Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien oor die swak gehalte van Kimberley se drinkwater. Inwoners kla vir maande al dat hul drinkwater ʼn bruin of geel kleur het en soms ook ʼn slegte reuk afgee. Boonop word die stad sedert die begin van die jaar deur voortdurende wateronderbrekings lamgelê.
Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder van omgewingsake, het AfriForum deur middel van watermonsters bepaal dat daar ʼn oormaat E. coli in Kimberley se water is en dat dit dus nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die uitslae het ook getoon dat die turbiditeit (troebelheid) van die water so hoog as 5,4 is, terwyl die toelaatbare turbiditeit tussen 0 en 1 moet wees.
ʼn Inwoner van Kimberley het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media gesê hulle is al moedeloos oor die vuil water. Sy sê sy gril vir die bruin water wat uit die krane vloei.
Sy sê die waterdruk is ook pateties en daar is dae wat hulle sommer skielik sonder enige waarskuwings sonder water sit.
“Ons is verby keelvol,” sê die inwoner.
AfriForum het sowat ʼn maand gelede die uitslae van hierdie toetse onder die Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteit se aandag gebring.
“Drie skrywes is aan Boy Daluwayo, waarnemende munisipale bestuurder, en Sabelo Mkhize, waterdienstebestuurder, gestuur. Die genoemde skrywes is nooit deur die munisipaliteit beantwoord nie. Die munisipaliteit het wel ingestem om met AfriForum te vergader. Daar is toe twee vergaderings belê met die oog op samewerking,” sê De Klerk. Dié vergaderings het egter nie vrug afgewerp nie.
“Ons probeer altyd om met munisipaliteite en ander instansies saam te werk voordat ons dit oorweeg om swaarde te kruis. Indien samewerking egter nie moontlik is nie, wend ons ons tot ander forums om sodoende ons lede se grondwetlike regte te beskerm. Ons het met ’n positiewe gevoel by albei vergaderings uitgestap nadat ons ons hulp aan die munisipale bestuurder aangebied het en dit op daardie stadium gelyk het of samewerking moontlik sal wees.
“Dit het later geblyk dat die munisipaliteit nie die hulp wat ons aangebied het, gaan aanvaar nie. Meer as ʼn maand later is daar nog nie veel verbetering in die gehalte van drinkwater nie.”
AfriForum het op 19 Julie ’n aanmaning aan die munisipaliteit gestuur om binne 48 uur die gehalte van die water in ooreenstemming met wetgewing te bring. Volgens De Klerk het die munisipaliteit nie op AfriForum se versoek gereageer nie en ook nie gehoor aan die skrywe gegee nie. Die organisasie het toe op 23 Julie ʼn klag by die SAMRK ingedien. Die SAMRK het ontvangs van die klag erken.
Ian Smith, voorsitter van AfriForum se Kimberley-tak, sê dit is hartseer dat Kimberley by die dag verval.
“Belastingbetalers is moeg daarvoor om aan hul eie genade oorgelaat te word en ons hoop dat die SAMRK kan ingryp sodat ons ons basiese reg tot skoon drinkwater kan terugkry,” sê Smith.
Dank ASB betrokke minister en LUR af dan die betrokke munisipale amptenare
Almal wil toi-toi of hulle toys uit die kot uit gooi, maar as dit by stemdag kom dan trek hy sy kruisie by die selfde plek as laas. Dis die hartseer deel van ons storie.
Totdat die stem van die gepeupel nie gekeer word nie sal dit ons storie wees. Die gepeupel word al hoe meer en magtig.
Niks is meer snaaks in die ANC land nie. Laat die kubane dit gaan uit sort die anc kommuniste het mos hulle broers nou miljoene betaal.
Vat die water saam na die mrk en DWING hulle om dit te drink . Smeek en mooi praat in die hool werk nie .
Mors julle tyd met MRK, net nog ‘n ANC korrupte organisasie…
Gaan Dump daai vuil water oor hulle….
“Our people” do not like being told what to do by, nor will they EVER listen to advice from …
“Ons mense”. We should know this by now.
Sal SA OOIT weer reg bestuur kan word.. Mens kan vra ‘Wanneer sal dit verander?’ Sal ons ooit ontslae word van ń korrupte klomp leiers?
Geen positiewe planne, nuus of gerug blink in SA se toekoms nie. Om te droom dat die storm wat broei sal draai of dat die blou fee sal opdaag, staan in ‘n voorskoolse storieboekie opgeteken. Malema wil bloed in die strate sien vloei en Cyril slaap reeds onder sy koeëlvaste bedjie. En dan voorspel siener Van Rensburg ook nog ‘n klein mishap by Koeberg… en ons gaan ons eie entstof probeer maak… Kinders kan nou self besluit of dit he of she is. Ons dominees is doodbang om die Bybel te lees. Is ek te negatief?