AfriForum nader hof oor Zuma se parool

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: Reint Dykema)

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan die hooggeregshof op ʼn dringende basis nader om die besluit om oudpres. Jacob Zuma op mediese parool vry te laat, te hersien.

Die aansoek word teen sowel die departement van korrektiewe dienste as die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, gebring.

Die oudpresident is verlede Sondag op mediese parool geplaas ná die departement ’n verslag van Zuma se dokters ontvang het.

Die besluit is uit verskeie oorde gekritiseer en AfriForum het ook ʼn amptelike skrywe aan Fraser gerig waarin die besonderhede oor Zuma se paroolvrylating dringend versoek word.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê hoewel Fraser hierdie brief ontvang en gelees het, het hy versuim om daarop te reageer.

“Dit beteken die volgende stap vir AfriForum is om die hooggeregshof te nader.

“Hierdie is ’n saak van nasionale belang en dit is ’n skande dat mense op grond van hul politieke aansien bevoordeel word.”

Volgens Roets is daar geen probleem met Zuma se mediese parool indien Zuma werklik terminaal siek is of op enige ander wyse aan die voorskrifte van die wet voldoen nie.

“Alles wat die departement egter in die afgelope week gedoen en gesê het, dui op politieke inmenging wat nie aan die voorskrifte van die wet voldoen nie.

“Die bewerings dat pres. Cyril Ramaphosa betrokke was by die besluit om Zuma vry te laat, stuur ’n duidelike boodskap dat die president nie ernstig daaroor is om korrupsie en misdaad in die regering sowel as die regerende party aan te pak en stop te sit nie.”

Maroela Media het vroeër berig dat Ramaphosa Zuma se vrylating verwelkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boerkind ·

“Die bewerings dat pres. Cyril Ramaphosa betrokke was by die besluit om Zuma vry te laat, stuur ’n duidelike boodskap dat die president nie ernstig daaroor is om korrupsie en misdaad in die regering sowel as die regerende party aan te pak en stop te sit nie.”

Die vader van leuens en korrupsie.

Trotse Boervrou ·

Ernst, ek haal my hoed af vir julle. Ek wag angstig om die uitslag van die hof te hoor. Niemand hoop egter vir die beste nie want almal weet dat die regstelsel deesdae ‘n volslae klug is. Boonop is die president van die land 100% tevrede daarmee. Absoluut pateties. Ons waardeer egter wat jul doen. Dankie daarvoor. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

Jerry ·

Ek hoop werklik iets kom van die aansoek… Maar hier diep in my hart weet ek daars geen geregtigheid meer in SA nie

Pieter ·

Al wat ons moet doen is vat die anc se geld weg die land is in elk geval n vark hok. Die anc kommuniste lag vir ons.

JohanR ·

Daar is net een manier en dit is by die stembus. As julle kom by die ANC op die stembrief gaan verby……

Dirk Mostert ·

Beide ons regstelsel en mediese stelsel het hier ‘n nuwe laagtepunt bereik.

jou gewete ·

mooi Afriforum, probeer minstens al weet ons dit sal nie help. ten minste iemand wat nog veg vir wat reg is

Dries ·

Dankie Afriforum. Ons bid elke dag vir julle. Julle is helde wat onthou gaan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.