AfriForum ondersteun Nkandla-gemeenskap

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

AfriForum het Sondag gesê hy sal regsadvies inwin om ’n gemeenskap van Nkandla wat vergeefs op ’n skool wag, by te staan.

Dit volg nadat dié burgerregte-organisasie deur wanhopige ouers om hulp genader is. Hulle kinders het sedert die aanvang van die skooljaar steeds nie toegang tot onderrig nie, hoewel aan hulle onderneem is dat ’n skool vanjaar gereed sou wees.

Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, het dit met nadere ondersoek aan die lig gekom dat die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement al in 2006 die bou van die Khuba Sekondêre Skool goedgekeur het en dat die skool ook reeds geregistreer is, maar nooit in 2016 gebou is soos belowe nie.

“AfriForum het eerlik aan die ouers gesê dat ons nie kan help met die oprig van ’n skool nie, maar dat ons definitief die gemeenskap kan bystaan om vas te stel waarom die skool nie gebou is nie en druk op die departement uit te oefen om hulle beloftes na te kom,” het Bloem gesê.

“AfriForum het ʼn verduideliking van die departement geëis waarop hulle geantwoord het dat die gemeenskap nie groot genoeg is om die bou van ’n skool te regverdig nie. Hulle sê ook dat die amper 400 leerders reeds by ander omliggende skole ingeskryf is. Die probleem is egter dat al is die kinders dalk ingeskryf, is die skole in die omgewing nie toeganklik vir hulle nie. Daar word verwag dat van die kinders tot 10 km ver moet stap om by van die skole uit te kom en dan verder in klaskamers van 60-plus leerders onderrig moet ontvang. Dit is bloot onaanvaarbaar.”

AfriForum sal ’n regsmening namens die gemeenskap inwin oor wat hulle nou te doen staan en dan verder met die ouers beraadslaag.

Bloem het gesê dat daar baie maniere is waarop hierdie probleem oorkom kan word, soos om mobiele klaskamers op te rig, of gekombineerde grade in ’n kleiner skool te huisves. “Dit kom egter voor asof die onderwysdepartement geen begrip vir hierdie landelike gemeenskap se unieke omstandighede het nie. Hulle word nie bygestaan nie en kommunikasie tussen hulle en die departement laat veel te wense oor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

P Wessels ·

Julle kan arm mense help maar kan nie skelms agter trallies sit nie

Jade ·

Oh please, is dit dieselfde mense wat wittes en Afrikaans haat wat nou om hulp kom aanklop? Wie is die Nkandla gemeenskap? Julle moenie julleself so laat misbruik nie. Is hulle lede van AFRIFORUM of gebruik julle ONS ledegeld om hulle mee te help?? Ons Afrikaners wil nooit ‘n voetjie verkeerd sit nie en altyd so BEHULPSAAM wees, terwyl hulle juig as plase afbrand en boere vermoor word. Gee eerder aandag aand die PLAASMOORDE en hou op mense wat julle haat help met regsadvies. More vloek en skel hulle weer Afriforum as ‘n REGSE RASSISTIESE organisasies nadat julle hulle met alles gehelp het.

C ·

Hier wil ek net vir Afriforum n landie breek. Lees wat hulle sê: Afriformun KAN NIE vir hulle n skool bou nie maar kan uitvind en druk op die regering plaas…..Jy wat so kritiek lewer….is jy lId van AFRIFORUM? …. ek vra maar net.

Jade - ja ek is lid ·

JA C ek is nogals lid van AFRIFORUM en van SOLIDARITEIT, hulle moet OPHOU hulp verleen aan mense en organisasies wat openlik haatspraak teenoor wittes pleeg. Hou op KRUIP en doen wat julle moet doen vir die mense wat LEDE van julle is. Ek is al baie jare ‘n lid om jou vraag te beantwoord C, maar jy is NIE .. geen ledegelde, GEEN HULP, dis so maklik soos dit. Hulle het self oop kanale na die REGERING toe, hoekom moet AFRIFORUM nou hulle vuilwerk doen? Hoekom toyi toyi hulle nie of steek weer iets brand nie? Hulle kry nou verniet universiteitsopleiding agv daarvan. Ons ou wittetjies KRUIP alweer, tyd dat ek my debietorder staak. GENOEG!

lw ·

Afrforum is regoor SA. Dit moet juis n verleentheid wees vir Zuma dat Afriforum (wie as rassisties uitgekryt word) genader is oor die skool. En die mense het meer vertroue in Afriforum as hul president. Dit help as mens goeie verhoudinge bou.

Rof ·

Die geld vir die skool isin Zuma se standbeeld in………hoe tragies dat niemand anders saak maak in hulle oe nie, nie eers hul eie nasie nie, al die geld v d belasting betalers word op die” hoe” gepepel spandeer. Het iemand aan die SASSA aandag gegee, nee want hulle is maar n las, Sal eerder die arm mense se geld in Zuma beeld stort

Rudolph van Wyk ·

Mooi so Afriforum!
Wys die wêreld ons gee om vir al die mense wat deur hulle regering ondertrap word.
Slegs met die goeie kan die kwaad oorwin word.

Hermien Visser ·

Jade, ek dink dis ‘n skande dat jy so veralgemeen. Almal haat nie mekaar nie. Ons kan mekaar maar help in hierdie land, dan sal dit beter met ALMAL gaan.

Jem ·

Dankie Agri-Forum. Wat sal tog van die toekoms van die land word as julle nie uit help nie. Sommige party dink net om meer in hulle eie sakkie te stop. Dit is skandelik want die “Fat Cats” eet al die geld. Ek is so siek en sat van al die bedroom en korrupsie. Die armes word net armer.

MCS ·

Pleks staan Agriforum liewer die ANC by om die oneindige probleme in Witbank( Mpumalanga) uit tesort. Dalk kan hulle help om die ANC Stadsraad se skuld by Eskom tedelg en tehelp dat onskuldige wet gehoorsame inwoners daagliks die straf moet dra vir n korupte minisipaliteit. Die infrastraktuur van die dorp is besig om inmekaar teval en niemand gee n duiwel om. Ons is daagliks sonder water, die dorp lyk soos n oerwoud want gras word nooit gesny om die sypaadjies , substasies in die buurte hang oop wat gevaar in hou vir inwoners en skelms gebruik dit as n wapen en sit mense se krag nou af om in hul doel teslaag en so kan ek aangaan. O ja en die gate in die paaie waarin n kar kan wegsink. Besighede gaan moet toe maak wat sal bydra tot werkloosheid. Witbank is n stad wat aan duisende mense n lewe moet bied wat in en om n stad werk wat werk verskaf aan menigdes. Geen mens verdien om so teleef. Agriforum ek daag jul uit om tekom kyk hoe moet ons daagliks leef om tesurvive .

dr. Sakkie van der Merwe ·

Sal graag wil sien watter arm Blanke kinders gehelp word met skoolgeld en skoolklere waar hul saam met hul ouer in plakkerskampe leef.

Rynhardt ·

Stem saam met jou dr.Sakkie van der Merwe.Afriforum, wanneer gaan jul die blankes help in plakkerskampe vir wie niemand iets doen nie.Die Anc, DA en EFF weier om hierdie mense te help.Julle by Afriforum gaan help die Anc se ondersteuners.Ek gaan dit weer se, die geskiedenis het gewys dat organisasies is rustekers van die Afrikaners!!

Johann Barnard ·

Stuur hulle hel toe soos hulle ons hel toe stuur,betaal eerder my 2 kinders se skoolgeld want ek kan dit ook nie bekostig nie!!!

Anoniem ·

Mense, kalmeer. Afriforum gaan nie ‘n skool bou, of skoolgeld en skoolklere skenk nie. Lees die artikel mooi. Hulle onderneem wel om te probeer uitvind hoekom die skool nie gebou is soos belowe nie, en druk op die department uitoefen om hul beloftes na te kom. Dink ‘n bietjie verder – hoe gaan dit vir die plaaslike bevolking lyk as hulle probleme op Nkandla se voorstoep geignoreer word, maar as ‘n blanke organisasie soos Afriforum hulle probeer help? Dit help hulle dalk om in 2019 ‘n beter stem uit te bring. So ook vir ander swartes wat daarvan te hore kom. As die ANC in 2019 uitgestem word, sal die hele Suid-Afrika daarby baat.

MH ·

Anoniem, Dankie vir jou nugter kommentaar temidde van al die waansin.

Asmain ·

Jammer om te se maar jy leef in n droomwereld Anoniem! Met die volgende verkiesing het hulle steeds nie n skool /lopende water of ander basiese geriewe nie maar hulle sal weer ANC stem!

Opinie ·

Die argument is: Hoekom moet Afriforum enigsins aandag gee aan hulle? Wie het met die hele storie koerante toe gehardloop? En hoekom? Het iemand by Afriforum besluit, wow, iemand anders soek ook ons hulp kom ons hulp en laat almal weet daarvan? Om wat te bereik? .n ‘groter’ prentjie? Dis nie julle geld nie Afriforum. Dis julle lede se geld. Ons almal betaal belasting vir oa om skole te bou.

abc ·

ai tog,lyk my die wrede plaas aanvalle,haat vir ons mense ens doen niks aan die liberales se siening nie,dis oor julle waar ons sit waar ons is,regsmenings en druk plaas op die regering kos geld,dis wat almal bedoel Hermien,Rudolph en C

Tammy ·

Jammer ek is so kwaad dat ek vergeet het om by my vorige kommentaar te se dat ons mense weens kleur ook nie werk mag kry nie, maar AfriForum steek hande uit om hulle te help. Nee nee, nee ek is histeries kwaad!!!!!!!!!!!!!

MH ·

Ongelooflike negatiewe afbrekende kritiek wanneer iemand ander mense wil help. Waar is julle empatie met ander mense wat swaarkry afgesien van hulle ras, geloof of politieke oortuigings?

Beyers ·

Saam met die bloed teen die mure van plaashuise . dit is waar ons EMPATIE is!

Anne ·

Hoekom moet dit ALTYD net van ons kant af kom ?? Dit werk mos altwee kante toe.

abc ·

MH, ek hoop regtig n klomp van julle speel duiwels advokaat want regtig waar

Arie ·

As die anc nie vir sy mense kan sorg nie waarom moet ons? Hulle sal hulle dank betuig deur mog n paar plaasmoorde te reël

Wern ·

Mooi so Afriforum. Mense, onthou ons word as rassiste afgemaak deur die populere media. Hierdie is n bewys dat ons nie is nie, glo my, dit is n goeie ding wat Afriforum doen.

Pietser ·

Ek het vanoggend ‘n interessante ding gehoor. Groenewald van die VF+ het by implikasie regstellende aksie en BEE goedgekeur, ek het altyd gedink hulle was heeltemal daarteen gekant. Op ‘n vraag of regstellende aksie en BEE nodig is om die ongelykhede van die verlede aan te spreek, het hy geantwoord dat daar ‘n afsnydatum moet wees (m.a.w hy aanvaar dit by implikasie maar dat dit slegs vir ‘n spesifieke tyd moet geld). Hoe verskil dit van die DA se standpunt?

Anoniem ·

Gelukkig het Afriforum dit besluit net voor ek bank toe wou gaan om my bydrae te verhoog. Ek sorg nie vir Nkandla nie. Hul kon liewer aksies teen die president begin het om vir sy Nkandla gemeenskap te sorg. Jammer Afriforum, jul verloor nou my paar sente.

Alida ·

Ag mense lees ASB die artikel sorgvuldig deur voor julle so te kere gaan. Die opskrif van die artikel is bietjie verwarrend maar lees dit dan sal julle verstaan. Geen hulp gaan verleen word nie slegs onder die regering se aandag gebring word. Afriforum doen wonderlike werk. Ons weet nie eers van alles wat hulle doen nie.

Pietser ·

Natuurlik verleen hulle hulp. Hulle gaan nog help met regsaksies ook gefinansier deur hulle eie lede.

PvZ ·

Eintlik is dit briljant. Afriforum gaan net ‘n regsmening inwin. Nie die skool bou nie. Ook nie hof toe gaan nie. Maar wat wel nou gebeur, op ‘n baie “goedkoop” manier gee jy ou Zuma ‘n klap. Onthou, eendag, as die ergste gebeur, hardloop almal vir die morele hoë grond. Nou is daar ‘n “dictator” wat sy eie paleis bou. Op die podium skreeu hy hoe aaklig wit mense is, dit terwyl daardie selfde “white monopoly capital” baklei vir ‘n skool in sy agterplaas. Ons Afrikaners kan dalk ‘n bosoorlog wen, maar ons is vrek dom as dit kom by politiese strategie. Vra maar vir Roelf Meyer….

Anoniem ·

Na aanleiding van al die plaasaanvalle en blanke swaarkry in die land kan ek verstaan hoekom die mense se emosies so hoog loop. Tog, as ek bietjie dink oor die saak, kan ek nie anders as om 100% met jou saam te stem nie.

katryn ·

van skooldae af het ons geleer om goed te wees vir ander – dis tog die basis van Christenskap (draai die ander wang, ens). Op skool kon ons sendingwerk doen in Malawië, geld insamel om Bybels te laat vertaal (sien nou juis ander berig oor Bybels vir Rusland), help huise bou in Vulindlela, noem dit op. Ja, ek deesdae pas ek ‘charity begins at home’ toe, en dis nie noodwendig reg nie – ons moet juis uitgaan en Sy goedheid uitdra na die wêreld. Afriforum is reg om te help waar hulp gevra word. Ek sê nie ons moet gaan lê nie, en ek sal nog steeds net die ‘naaste’ aan my help omdat ek kwaad is vir die wat ‘verder weg’ is. Maar Afriforum is reg… en dalk eendag word dit terugbetaal…

Blinde mol ·

Ja soos in Zimbabwe, al die wittes is terugbetaal vir die GOEIE werk wat hulle al die jare vir Mugabe en sy regerende party gedoen het. Hulle is inderdaad GOED terugbetaal. Shame, kan nie glo mense is nog so blind nie. Daar is tog seker ook uit die MEERDERHEIDSGELEDERE Christene terwyl jy nou so op geloof aanspraak maak? Hoekom help die RYK MEERDERHEID Christene nie die meerderheid wat so SUKKEL nie of is dit net die blanke Christene wat moet help?

hans ·

Baie trots op AFRI ,dis mos hoe kinders van Here optree.As alle organisasies hierdie tipe denke kan he dan sal SA n beter plek vir almal wees.

Buurman ·

Afriforum moet dalk lig trap hier om nie die deur oop te maak as daar gepraat word nie. dalk n lokval.

AL ·

Waarom Afriforum kruisig omdat pns almal woedend en magteloos is teen die bloed op die plaashuismure! Ek glo werklik hul sal agter die skerms werk om oplossings te soek – inderwaarheid gee Afriforum vir Zuma n dwarsklap deur die gemeenskap slegs regsadvies by te staan. Waar is julle nugtere logika?

Bytjie ·

Ag Zuma lees nie die Beeld nie, want hy haat Afrikaans, so dit pla hom werklik nie of Afriforum help of nie. Dit sal hom eintlik beter pas as hulle help, dan kan hy nog ‘n jacuzzi of sauna by Nkandla insit met die geld wat vir die skole begroot is. Hy sal sy eie maag vet sit en smeer terwyl die honger kindertjies in Nkandla rondloop en geen skole het nie. Dink julle regtig hy gee om vir enigiets of enigiemand behalwe sy STANDBEELD?

Anoniem ·

Bytjie, jy is reg. Zuma voel ‘n veer vir blankes. Die doel is egter nie om Zuma se ingesteldheid te verander nie, maar om swartmense se oë oop te maak dat Zuma vir hulle ook ‘n veer voel. As swartmense kan raaksien Zuma gee net om vir Zuma, sal hulle nie weer sy mooipraaitjies en leë beloftes glo nie, en hopelik ‘n beter stem uitbring in 2019.

Anoniem ·

Solank as wat ons hierdie as ‘n suiwer swart/wit saak sien, gaan elkeen sy eie stryd stry en nie veel vorder nie. Ons sal moet hande vat om te kan vorder. Kyk asb verby kleur en sien mense se HARTE raak. Dis nie te sê as jy ‘n wit vel het, dan is jy ‘n goeie mens nie. Dis nie te sê as jy ‘n swart vel het, is jy boos nie. Jy kry slegte witmense ook, net soos wat jy goeie swartmense kry.

Reverend Kenneth Meshoe MP, die ACDP se President post op 15 Feb 2017 op die ACDP se facebook blad: “ACDP calls for restoration of commandos in wake of farm killing. ACDP condemns the spate of killings that have been taking place on South African farms. We share in the shock and concern of the farming community after learning of the murders of four family members on Modderbult farms…. targeting food producers is tantamount to targeting the livelihood of our nation. The ACDP further calls for the restoration of farmer-commandos or rural security forces to increase the presence of security on farms and smallholdings as we believe that current security measures are insufficient.”

John ·

Ja, daar is baie maniere om ‘n bang kat te slag. En so val ons elke keer vir dieselfde grap…

abc ·

waar is julle s’n AL. Het julle nie geleer uit die geskiedenis nie, voer hom en hy byt jou. Dink julle regtig dit wat Afriforum wil doen sal hulle koppe swaai,word groot en besef die realiteit, hulle lag vir ons.

AL ·

Dit weet ek, maar partykeer is daar n fyn lyn waar n mens wel n postiewe reaksie kan kry uit n ongewone oord. Afriforum gaan n greintjie naastediens doen nie n skool bou of n donasie gee nie. Het Afriforum sy rug op hul gedraai sou hulle hom net as rassis uitgeskel het. Soms moet mens slim dink en reageer om n beter uitkoms te kry.

johan ·

Dink ENIGE iemand dat die “gawamint” hulle aan afriforum sal steur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.