ander Afrikaanse programme van SABC2 na SABC3 geskuif is.

“Die dele waar SABC3 nie opgevang kan word nie, naamlik groot dele van die Noord-Kaap, Oos-Vrystaat, Oos- en Wes-Kaap, is oorwegend gebiede waar die meerderheid mense juis Afrikaans praat.

Dit is onaanvaarbaar dat die SAUK sy verpligting as openbare uitsaaier teenoor die Afrikaanssprekende publiek so versaak,” het Bailey bygevoeg,” sê Bailey.

AfriForum het die SAUK destyds te middel van spekulasie oor die skuiwe, om meer inligting gevra maar sê geen antwoord is nog ontvang nie. “Ons is bewus van die feit dat klagtes toe teen die SAUK by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) gelê is.

In die lig van die meer breedvoerige aankondiging, sal AfriForum ook ʼn klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) lê. Aan die hand van terugvoer van ICASA en PANSAT sal op verdere regsaksie besluit word,” volgens Bailey.

AfriForum het intussen ook aangekondig dat hy wag op ʼn regsmening rakende moontlike aksie teen die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.

“Met die kontroversie wat oor sy kwalifikasies, bestuursgeskiedenis, aanstelling, houding jeens vroueregte en mediavryheid, asook skynbaar Afrikaans heers, is sy aanstelling onaanvaarbaar,” sê Bailey.

Lees ook:
SAUK: Afrikaans skuif toe wel
AfriForum vra SAUK vir duidelikheid oor Afrikaanse TV-uitsendings
SAUK ontken dat hy Afrikaans skrap
Nuuskommentaar: SAUK mors met Afrikaans
Kykers boos na Afrikaanse nuus ‘verdwyn’ op SABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jg Pretorius ·

kom ons oorlaai sabc se emails en faxmasjiene elke dag met ons klagtes totdat hulle emails en faxmasjiene vou onder al die druk.

JG PRETORIUS ·

Watter werkende persoon of skoolkind of oumens kan die afrikaanse drama SWARTWATER wat nou om 21h30 op sabc3 gaan wys kyk. Dit is veels te laat vir mense om wakker te bly.

Kaspaas ·

Julle mors julle asem en tyd. Buitendien dink ek op die langeduur kan dit net goed wees vir die volk. Ons boer hopeloos te veel voor die kassie.

Dalene Lamprecht ·

Die hele SAUK is verrot. Ons moet maar sien hoe hulle finasieel gaan vorder want die meerderheid Suid-Afrikaners gaan nie hulle lisensies betaal nie. Ek is een van hulle! Voorspoed met julle swak diens.

Karen Swanepoel ·

Hi Almal.
Ek het 15 jaar in die tv bedryf gewerk, en glo my die kom al ‘n lang pad. As jy ‘n program maak, maak jy hom met hoeveelhed advertensies in die betrokke tydgleuf, hoeveel kykers op die tyd-gleuf ensevoorts. Ek weier om te glo dat die oornag gebeur het. Dit is net weggesteek vir die publiek! Daar is ewe skielik ‘n hele klomp nuwe programme wat net “in ge-slot” word asof dit in die argiewe reg gele het om nou uit te saai. Korrupsie bly korrupsie en dit is bitter hartseer dat daar so baie mense is wat regtig omgee vir hulle werk en wat nou tot nuut is…………. Ek is ongelooflik geseend om nou ‘n ander werk te he, maar ek mis die lewe ongelooflik baie. SAUK = ANC = WETGEWING!

Babs ·

Mens kan mos sien wie die besluite neem. SABC is gou om selfoon kennisgewings uit te stuur vir die vernuwing van TV Lisensies – twee maande voor die vervaldatum. Ek wil nie meer betaal nie want ek kyk nie SABC3 nie.

anita ·

Waar oor huil ons nou, na die BEVRYDING van ons volk was die skrif aan die muur, ons sou veel en veel op TV2 ontvang, heel sag terwyl ons slaap is Afrikaans verminder tot net die nuus en ‘n enkele Afrikaanse program..noot vir noot gaan nog deur. Sharpville/Soweto opstande oor Afrikaans word elke jaar opgewarm. Daar is ‘n uitweg, daar moet iemand wees met Moed en Durf die ‘n bank rekening open waarin ons die liksensiefooie kan betaal tot tyd en wyl ons ook ‘n skuif van die nuut gebakte koek kan ontvang.
Neem in ag dat die meeste SA sprekers kan geen DSTV bekostig nie, die goedkoper pakkete is net toegewys aan VEROUDERDE DSTV programme(Dit is diskriminerend aan die kleiner pakkette betalers) Die meeste TV kykers in die Noordkaap kan dikwels nie eers TV3 ontvang nie.

Top TV het wel een Afruikaanse kanaal 150, helaas is dit net vir Afrikaanse musiek en visvang/koskook….net die kinderprogram is uitstekend. Miskien moet ‘n poging aangewend word dat TopTV(Starstart) op hulle kanaal begin om Afrikaanse films en nuus te lewer.

Onder ons Afrikaans sprekende is daar GEEN ENKELE EENLING die hierdie saak wil/of kan oplos nie..en ‘n rekening open vir inbetaling.

Neem kennis dat ons die ondergang van ons taal self toelaat. Dikwels luister ek na Afrikaans sprekende in die winkels….altyd eerste Engels en gaan daar in voort..Waarom? net so ook
telefoon gesprekke aan ‘n besigheid…vra vir iemand die Afrikaans spreek en dring daarop aan.

Neem ‘ n voorbeeld van die Franse,hulle weier om enige iets in Engels te antwoord, ‘n trotse volk op hulle taal… Maar ek vergeet ons is geenVolk meer, en het ook geen trots meer!

tilla ·

Ons is nogsteeds na 20jaar besig om vir die “agtergeblewendes ” te sorg. Hulle kan dit nogsteeds
nie doen nie. Staan net bakhand of steel of roof of plunder en die witmense moet betaal en gee en gee. Hierdie gesprek is nie oor rasisme nie, maar oor feite op die tafel. Meeste van die TV programme is siek en van lae gehalte met beswaarlik ‘n wit gesig. Die witmense moet met die minste lugtyd tevrede wees. Besluite word net geneem!! Dis onaanvaarbaar!!!
Tog wil ek AfriForum bedank dat hulle vir soveel van genoemde sake opstaan en veg vir wat regverdig is, wat definitief nie meer in hierdie land te sien is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.