AfriForum nie van stryk gebring deur kritiek

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, tydens hul besoek aan die VSA (Mei 2018). Foto: Twitter via @ErnstRoets

AfriForum sê ondanks plaaslike kritiek teen sy veldtog in die VSA om steun te werf teen onteiening sonder vergoeding, asook om bewusmaking te skep rakende plaasaanvalle in Suid-Afrika word dié veldtog oorsee baie goed ontvang.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in die parlement tydens ʼn mondelinge antwoordsessie na AfriForum gekap het oor sy veldtog. Ander kritiek wat AfriForum hom op die hals gehaal het oor die veldtog, is dat daar te veel op plaasmoorde gefokus word in plaas van misdaad in die algemeen. Die organisasie is ook gekap oor sy statistieke rakende plaasaanvalle en -moorde.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, wat tans saam met Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, in die VSA is, het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê AfriForum is nie juis besorg oor negatiewe reaksie op die veldtog vanuit Suid-Afrika nie.

“My beste skatting is dat ons meer as 10 000 boodskappe van ondersteuning uit Suid-Afrika gekry het op al die verskillende platforms. So, ons word regtig oorweldig deur die steun uit Suid-Afrika. Dit is net ʼn klein groepie mense wat ongelukkig in invloedryke posisies sit wat so sterk uitgesproke is [teen ons veldtog],” het Roets gesê.

Hy beskou Ramaphosa se uitlatings eerder as ʼn teken dat AfriForum besig is om sukses te behaal. “Dit beteken dat hulle ernstig kennis dra van waarmee ons besig is en besorg is daaroor. Natuurlik gaan ons nie ons aksieplan op enige manier verander solank die regering nie aandui dat hy nie sy koers gaan verander nie. Ons sal slegs ons aksieplan aanpas wanneer daar daadwerklik iets op grondvlak verander.”

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, tydens ʼn onderhoud op die Amerikaanse televisieprogram Tucker Carlson Tonight. Foto: Twitter via @kalliekriel

Roets het gesê hy en Kriel het reeds met talle enkelinge en instansies in die VSA vergader en beplan om met nog ʼn hele aantal rolspelers byeen te kom. Instansies met wie hulle reeds vergader het, sluit in die Cato Institute, die Heritage Foundation en die International Republican Institute.

“Elke verskillende soort organisasie met wie ons praat, is belangrik op sy eie unieke manier. Dit is natuurlik belangrik om met die regering te praat, want hulle kan daadwerklike stappe doen. Dit is belangrik om met die media te praat, want hulle kan bewusmaking bewerkstellig en die boodskap versprei. En dit is belangrik om met navorsingsinstellings te praat omdat navorsingsinstellings besluitnemers van raad bedien,” het Roets verduidelik.

Hy en Kriel beoog om nog tydens hul reis met verteenwoordigers van die regering te praat en glo dat dit ʼn hoogtepunt van die veldtog sal wees. “Ons het geen vyandigheid tot dusver teëgekom nie. Elke instellings het sy eie invalshoek, maar letterlik almal met wie ons gepraat het, het ons baie goed ontvang en was baie toeganklik om na ons te luister. Die meeste mense met wie ons gepraat het, was tegemoetkomend en bereid om raad te gee in terme van wat ons kan doen, asook oor wat hulle kan doen om te help.”

Roets het ook ʼn onderhoud met Tucker Carlson op die gewilde televisieprogram Tucker Carlson Tonight gedoen. Die onderhoud sal na verwagting Woensdag in die VSA op Fox News aan die program se miljoene kykers gebeeldsaai word.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, tydens hul besoek aan die VSA (Mei 2018). Foto: Twitter via @ErnstRoets

“Ons weet dat die ANC se beeld internasionaal vir lede baie belangrik is en dat hulle baie sensitief is vir kritiek wat hulle veral uit die buiteland ontvang. Ons weet ook dat steunwerwing en mobilisering ʼn baie belangrike komponent van ons veldtog moet wees. Dit is waarom ons soveel aandag hierop fokus. Ons glo ook, indien ons die buiteland bewus maak van wat in Suid-Afrika gebeur of moontlik kan gebeur, en hulle op daardie manier aanspoor om ook meer te praat oor die krisis in Suid-Afrika, sal ons kans op sukses om die regering tot beter insigte te dwing aansienlik verbeter.”

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het Dinsdag in die parlement ʼn skynbare hou na AfriForum gemik, deur te sê: “Ek het ʼn boodskap vir diegene wat tans oorsee reis om steun te mobiliseer teen hul eie land om eerder huis toe te kom en aan die dialoog oor die kwessie deel te neem, soos sowat 140 000 Suid-Afrikaners wat voorleggings aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee gedoen het.”

Kriel het hierop gereageer deur te sê die president moenie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar verwar nie. Kriel het gesê AfriForum se veldtog het geensins ten doel om die internasionale gemeenskap teen Suid-Afrika op te sweep nie, maar eerder om Suid-Afrika teen die skending van eiendomsreg te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

net ek ·

Hoekom het meneer Ramaphosa dan nie eers met die boere “gepraat” voor hy op Zuma se”bandwagon ” gespring het oor”land grab” nie!!! Ook nie gedink dit kan hom aan die agterstewe kom byt wanneer dit by buite land se belegers kom nie!!!

Gerhard ·

Die leeu praat tog nie met die bok voor hy hom opvreet nie?

bgj van der westhuizen ·

wel gaan voort wat julle doen die anc hou niks van dit nie wand hulle slegte bestuur kom uit doen maar net die selde wat hulle gedoen het met die ou np regering

Casper Labuschagne ·

Ek moet hier verskil. Die vorige bedeling het sy foute en gebreke gehad, en dit het in die regerings van die tuislande amper net so bedroef gegaan as met ons huidige regering, maar daar was beduidende verskille teenoor vandag. Ek sal nie sê dat elke persoon bo-aan die staatsdepartemente eerlik was nie, maar daar was ‘n hele klomp hoë amptenare en ministers wat absoluut eerlik was, sekerlik die meerderheid. Maar, hier is die verskil, of dit nou heel bo eerlik of oneerlik was, daar is toegesien dat elke persoon ondertoe 100% eerlik is en daar is daadwerklik opgetree teen enige korrupsie wat aangetref is deur kriminele vervolging en vir elke sent, nee, elke halwe sent is verrekening gegee. Net die heel senior departementshoofde het met ‘n luukse motor gery en lyfwagte en motorbestuurders was deur net enkele ministers op kabinetsvlakke gebruik, Daarby was dinge gedoen, reuse infrastruktuurprojekte is aangepak en deurgevoer en dikwels binne die toegekende begroting.

As dit maar net vandag helfte so goed as destyds kon gewerk het.

Sid ·

Afriforum het feite en die waarheid aan hulle kant, en dit is al wat hulle in die buiteland vertel. Die ANC regering het nie beheer hieroor nie en hulle hou niks daarvan nie.

rollie ·

Net die waarheid gaan geodgenoeg wees en geen verskuilde agendas nie anders gaan dinge lelik vir hulle boomerang.

White Rhino ·

Gaan voort Afri!
Moet julle nie aan die kla-kous familie van ramapokker steur nie.

JC ·

Baie dankie julle, julle is wonderlik.

Die wereld se oe is oop, en miskien word die kwessie van selfbeskikking en partisie ook aangeraak tydens een v/d gesprekke.

Yay!!

Oom Kalahari ·

Weereens is dit ‘n bewys dat CR nie die plaasmoorde wil erken en dit sy doel wil maak om te beveg nie. Afriforum doen so voort in VSA en alle lande waar jul die nodige steun kan werf. Hierdie is nie ‘n Demokratiese land nie maar eerder Kommunisties waar daar geen einde aan ‘n holgeryde struggle storie kom nie. As jou eie Pres dit aan publiek stel dat die blanke die grond gevat het kom dit voor dat ook hy nie sy Geskiedkundige agtergrond ken nie. Ons ondersteun Afriforum en waardeer vir dit wat hul tot erkenning van minderheids groepe doen. Dankie Kallie Kriel en Ernst Roets, jul is vegters tot geregtigheid en integriteit.

Jean ·

Ek stem sonder druk is daar geen druk! Hou so aan asb !!, Dankie en nogmaals
Dankie Afriforum!

Wonner ·

Noem sommer ook dat die ander ligter strawwe kry as ons!!!!

marous ·

Sekere mense hou glad nie van die waarheid nie. As die gevolge moet wees dat die buiteland se krane toegedraai moet word oor die eensydige futlose beleid van die heersende politieke party en die aanhoudende klaaglike mislukkings dan is dit goed.

Anti-magsmisbruik ·

Dankbaar vir Afri wat die land se belange op die hartdra en oplossings soek tot voordeel van almal in die land.

christa ·

die regering wil handjies gevou sit en kyk hoe boere uit gemoor word en hou nie daarvan iemand moet hom daarin benadeel nie. Hou so aan Afriforum, julle doen goeie werk.

JF ·

Voel Trots dat daar manne is soos Kallie en Ernst van Afriforum wat die bul by die horings vat en iets doen omtrent die situasie in ons land. Om ʼn patetiese houding in te neem soos die liberale wat al ewig polities korrek wil wees, en ook die eerste is om oorsee te gaan wegkruip, as die dinge te rof begin gaan. Ons moet opstaan vir ons reg, die bloed, durf en sweet van ons voorgeslagte nie ongedaan maak nie. VIVA Afriforum en die twee manne daar oorsee!

Maroela ·

Waarom berig Maroela Media niks oor die Elmien du Plessis-saga nie? Sy het met Afriforum se eie statistiek hulle bewerings van ‘n Afrikaner volksmoord as vals ontbloot. Na sy dit gedoen het, het sy doodsdreigemente ontvang en haar ma en suster se adres is op Ernst Roets se Facebook-blad ge”share”. Verder het sy anonieme oproepe ontvang. Dit behoort die regte nuus te wees! Nie Afriforum wat met Etni-nasionalistiese TV aanbieders (wat bitter min kredietwaardigheid in hul eie land geniet) vergader nie! Propaganda.

JC ·

Hehe “Maroela”, met alle respek, maar jou kommentaar en gedrag kom neer op dit wat in Engels bekendstaan as “trolling”.

Dit wil se; onbewese en uitlokkende bewerings wat ten doel het om reaksie te ontlok, wat dit nie gaan doen nie; behalwe vir jou kommentaar om as vals bewys te word.

Sekerlik is jy een v/d min (((liberales))) in Afrikanergeledere?

Tucker se program is een v/d top programme in die VSA, indien nie die beste nie, te oordeel aan die hoe kykergetalle. Gaan doen maar jou navorsing daaroor…

Indien sy program dan soos jy dit noem etnies-nasionalisties sou wees: wat op aarde daarvan?
Het jy in die verband nie die memo gelees nie? (die memo gaan oor die opkoms van behoudenheid, Christelik-Westers etniese waardes, en die heropkoms van nasiestate, ekonomiese nasionalisme, soewereiniteit en anti-globalisme -welke besig was om kulture en taleverskeidenheid te vernietig- en die anti-pc beweging- politiese korrektheid synde ‘n monster te geword het wat homself opvreet-)

Die elitistiese establishment se manteldraaiery, emosioneel-oordrewe valse propaganda en leuens werk nie MEER NIE.Ons leef in ‘n nuwe,beter wereld, en die opkoms van ware konserwatisme as teenpool teenoor die verstikkende diktatorskap v/d liberalis en politiese korrektheid.

Jy weet skynbaar nie dat waarheid, eerlikheid en konserwatisme die nuwe anti-liberale teenkultuur daarstel nie.

Eish ·

Ek dink dit moet jou in n ander bloedgroep in frustreer om Maroela Media te lees.

Tjopper ·

Ag siestog Maroela koop vir Elmien n bossie blomme dat sy beter voel.As jy saam die groot honde wil hardloop ne….

@ Maroela Troll ·

Ek het weer ‘n interessante artikel van ELMIEN DU PLESSIS gelees waar sy en haar ma in ‘n REUSE RASSEHERRIE betrokke was toe hulle by ‘n BOEKFEES in SOWETO gaan aanklop het waar hulle WEGGEWYS is deur swartes omdat dit nie VIR WITMENSE BEDOEL IS NIE . moet se die blinde sambok slaan seer. AFRIFORUM het nog nooit iemand met die dood gedreig OF iemand agtervolg OF aangeval nie .. so julle droom drome en sien gesigte.. Julle hou net nie van hulle sukses nie .. vir eenkeer word die liberales ordentlik bloedneus geslaan OMDAT AF hulle met feite platslaan, nie met dreigemente of vals klagtes nie.

Casper Labuschagne ·

@Maroela miskien wil jy eerder na Afriforum se antwoord daarop op YouTube gaan kyk, soek vir “Farm murders: Feedback from Washington – setting the facts straight.” Ek was beindruk deur Ernst Roets se antwoorde op die kritiek en die bewering dat die ontleding wys dat Volksmoord vals is, is deeglik as foutief getoon. Gewis jouself gerus van die ware feite en volg in die minder nuuskanale wat fopnuus verkondig.

Liberaal ·

“Maroela”, ons sit met n groot probleem, almeer mense begin ons liberales bevraagteken. Hoe gaan ons nou vir mense vertel dat hulle hulle gelowe, taal en kultuur moet opgee en slegs ons siening moet aanneem?

@JC ·

Daar is ‘n verskil tussen populariteit en kredietwaardigheid. Volgens jou logika is die ANC ook die mees kredietwaardige party in SA omdat hulle die populêrste is.

Dan, wat die elitistiese “establishment” betref: in SA is die meerderheid (as ‘n persentasie) van die super-rykes wit. Is ons dan nie die elitistiese mense nie?

Dan, propaganda word gedefinieer as: “information, especially of a biased or misleading nature, used to promote a political cause or point of view.”
Deur nie oor hierdie doodsdreigemente te skryf nie, laat Maroela Media opsetlik inligting weg om ‘n politieke standpunt te steun. Dit is propaganda.

Verder, “verstikkende diktatorskap”? Mens kan liberalisme van baie goed beskuldig, maar nie van ‘n verstikkende diktatorskap wees nie. Dit is loodreg teen die grein van liberalisme in. Die feit dat Zuma so maklik verwyder is, wys dat daar nie ‘n diktatorskap heers nie.

rollie ·

Soos reeds verskeie kere deur my verduidelik op hierdie forum (die wat geplaas word, wat opsigself ‘n prestasie is) is enige sprake van wit volksmoord vals en belaglik. Ek moet darem ‘n pluimpie gee vir die VF+ se leier wat dit so twee dae gelde ruiterlik erken het op RSG dat sprake van volksmoord twak is.

Andries ·

Baie dankie vir jou boodskap Cyril. Ek en vele ander het besluit om ons egter nie daaraan te steur nie.

Basson ·

Gaan voort AF!
CR noem in sy Twiet iets soos ‘Inklusief’ en ‘Ons land’, maar die rasbehepte ANC het dit lankal net hulle eie land gemaak, en misken / verguis ons totaal.
Terloops, hulle het dan dieselfde gedoen destyds? :))

Jacques ·

En so daai die wiel vir die regering . Lekker ne ?? Mooi so Afriforum .

martin cilliers ·

Hierdie mense moet eerder met die polisie praat en nie geld mors op oorsee se cowboys nie. daar is baie wat ons saam met die polisie kan doen.

Liberaal ·

Ja, alhoewel vorige gesprekke nog niks ooit opgelerwe het nie moet hulle weer en weer probeer. Die arme polisie het so baie werk, maar eendag sal hulle dalk luister.

Eish ·

My volle ondersteuning vir die prysenswaardige inisiatief wat myns insiens baie professioneel hanteer word.
Ja née, as n hond nie by die huis kos kry nie, gaan hy die bure se vullissakke oopskeur op soek na iets te ete.

VanAfrika ·

“Daar word te veel op plaas moorde gefokus in stede van misdaad in die algemeen” Regtig daar word meer op julle misdaad gefokus as die van plaasmoorde, die doodskis saak, die vrou wat die “k” woord gebruik het, die kind wat van die bakkie afgespring het. Anders om en ANC en EFF lede loop nog vry rond. Ons lewens word elke dag gedreig in ons eie land en julle doen niks daaromtrent nie. En dit moet n doring in Trevor Noah se sy wees dat Tucker Carlson Tonight luister na wat ons te sê het. Vir n verandering druk hulle nie apartheid in ons keelgatte af nie soos wat die rassistiese Trevor doen nie, hy kry werk in Amerika maar kan nie eens hul President respekteer nie met sy gereelde anti-Trump uitlatings nie

Johann ·

Hoe kan ek by AfriForum aansluit ?
Hulle is omtrent die enigste mense wat iets daadwerkliks wil doen omtrent die plaasmoorde.
Die res van die mense wil net braai en op vakansie gaan.

Willie ·

CR moet beslis eers die land se misdaat onderbeheer kry voor hy beleggers soek… Soos genome, hulle land, hy voel niks vir blankes nie… leef in denial…

Bertus ·

Mens moet besonders naief wees om te glo dat Cyril en die ANC enigsins belangstel in ‘n bona fide gesprek oor grondonteiening. Die ‘gesprek’ is blote teater. Vir die ANC se Afrika-nasionaliste is die ‘reenboognasie’ met gedeelde aspirasies vir al sy inwoners ‘n grap: 24 jaar later weet ons dat die ANC se doelwit mag, oorheersing en wraak op die wittes is. Dit is regtig so eenvoudig. My wens is tog dat Afriforum meer sal uitreik na die groot aantal gematigde swart Suid-Afrikaners wie nie noodwendig die ANC se beleid ondersteun nie. Ons is tog almal in dieselfde bootjie en plaaslike bondgenote is nie te versmaai nie.

Jerry ·

Indien die ekonomie misluk agv onvoorsiene gebeure of deur suksesvolle ondermyning, dan misluk SA en dan was almal met goeie intensies se pogings nutteloos. Die enigste wenners sal die anargiste wees wat rassespanning dan kan laat ontplof. Ek is nie oortuig daarvan dat Afri-Forum se buitelandse druk nie die pogings om die ekonomie op dreef te kry ondermyn nie. Afri-Forum verstaan net eenvoudig nie dat ons n beter kans staan om ons belange te beskerm in n stabiele politieke, ekonomiese, maatskaplike en sosiale bree Suid Afrikaanse omgewing waarna alle groepe moet streef. Tans is die drie grootste ondermyners van voorspoed vir alle Suid Afrikaners ongetwyfeld die Zuma lojaliste, die EFF en Afri-Forum, elk met hulle eie duistere agendas! Die enigste ware leier tans in SA met integriteit en goeie intensies is CR. Met CR aan die stuur het SA ten minste n laaste kans gekry, maar wat doen ons? Ons ondermyn ons eie laaste kans!

Callie ·

Jou droomwereld gaan ontplof my ou. Jy bly defnitief nie in SA nie. Liewe hemel, waar bly jy of wat gebruik jy.

Amelia ·

Asb, hou aan en verkondig ook sommer al die moorde. Die BEE wat ons blankes sonder werk laat en dat ons kinders in ander lande heenkome gaan soek. Dat ander lande ons kinders geniet en ons self kan nie.

Israel ·

Ek was nou in die buiteland en ALMAL daar weet van die gemors, Hou aan kla en sê julle sê, ek het met n ou van Viena gepraat hy sê jy kan nie vir CR vertrou nie!!

Theresa ·

WONDERLIKE werk dankie aan Kallie en Ernst wat hierdie taak aangepak het en voortgaan met baanbrekerswerk vir mense wat nie meer weet hoe, wat en waar nie.
Dankie! Hou asb. net aan waarmee jul besig is. Daar is soveel mense hier in Suid-Afrika wat dankbaar hoop daar kan iets positief gebeur.

Oom Kalahari ·

@JC, jy stel dit mooi, hier is ‘n paar liberale wat aandag soek en uitlokkend is vir reaksie, maar is beter om hul te vermy. Hul opinie en denke is welkom, maar as dinge ooit verander hoop ek hul bly saam hul aanbiddende Chief in Nkandla. Afriforum doen uitstekende werk in die buiteland en benodig meer steun van ons mense tuis ook om hul doelwit te kan bereik. Sanksies was teen die Nasionale party en SA in die jare 50’s -80’s en die minderheids groep het hierdie land met welslae deur gedra op alle vlakke en kom ons kyk of hierdie regime dit kan doen.

Reguit ·

Vir dekades al vertrap, verstoot en verguis die liberale buitewêreld die wittes van Suid-Afrika. Ons sal maar moet wag en sien of dinge in hierdie opsig gaan verander.

Jacobus ·

Die liberales vergruis nie net die blankes in Suid Afrika nie, maar oor die hele wêreld.

Internasionaal, is die blankes onder beleg en veg vir oorlewing.

Kyk wat gebeur op universiteite in Kanada en Amerika (VSA) asook Australië en ons moet nie vergeet van Europa nie. Kyk na die links liberaal marxistiese dosente en professore in ons eie universiteite en wat hulle in die studente se koppe prop.

Die wiel draai altyd al is dit stadig. Sal daar ‘n verandering ten beste kom; dit weet ons nie maar ons moet konstant probeer om ‘n beter lewe te skep en ons saak te stel.

PJ ·

Ai tog arme Jerry waarvan praat jy ? Jy kan mos nou nooit Afriforum onder dieselfde kam skeer as zuma lojaliste en die eff nie

Msp ·

Wonderlike werk Afri-form. Julle harde werk gee die witmense, wat glad nie deur die regering erken word nie, hoop. Baie dankie daarvoor. Afri-Form en Solidariteit is my insiens ons hoop in Suid Afrika, hulle praat nie net nie, hulle doen wat hulle se en ek is nie een oomblik spyt oor die geldjies wat ek in hulle bele nie. Dit help nie ons praat die heeltyd nie. Skenk aan die twee organisasies die vondse ek laat hulle namens ons die praatwerk doen. Ons kan ook iets doen en dit is ons kan hulle finansieel ondersteun en vir hulle in gebed intree.

PJC ·

Hierdie liberaliste dink ons eet alles wat CR nou sê vir soetkoek op. Ons geheuesis egter langer as dit en ons onthou alles wat hy al sedert die negentigs kwyt geraak het en daarom sal ons hom nie sommer goedsmoeds vertrou nie.

Jacobus ·

Ek dink dat Cyril Ramaphosa en kie het nou die hele Suid Afrikaanse Geheime Diens (SAGD) ontplooi om op Afriforum en sy ondersteuners te spioeneer.

Die SAGD het nie verniet so ‘n jaar of twee terug gevorderde onderskepping toerusting gekoop en inwerking gestel wat selfoon seine, internet en epos asook ander elektroniese toerusting se seine kan onderskep, ontleed, vertaal, berg, plek en rigting aandui asook aan wie dit geregistreer is asook kan aandui wie al die kontakte op jou elektroniese adres lyste is met wie jy korrespondeer.

Die van die toerusting kan in ‘n aktetas gedra word of vir die meer gevorderde stelsels is net ‘n minibus nodig om die toerusting in te vervoer vir gebruik.

Afriforum, Solidariteit, Maroela Media en ander gekoppelde organisasies word na my mening reeds afgeluister deur SAGD en dik leërs moet al bestaan met bewys en teiken lyste soos opgestel deur spioene ontplooi moontlik binne maar definitief buite die organisasies.

Wie onthou nog teën-insurgensie van hoe lede van die ANC gebruik is om die ANC te verswak, lesse was geleer en word nou teen ons gebruik. Die lesers sal weet van wie ek praat sonder om name te noem.

Lerato ·

Jacobus
My jinne. Hulle het nie al daai tegniese goed nodig nie. Hulle kan eenvoudig Maroela Media op hulle selfone lees.

Msp ·

Ek persoonlik dink ook die tyd het aangebreek dat witmense hulle harte moet oopmaak vir ander minderheidsgroepe wat soos ons voel. Meeste van die Kleurling en Indier bevolking voel nes die blankes. Ook is daar duisende swartes wat die eff as n nagmerry sien. Maar weer my siening.

FM ·

Volgens 95 % van die kommentare kan ons net vra: sluit ASB aan by Afriforum en sterk hul hande. GROOT ASSEBLIEF.

Jacobus ·

MM kan julle asb die internet skakel gee waar ons die onderhoud van Afriforum met Tucker Carlson van Fox News kan sien vir die van ons wat nie Fox News op TV/DSTV kry nie.

Het op die internet gekyk maar sien niks en sal graag daarna wil luister.

Hoop julle kan help.

Daan ·

Amelia ja dis waar maar daar is nog ‘n probleem, die regering laat duisende dalk miljoene afrika uitlanders in die land inkom en gee hulle duisende duisende poste in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.