AfriForum: ‘Mense moet hulself beveilig’

afriforum-logo-31-320x311Die burgerregte-organisasie AfriForum het opnuut ‘n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig na nog twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dit bring die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan. “Selfbeveiliging is die enigste doeltreffende wyse waarop Suid-Afrikaners hulle veiligheid kan verseker. Dit is ’n jammerte dat die regering versuim om hierdie lewensnoodsaaklike plig na te kom.”

AfriForum sê daar is die afgelope week vier aanvalle by die organisasie aangemeld:

1. ʼn Gesin van Jakkalsdans in Cullinan is op 12 Mei in ’n gewapende rooftog aangehou.
2. Charles Groenewald (76) van Boschkop is op 13 Mei vermoor. Hy het een vermeende aanvaller doodgeskiet. Lees meer hier.
3. Gert van Dyk is op 16 Mei om 3:00 die oggend gewond en sterk tans in die hospitaal aan. Lees meer hier.
4. Louis (82) en Sandra Swanepoel (80) van Mooiplaats, Boschkop is albei op 16 Mei vermoor. Lees meer hier.

Volgens Cameron is die modus operandi van die aanvallers nog onbekend. Daar was die afgelope week bendeaktiwiteite in dié omgewing wat tot moord en roof bygedra het.

“Brigadier W.B. Kweyama van die SAPD se area-kluster moes gister terugvoer gee oor die toekomsplanne vir landelike veiligheid, maar dit het nie gerealiseer nie. Die polisie is afwesig, leierskap bestaan nie en die polisiebeamptes op grondvlak kan nie sonder die nodige hulpmiddels en leierskap doeltreffende polisiëring toepas nie,” het Cameron gesê.

AfriForum het ná mnr. Das Venter se moord in Maart 2014 ʼn optog na die Cullinan-polisiestasie gehou. Daar is nog geen plan van aksie op die tafel gesit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack Luies ·

Positief plaas aanvalle op boere in NW – Brits neem toe dit is onaanvaarbaar , die SAPD se statistieke toon die teen oorgestelde , die moord op Danie Dercksen is gerapporteer as huis inbraak. dit is doel bewuste misleiding van die waarheid. SAPD sal moet indringend stasie bevelvoerders in plek kry om die situasies van plaas aanvalle te beheer , Dit wil voorkom of die georganiseerde misdaad is en dat die SAPD ver tekort skiet met bemanning en voertuie om enige weerstand te kan bied.

Dit is duidelik dat sommige lede in die SAPD nie bevoeg is om strategies beplanning te doen om deurlopende misdaad ,aanvalle en gewapende roof in ons plaaslike boere gemeenskappe te voorkom nie.

Linda ·

na al die moorde en daar is steeds mense wat dit nie besef nie – dit is net ‘sad’. Mense is te geneig om te dink dit sal nie met hulle gebeur nie.

Lena de Beer Trichardt ·

Inbraak word gepleeg wanneer niemand tuis is nie sonder wapens, rooftogte is by banke en besighede! Terrorisme is wanneer mense tuis met wapens aangeval word. Dus Genoside. En dit bedreig alle blankes in SA nou. Daar word nou daagliks blanke gesinne en ou mense in dorpe ook aangeval. En dit word toegesmeer met verkeerde bewoording. Soos met foutiewe sterfsertifikate op verskeie plekke reeds gemeld was. Soos n privaat hospitaal se dokters wat weier om die polisie vorm in te vul om die aanval se beserings te bevestig, indien nodig kan die vorm wat ingevul is vir die betaling met beserings op gehaal word indien benodig word, want die drs het n kontrak met die polisie om dit nie in te vul nie, so daar is geen bewys dat die besering deur n aanval veroorsaak is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.