AfriForum loods grootste veldtog nóg teen plaasmoorde

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal in November sy grootste internasionale veldtog nóg teen plaasmoorde van stapel stuur.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die veldtog sal regsaksies teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) insluit weens hul versuim om teen plaasmoorde op te tree, asook ’n voorlegging oor plaasmoorde aan die Verenigde Nasies (VN).

Daar sal ook met meer as 5 000 buitelandse media-instellings oor die kwessie gekorrespondeer word, en ’n nasionale protesdag teen plaasmoorde asook ’n reuse-veldtog om steun vir die prioritisering van plaasmoorde by die publiek te mobiliseer, sal gereël word.

Roets het aangedui dat dit op 1 Desember presies vyf jaar sal wees sedert die Potgieter-gesin wreedaardig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat vermoor is. Attie Potgieter (40) is 151 keer met tuinvurke, kapmesse en ander gereedskap gesteek, terwyl sy vrou, Wilna (36), en hul dogtertjie, Willemien (2), moes toekyk. Daarna is Willemien met ’n skerp voorwerp oor die kop gekap, in die kop geskiet en in die buitekamer in ’n boks gegooi. Nadat Wilna die moorde op haar man en dogter moes aanskou, is sy na die plaashuis geneem waar sy ook verskeie kere oor die kop gekap en toe in die nek geskiet is.

“Dit is nou vyf jaar later en die regering is steeds in versuim. Sedertdien is nóg honderde boere vermoor,” het hy gesê. “As die regering dan nie wíl ingryp nie sal ons seker maak dat hulle internasionaal oor hul gebrek aan optrede in die verleentheid gestel word.”

Die veldtog sal by die organisasie se kantoor in Centurion bekendgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Hanna ·

Daar is ‘n Burger oorlog teen ons boere. Die Regeering doen niks om die boere te help nie. Hulle vat eerder hul wapens sodat hulle dit nie in self verdedeging kan gebruik nie. WAAROM WORD ONS VERMOOR WAAROM WORD ONS VERTRAP??? MOET ONS BYSTAAN DAT

willem Clarence ·

My antwoord mag miskien nie wees wat ons boere wil hoor nie, maar die antwoord is bekering! Iets wat elke mens moet ervaar alvorens hy kan aandring op beskerming van die Here Jesus Christus. Die beloftes daar in die bybel in 11Kor1:20 se dat hoeveel beloftes daar ook mag wees in die bybel, in Hom (Jesus Christus is hul almal ja en amen tot heerlikheid van God deur ons. Hosea 4:1-6 Hoor die woord van die Here o kinders van Israel! ( Se sommer u land se naam ook Suid Afrika.) Want die Here het n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. (Persoonlike verhouding met die Here God. Dit kan net gebeur as jy weder gebore is en Jesus jou met sy Heilige Gees gevul het) vers 2. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. ( Moord ens.)(Klink dit bekend?) 3. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voels van die hemel, ja ook die visse van die see kom om. 4. Laat net niemand “met ons” twis of “ons” berispe nie! Nogtans is jou volk soos iemand wat met die Priester twis! (Nie na God se raad luister nie)5. Daarom sal jy struikel bedags en ook die profeet saam met jou struikel in die nag en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.6. My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis; (dit is kennis, n verhouding met God deur aanneming as kinders van God deur Jesus as jou persoonlike verlosser aan te neem. Joh 1:12 , Rom10:9-10, 1Joh1:7-9. Jer9:24 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is war goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde (ook ons boere se plase) doen; want in die dinge het ek n behae, spreek die HERE. 11 Kronieke 7:14 en My volk, (dit sluit ons almal in) oor wie Ek My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek (persoonlik) en hulle bekeer van hul verkeerde wee”, dan sal Ek van uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hul land genees. Glo my! Jesus se as iemand nie wedergebore is nie, sal hy die koninkryk van God( hemel) nie sien nie Joh 3:3,5 +16.Niemand sal jou of jou plaas vat as jy wedergebore is nie. Want dan is al die bybel se beloftes joune en is jy geregtig op die beskerming van God en Sy engele. Ek is al gered van die dood deur engele wat my veld voertuig terug gebring het deur die lug nadat ek om n ongeluk met n stootskraper probeer vermy het en oor n afgrond getrek het, die stootskraper het net skielik voor ons ingery en n ongeluk was onvermydelik.(het as diesel en petrol motorwerktuigkundige in die Kaap provinsie gewerk ) na ons gered was het ons aan die anderkant van die stootskraper tot stilstand gekom. Ek moet vir u se dat ek die vorige dag deur n man op Malmesbury gewaarsku was dat die satan my gaan probeer vermoor daardie week, ek se toe vir hom dat ek nie vir die duiwel skrik nie, want Hy wat in my is , groter is as hy wat in die wêreld is. Toe ek hom wou vra van waar hy is het hy net daar voor my verdwyn. Dit was n engel van God. Rowers het eenkeer probeer om my aan te val in Beufordwes en het net skielik van my af gevlug toe daardie teks in my gedagte kom in. 11Konings 6:16 Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. Hulle het met groot gesperde oe van my af pad gegee sonder dar ek eens aangeraak was. So kan ek van wonderlike tye van my verhouding met die HERE JESUS CHRISTUS geuig. Hoop die anwoord help.

Eddie ·

Dit is hoogtyd dat mense begin wakker skrik. Julle het 100% steun van my kant. Se net waar en wanneer en ek is daar. Genoeg van hierdie moorde op onskuldige mense. Dit is tyd dat die wereld sien presies wat in Suid Afrika aangaan.

Desiree ·

Ag Vader ons bid vir U genade en dat die wêreld se oë sal oopgaan dat almal sal besef dat die duiwel se trawante besig is om die boere uit te moor!!!!

Stefaan ·

Jammer om dit so kras uit te druk maar die wêreld gaan ons nie help nie. Ons moet ons self help. Ons ondersteun Julle pogings ten volle.

Winston ·

Dankie Afriforum. Ek weet hoekom ek n lid is. Die tyd het nou aangebreek en ons staan op teen die vyand. Wens ek kon meer doen. GENOEG IS GENOEG

Charl Coetzee ·

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

GES ·

Ons “struggle” lied waaroor ons nie skaam hoef te wees nie.

Charl Coetzee ·

Soek op die internet vir die woorde van: DIE LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Vir een of ander rede wil Maroela se sisteem my nie toelaat om dit te plaas nie.
Soli Deo Gloria

Sune van Heerden ·

Dagsê Charl

Soms moet kommentaar per hand goedgekeur word en neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Jou kommentaar met die lirieke is goedgekeur en verskyn nou op die webwerf.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Louis Visser ·

Ek stem saam met Stefaan (hierbo) – die wereld gaan ons nie help nie, selfs as daar ‘n manier was om dit te doen.
Ons moet vir onsself en ons medeboere sorg en ons eie beskerming waarneem.

Debs ·

FANTATIES, deel net asseblief waar en wanneer met ons almal sodat kommunikasie ver versprei kan word …. Dankie julle.

Kobus ·

Net soos geen land ingespring het om Zimbabwe te help nie, so sal hulle ook niks aan ons saak doen nie!!! Tot op hede het dis blankes in Zimbabwe nog op hulle eie gestaan en ignoreer die buiteland enige pleidooie van enigiemand!!!
Ek waardeer egter dat Afriforum ‘n poging aanwend.

Dee ·

Ook nie dat Suid Afrika oor voete geval het om die Rhodesiërs te help nie, Kobus. Ons het wel die Beitbrug oop gelaat vir hulle hierheen maar Ian Smith het nie werklik ondersteuning vanaf SA gekry nie en so ook nie die later Zimbabwe’se boere nie.

freddie van wyk ·

Baie goed Afriforum ons moet die regering verantwoordelik hou

Gerhard ·

Dit is so hartseer. Dit gaan vir solank aan al. Agriforum het my volle steun. Se net hoe om te kan help!!

Paula ·

Indien syfers ooit bekend gemaak sou word ivm swart op wit moorde en misdaad teenoor wit op swart misdade, sedert 1994, sal die wereld sien, wie die ware rassiste in SA is.

Theresa ·

Dit sal verseker die hare laat regop staan. Nog al die jare was dit baie meer van die een kant af op die ander kant. Dit behoort statistiek te wees wat oë sal laat rek. Net soos hoeveel se dood is al deur taxidrywers en/of trokdrywers veroorsaak. Dis statistiek wat verswyg word en wat eintlik deel van moord vorm.

Marius ·

Ek ondersteun ten volle maar die wereld stel nie belang want daar is niks vir hulle daarin nie.

Hoe minder kos RSA het hoe meer kan hulle uitvoer. So kan ons aangaan.

Johann Marx ·

Afriforum se aksie behoort ook die volgende scenario aan te spreek: ‘n Boer word vermoor. Die SAPD wat dit ondersoek, se salarisse word met dieselfde boer se belasting betaal. Verdagtes word gevang. Regter en hulle regsverteenwoordiger word betaal met dieselfde boer se belasting. Kriminele word skuldig bevind en gevonnis tot lang gevangenisstraf. Die koste daarvan word gedek deur dieselfde boer se belasting. En as alles afgehandel is? Dan kry die weduwee ‘n “rekening” van die staat (wie hierdie boer se veiligheid en sekuriteit waarborg in die konstitusie, maar dit nie lewer nie) vir boedelbelasting!!! Die staat moet die “reg” tot boedelbelasting op die boedels van vermoorde mense prysgee…..en die naasbestaandes van daardie slagoffers kwytskeld van belasting aan die staat, vir die res van hulle lewe.

yster 74 ·

Dinge is buite beheer in die land. Dankie Afriforum. Dinge loop verkeerd. Ons is in groot gevaar. Vanaand se nuus weer skokkend. As daar nie geld en werk in n land is nie loop dinge so verkeerd. Ook geen leiers wat Hulle uitspreek teen die huidige situasie.

Jannie ·

Ons waardeer elke poging wat Afriforum aanwend om ons ellende aan die groot klok te hang, maar ons dink daar word aan die verkeerde deur geklop. Die VN en die buiteland is ons nie goedgesind nie. Siener Van Rensburg het gese: “Veg, al veg julle ook met jul rug teen die muur!” God sal ons red; nie die VN of die buiteland nie. Maar kyk hoe verval die Kerk…. Is dit nie waar die GROOT probleem le nie?

Barry ·

Ek stem verseker saam!Dit is tyd dat SA terug keer na God..en dit begin by die kerk.G’n ander land of VN sal ñ verskil maak nie,slegs God!Dankie Afriforum,ons steun julle 110%!

Arnie ·

Why are the farmers/whites/Afrikaner’s being killed at this ongoing rate??? Why is the ANC & most other political party’s so silent on this issue ? Has anyone wondered what happens at ANC Lakota’s, behind closed door’s, what instructions are given out & to whom? What are the “old/Ex MK Fighters” upto, anyone know? Just asking. If it can only take our joung students 7 days to bring SA to it’s knees, with international attention, what will it take to stop this White Genocide ?

Herman ·

Vanaand weer op BBc gekyk oor die gebeure in SA. En soos altyd is dit die witmense se skuld. Voor die media nie begin eerlik en objektief raak nie, sien ek n moeikik pad vir “wereldbewusmaking”. Maar wil ook net se, daar is nie n beter organisasie as Afriforum wat dit kan doen nie. Alle voorspoed en sterkte.

Debbie Verster ·

Ek is bly dat almal opstaan en afriforum die projek loots teen plaasmoorde. Is daar iemand wat my kan help? My man is ook vermoor. Dit was nie ‘n plaasmoord nie maar by ons huis. Ek kry geen hulp of resultate van Polisie nie. Dit is ak 6 jaar en niks gebeur nie. Ek is al so gefrustreerd.

arie plaasboer ·

Ek weet nou nie!
Plaasmoorde hou aan en neem toe in `n mate wat dui op lae graadse burgeroorlog (verwys na diverse media berigte).
Omdat die vyand nie duidelik uitgeken kan word nie kan die boere nie juis die wapen opneem nie.
Maar wat daarvan dat die boer kennisgewings aanbring dat enigeen wat sy plaas sonder toestemming betree as ongewens of as met kwade bedoelinge beskou sal word en met maksimum geweld verwyder sal word indien dit nodig blyk te wees.
`n Telefoon nommer by die ingang kan gebruik word om toegang te versoek. Nie `n ongewone optrede nie. Baie sake instasies keer besoekers voor totdat hulle hulself en hul bedoelinge ge-identifiseer het, waarna toegang onder begeleiding toegelaat word. Optrede buite hierdie proses word as indringing bekou en strafmaatreels kan volg.

Dee ·

Arie, jou voorstel maak sin maar die kruks is in die woorde ‘indien dit nodig blyk te wees’. Dit is tog immers waarop enige teenreaksie toegespits gaan wees – die bewyslas gaan op die boer wees om die nodigheid daarvan te bewys. En indien die nodigheid bewys kan word is die kennisgewing mos nie nodig nie.

Peet J ·

Die VFPlus het ook die plaasmoorde sowel as die kriminele situasie internasionaal aanhangig gemaak en daar het niks van gekom nie .
Om regsaksies, indien daar meriete voor bestaan, teen die SAPD te wil instel gaan die verhouding tussen die publiek (boere) net verder versuur.
Die enigste oplossing vir die Afrikaner is om saam te staan en die regering te dwing vir ons eie grondgebied

Johannes Meintjes ·

Die regering en die VN sal niks doen nie. Die volksmoord is deel van die plan om te ontsenu en te ontwrig, en dit wat morele en kulturele norme nastreef, tot niet te maak. Ons sal ons ontkenning en kop-in-die-sand afkeurigheid of apatiese kantlyn-aansporing asook frustrasie moet omskakel in ‘n plan met effektiewe uitvoering. Dit gaan denke-skuiwe en persoonlike aanpassing verg, – mits daar werklik nou voortgesette en effektiewe burgerlike beskermingsaksie uit eie geledere en onder objektiewe leierskap sal opwel.

Pierre ·

Ek stem saam. Die wêreld dink grotendeels “serves you right” as hulle hoor van plaasmoorde.

Dit is nie ‘n PC-kwessie nie, dit is nie polities korrek om om te gee vir blankes wat deur swartes vermoor word nie. Swartes wat deur blankes onderdruk word – ja daar is ‘n storie – hoofberigte wereld wyd. Blankes wat deur swartes vermoor word, nee wat, die wêreld is min gepla.

En wat gaan die ‘n paar koerant berigte help? Die ANC het nie spesifiek omgegee met byvoorbeeld die Basjir kwessie nie, hoekom sal hulle omgee hieroor?

Wat maak dit saak wie is reg en wie is verkeerd as die wat verkeerd is in beheer is?

Die buiteland is nie die oplossing nie – die buiteland gee nie om nie, en die VN is nie polities relevant nie.

Henry ·

Verstommned dat sommiges steeds so negatief staan teenoor Afriforum se pogings om die onregte wat teen ons gepleeg word, wêreldwyd bekend te maak.
Die ANC se “struggle” is oor baie dekades heen en met die hulp van die Oosblok se propagandiste oor die wêreld heen herhaal en herhaal en herhaal… Uiteindelik het hulle sukses behaal – soos talle andere wat voor en na hulle ook hierdie weg gevolg het.
Wat kan ons anders doen om hierdie bedreiging deur ‘n regime wat 50 miljoen siele se ondersteuning geniet, die hoof te probeer bied???
Om dag vir dag op Maroela media en ander werwe steen en been te kla en onsself so te bejammer dat geen mens of staat met ‘n tang aan ons spul klakouse te vat nie???
Een van die aksies wat uitgevoer kan word, is om ons kant van die saak en die ongeregtighede wat deur ‘n marxistiese regime gepleeg word, sonder ophou aan elke siel en sy hond te verkondig. Iemand(e) gaan een of ander tyd kennis neem en hopelik help om die onregte te staak.
Die ewigdurende klaery en foutsoekery oor die positiewe pogings van Soliforum en andere om ons situasie te verbeter, is om van hartlik mislik te word – om dit baie sagkens te stel.!!!

Andre ·

we have to stand together and protest like SA students against fees or like French farmers against the government
Block the national roads with trucks and tractors until the goverment listens.
the world wont help…and if they want to..what could the really do to the arrogant anc govt? its up to SAs farmers to make a move … like the students…like the taxi owners…like the municipal workers…thats the only message this govt knows..bring the country to a standstill until they listen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.