AfriForum ondersoek stappe teen Mugabe

Robert Mugabe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

AfriForum het vandag aan die internasionale strafregkenner prof. Hennie Strydom opdrag gegee om ’n mening te skryf oor stappe wat die burgerregtewaghond kan doen om Robert Mugabe, Zimbabwe se president, by onder meer die internasionale strafhof van ’n misdaad teen die mensdom aan te kla.

Dít volg nadat pres. Mugabe luidens nuusberigte gister in Zimbabwe gesê het dat Zimbabwiërs wat wit boere gedurende dié land se grondhervormingsproses vermoor het nie vervolg sal word nie.

“AfriForum is van mening dat pres. Mugabe se optrede op ’n misdaad teen die mensdom neerkom,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê. “Die organisasie ondersoek tans verskeie opsies – onder meer om pres. Mugabe by die internasionale strafhof, die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sowel as die Afrika-unie aan te kla.”

AfriForum sal binnekort meer inligting oor dié aksies bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Boerseun ·

Ja nee, as die VN rerig om gegee het was hy al lankal aangekla.

Meatloaf ·

Afriforum doen deeglike werk, en dankie daarvoor. Maar, waarom tyd en energie spandeer op n land buite jul grense? Vat die manne daar by julle vas.

manuela ·

As Afriforum hier iets uitgerig kan kry, skep dit ‘n presedent vir soortgelyke sake wat hulle dan ook in ons land kan wen. Die regering gooi reeds ‘n blinde oog na plaasmoorde en Afriforum sien die gevaarligte helder brand.

Cherokee ·

Dit sou ook interessant wees indien die aanranding saak teen Mugabe se vrou fyn dopgehou word.

Ansie ·

Hy het maar gelyk of hy met sy een voet op ‘n piesangskil staan….

Melanie ·

Net my opinie hy dink hy is in engels untouchable nes Zuma.Hy moet vervolg word oor die moorde in Zimbabwe.

Bullseye ·

Ja wel ..hier is vervolging van diesulkes ook maar power prioriteit…

1+1 ·

Ons mag nie die kwaad en onreg maar gelate aanvaar nie, maar staan ons nie ook maar agter die deur nie? Wat gaan gebeur as apartheid ook as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar word. Watter heksejag gaan dit nie veroorsaak wat grond ens. aanbetref nie. Of maak ek ‘n denkfout?

1+1 ·

MAROERLA: Ek aanvaar dit heelhartig dat my suggestie ongemaklikheid kon veroorsaak het, Ek vra egter mooi dat julle asb my standpunt oor die saak aan Afriforum sal kommunikeer. Dit kan ‘n heksejag ontketen wat ons nie sal kan hanteer nie.

t ·

Waar kla jy die duiwel aan as die aanklagkantoor in die hel is?

Sputnik ·

Huh? Niks meer oor in Zim waarin die buiteland belangstel nie? Het julle al die konvooie vragmotors met koper onder seile toegemaak op die N1 deur Pretoria sien ry? Afkomstig van Zim (en waarskynlik ook Zambië).

Henk ·

Nee Sputnik, die koper kom meestal van Zambië en DRK. Zim het nie koper nie.

buo ·

Mense julle mis die punt as daar nie teen rob opgetree word nie spoel dit oor na SA.Die moordenaars word nie vervolg nie…dink net wat sal dit vir jou inhou,of jy in JHB bly of op n plaas jy boer,ons is dan in ons…

Swannie ·

Bob en Zuma is swaers !! (Zuma met Bob se suster getroud)

Wat in Zim gebeur sal defnitief ook in S.A gebeur (trouens dit gebeur alreeds)

Deon ·

Fantasties AfriForum! Maak so. Julle sal sukses behaal. En hu sal skuldig staan in absentia.

Maar dit sal ‘n duidelike sein en teken wees vir Zuma en Malema wat vir hulle wag as hulle ons Volk bly aanval. Hierdie is ‘n puik inisiatief en strategie!

CJ ·

Hierdie is krities belangrik. Dit skep ‘n president vir wat in Suid-Afrika kan gebeur. Mooi so, Afriforum!

Ada ·

Alle sukses Afriforum!!!
Ek wens julle sterkte toe.
Dankie vir alles

Ouma ·

Help ons oumense asseblief! Ek is ‘n ouma van in die 80. Die ding dat hulle sommer die plase gaan vat en aan die anderskleuriges verniet gee? Somiges van ons kinders betaal nog af aan die plase? Nou hoe nou? wie waar en hoenou?

Deon ·

My vraag aan Afriforum is hoekom doen julle dit met Mugabe en loods nie iets soortgelyks teen die regering aan bewind in Suid Afrika nie

SARIE VAN HEERDEN ·

SWANNIE. Is Mbeki en Mugabe se vrouens nie susters nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Terwyl julle nou besig is met ou Bob van Zim, hoekom nie sommer nou kortpad vat en ook na sy miesies kyk wat van buite af kom en na bewering een van onseie jongmense aangerand het met ‘n verlengingskoord. En as sy van buite ons landsgrense kom en van sulke dinge beskuldig word en dan NIE aangekla kan of word nie, wat van een van ons eie Mev Sparrow van Margate wat hewiglik beboet is omdat sy die B-bb—nwoord gebruik het. Of was die
A-p-? Mens weet deesdae nie meer of jy na jouself as wit kan verwys sonder dat jy aangekla word nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek wou bylas: As ons net ‘n WOORD gebruik wat hul nie aanstaan nie, word ons aangekla en gevonnigs maar ‘n siel buite ons grense kom NA BEWERING in ons land en misgedra hom NA BEWERING en kom MOONTLIK skotvry af daarmee. Waar is geregtigheid vir ons mense?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.