AfriForum: ‘Los die Vrystaat vry’

Die foto is naby  Dealesville in die Vrystaat geneem. Foto: Reint Dykema

Die foto is naby
Dealesville in die Vrystaat geneem. Foto: Reint Dykema

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gesê hy sal baklei vir die behoud van die Vrystaat se naam nadat Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir sport, kuns en kultuur, voorgestel het die provinsie se naam moet verander.

“Of hierdie voorstel opportunistiese politiekery is of nie, ons sal dit teenstaan. Ons het al gesien dat naamsverandering, veral voor verkiesings, op die agenda geplaas word, want dit is duidelik makliker vir die regering om name te probeer verander vir politieke steun as om paaie in stand te hou, skoon water te voorsien en inwoners te beveilig,” het CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Vrystaat, gesê.

AfriForum staan ook die Harrismith-naamsverandering teen. “Ons sal alles in die stryd werp vir die behoud van die Vrystaat se naam en ons sal dit met dieselfde durf benader as ons geveg teen die hoofstad, Pretoria, se voorgestelde naamverandering wat al die afgelope vyf jaar voortduur.”

“Ons sal ʼn veldtog van stapel stuur om openbare steun te werf en dan ʼn verslag aan die departement van sport, kuns en kultuur oorhandig sodat ons ons saak kan stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elfie ·

Ag liewe vader, het sekere mense nou wraggies NIKS anders om te doen as om te sit en naamsveranderinge uitdink nie? Kan iemand nie bietjie opvolg en kyk watter werk van die liewe minister agter is en geraas maak dat Leeto aandag by WERK bepaal en dit eerder doen as om te sit en uitrafel oor twak. GELDMORS en klaar!

ladybug ·

van geld mors dié ken julle veral omdat julle nie vir daardie geld werk nie!

LOS die Vrystaat, dit moet eintlik Oranje Vrystaat wees, maar laat ons nou nie hare kloof nie!

se-net ·

Ja, hul het al die Oranje weggevat. Los ons nou uit en bepaal jou eerder by jou “werk”!!! Maak eerder die paaie reg, drinkbare water, ens!!!!

CHRISTA ·

Aandag by sy werk bepaal? Wat se werk? Al wat werk is sy maag en nie omdat hy WIL nie maar omdat DIT MOET!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Los ons Vrystaat uit. Hou op loaf en die horlosie dophou vir lekkernye en Kentucky en bepaal jou by jou werk. Jy en Ace se koppe raas.

Swanna ·

Dit is tyd dat hierdie uitvagsels hulle by hulle regte werk bepaal en dit begin doen en nie sit en bollietjies rol. Maar daar is te veel van hulle in die parlement en moet afgeskaal word. As hulle minder word sal daar werk gedoen word want dan kan die bucket nie gepas word nie of die blaam nie op ander geplaas word nie.

Gideon Roos ·

Dit is duidelik dat die regering sy skaakstukke begin rondskuif. Die probleem met ons geliefde PUK, die naam van die Vrystaat, en moet nie vergeet van die vernietiging van demokrasie wat nou in die parlement plaasvind nie. Hulle is besig om die punt te maak dat die mense van die land nie meer saak maak nie.
Hou hulle dop, oor tien jaar is ons in ‘n diktatorskap vasgevang van die orde van China, Vietnam en Zimbabwe.

Gert van der Merwe ·

Ai mense. Dit word nou weer vekiesings tyd. So hy moet iets wys wat hy vir die gemeenskap in vyf jaar gedoen het. Al is dit nou net n naam verander dan is hy verder weer in Zoempie se goei boekies vir volgende vyf jaar.

Gert van der Merwe ·

Maar moet hom tog nie vra wat hy gedoen het waar die gemeenskap kon baat vind nie. Nee dan antwoord hy dalk soos die president ËK weet van niks so ek het niks gedoen nie”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.