‘AfriForum nie saam met McBride by braai nie’

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

AfriForum het genl.maj. Prince Mokotedi daarvan beskuldig dat hy sy eie rol en dié van ander ondersteuners van pres. Jacob Zuma in die kaping van die strafregstelsel probeer verdoesel deur leuens te verkondig.

Mokotedi beweer dat AfriForum en Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektortaat (Opod), onder meer saam “gebraai” en teen hom en andere saamgesweer het. Mokotedi het ’n verklaring by die polisie ingedien waarin dié en ander bewerings gemaak word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê hy en McBride het nog nooit ontmoet nie en dat pogings om voor te gee dat verteenwoordigers van AfriForum met McBride vergader en saamgesweer het, van alle waarheid ontbloot is.

“Dit is duidelik dat Mokotedi leuens verkondig omdat hy senuweeagtig is nadat AfriForum en Paul O’Sullivan, ’n private ondersoeker, ’n verslag genaamd Joining the Dots: Capture of the Criminal Justice System bekend gestel het. In hierdie verslag word Mokotedi uitgewys as een van die rolspelers in die onregmatige kaping van die strafregstelsel deur Zuma-gesindes. Benoude katte maak skynbaar benoude spronge,” voeg Kriel by.

Kriel sê voorts dat sy organisasie nie van stryk gebring sal word deur dié “vuilspel” waaraan Mokotedi hom nou skuldig maak nie en dat AfriForum volstoom sal voortgaan om korrupsie te beveg en die kaping van die strafregstelsel bloot te lê.

Volgens Kriel sal AfriForum se regspan Mokotedi se verklaring aan die polisie bestudeer met die oog op moontlike klagtes van meineed en laster.

Mokotedi het Maandag verskeie aanklagte, wat hoogverraad, korrupsie, dwarsboming van die gereg, belastingontduiking en spioenasie insluit, teen McBride, Shadrack Sibiya, die voormalige Gautengse hoof van die Valke, O’Sullivan en kapt. Candice Coetzee, ʼn ondersoekbeampte, ingedien.

Die vier word daarvan beskuldig dat hulle probeer om die regering van Zuma omver te werp. Mokotedi beweer ook die vier wou hom en genl.maj. Mthandazo Nltemeza, hoof van die Valke, laat vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

cor ·

Afriforum en O Sullivan is ‘n doring in die staats kapers en korruptes se vlees so hulle sal enige iets probeer om die doring te verwyder selfs deur meineed te pleeg nie dat hulle weet wat beteken die woord nie. Kallie Kriel julle is tops en werk nie in die duister nie.

John ·

Ooglopend ‘n weerligafleier vir die ware jakob… wat eintlik net bewys iets groots word weggesteek… soos ons vermoed. Regstellings gaan nie gou kom nie. Probleme by die SAUK is lank nog nie opgelos nie, inteendeel, dinge raak meer ingewikkeld… en daar loop duidelik ‘n bose band tussen alles…

thys kotze ·

N jakkals verander vañ hare maar nooit van streke nie

andre ·

Mokotedi en Ntlemedza. Wat n riller. Gee hulle gas AfriForum

Speedguard ·

Geen wonder hulle het die man van die vliegtuig afgehaal met sy dubbele burgerskap nie, poletiek is nie vir sussies nie! Hierdie is leeu wereld en word tiere hier gevreet!

Vonnie ·

Afriforum doen slegs goeie dinge veral vir ons afrikaans sprekendes wat geen politieke party nog reg kon kry!!
leuns is van die duiwel!!!

Jonathan ·

Saam gebraai miskien het die man all hierdie dinge probeer sien om sy loopbaan na n ander hoogte teneem Hier sien Guptas toe ook die pad begin krimp en raak weg Nou word water en vuur gestook om ander in die rook van die gordyn in te vlieg, is die braai die probleem of word die eetgoed minder ?

al ·

Sekere amptenare se geraamtes val met n spoed uit die kas nou wil hul van diversion politics gebruik maak! Dis die wat ons land in n helse gemors is, want hul wil nie verantwoordelikheid neem vir hul dade nie!

GES ·

Die waarheid is stadig maar seker besig om uit te kom. Dankie AfriForum vir hulle leeue aandeel om dit te realiseer. Hierdie politieke boewery moet uitgeroei word.

zelda ·

Agriforum nooi die oompie vir n braai dat hy kan sien nie almal het n duister agenda agter hulle naam nie.

Feite Zelda Feite ·

En as jy nou die VERSKIL tussen AFRIFORUM en AGRIFORUM geken het, het jou kommentaar dalk nou iets beteken, maar dis soos om die DA met die ANC te vergelyk .. NOT THE SAME~!! So maak eers seker jy weet van watter organisasie jy praat en wat dit verteenwoordig, anders klink jy regtig oningelig.

Go Afriforum ·

Janee Afriforum is now a Force to be reckoned with. Hulle bedreig nou sekere mense se gemaksones, nou moet hulle inkrimineer word. Doen wat julle doen want julle doen dit goed.

Snuffels ·

Die “vermoor” gedagte is ‘n stap in die regte rigting … Krismis is om die draai! *wink wink*

Anoniem ·

Mokotedi slaan sy naam middeldeur met ‘n plank as hy beweer dat Afriforum en McBride om dieselfde vuur gesit het. Enige iemand met ‘n halwe breinsel weet dis letterlik en figuurlik gesproke hoogs HOOGS onwaarskynlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.