AfriForum oorhandig ‘Kill the Boer’-boek aan Ramaphosa

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum (Skermgreep uit die video)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n eksemplaar van die boek Kill the Boer per hand by die kantoor van president Cyril Ramaphosa afgelewer, ten einde die kernargumente vir die prioritisering van plaasmoorde onder sy persoonlike aandag te bring.

’n Ope brief aan die president in videoformaat is ook vandag op YouTube gepubliseer, waarin Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum en outeur van dié boek, sekere dele van die boek voorlees om die kernargumente uit te lig.

Roets verduidelik hierdie stap volg nadat Ramaphosa op 26 September vanjaar in New York ontken het dat daar so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is. Ramaphosa het ook verlede week in die parlement probeer om sy stellings te verduidelik en te regverdig. Ramaphosa het in dié verduideliking bloot syfers aangehaal om aan te voer dat plaasmoorde slegs ’n klein komponent van die totale aantal moorde in Suid-Afrika uitmaak.

“Dit is duidelik vanuit u verklaring, wat klaarblyklik deur u raadgewers geskryf is, dat dié raadgewers nie die volle omvang van die krisis begryp nie,” sê Roets in die video aan die president, voordat hy die tersaaklike dele uit die boek begin voorlees. “Om oor die statistieke te debatteer – soos u probeer doen – is goed en wel. Dit beslaan egter ’n klein deel van die volle omvang van die krisis en slegs ’n kwart van die argument oor waarom plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad beskou moet word.

“Die punt is, weer eens, dat plaasaanvalle en plaasmoorde ’n unieke misdaad met verreikende gevolge behels en ’n teenstrategie regverdig. U ontkenning van die omvang van die krisis impliseer dat u nog nie die eerste stappe gedoen het om die krisis op te los nie, naamlik om te erken dat daar wel ’n krisis is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

leser ·

dink afri-forum vir een oomblik dat “stir-all” die boek sal lees, wat nog daardeur blaai

Vreemd ·

Nee. Afriforum weet ook dat Cyril in is op die “cleansing” projek voor hy kan nationaliseer. Hulle doen dit om bewustheid te skep onder die slaapendes.

Andrea ·

Ag my mense, al lees hy die boek, dink jul dat hy WERKLIK n duit omgee? Dink julle hy weet nie dat blanke boere vermoor word nie? Hy weet, hy gee nie om nie. Ek sou meer wou sê, maar dan word my kommentaar nie geplaas nie.

RG ·

CR het deur sy uitlatings in NY en aan Bloomberg TV, ‘n magdom mense wêreldwyd bereik wat nou glo dat daar geen plaasmoorde plaasvind nie en dat dit buite verband geruk word deur Afriforum. Dit was sy doel en hy het geslaag. Al erken hy dit nou plaaslik, kan dit nie die skade en persepsie van die wêreld oor Afriforum en plaasmoorde verander nie. Afriforum sal dalk meer bereik om die boek aan Mike Pompeo te oorhandig.

Mike Olwagen ·

Ek stem en ook vir daai “hanskakie” Pieter Du Toit wat vir sy tjommie Cyril in die bres wou tree.

Tannies Teresa May en Angela Merckel en “Meneer vir fotos poseer met dwelmsmokkelaars” Macron moet ook miskien elk ook ‘n kopie kry.

B-man ·

Maak nie saak wat hy dink nie, hy bly die ANC se marionet. Ons behoort vir almal te bid.

Jan ·

Ramaphosa gee nie n flenter om vir witmense nie. Ons is n doring in sy vlees.

Alida ·

Hy is glibberig soos n paling. Praat hom vinnig uit sy gelieg uit.

GP ·

Dankie Afriforum dan julle aanhou baklei vir ons ten spyte van mense wat altyd negatiewe kritiek gee. Het die boek self gelees. Baie goed geskryf. Seker hierdie aksie sal help goeie resultate lewer. Klomp tree in die regte rigting.

Riaan ·

Ernst!! Dankie vir al jou harde werk. Jy is n yster.
Maar CR gaan die titel van jou boek sien as n opdrag.

Corné ·

Stem. Tyd dat boere hulself en eiendom begin beskerm EN ten alle tye bewapen wees wat hul wéét hoe om te gebruik. Bring kommando’s terug, radio’s, dink aan elke moontlike scenario wat mag gebeur bv word ingewag by plaashek, word ingewag na kerk in huis, word aangeval in huis ens en strategiese beskermings beplanning doen.

Wolf ·

Ramaphosa kan nie n “magic wand” swaai en alles is soos die minderheid “slimmes” dit wil he nie. Ja ek en almal weet daar is baie dinge verkeerd in die land. Maar, gee die man n kans hy het alreeds baie bereik. Genade, het julle nou ondiere geword en tot die anc se vlak gedaal? Gee eerder goeie raad, en hou op om te oordeel, hou moed dit gaan al beter.

Mike Olwagen ·

Wat het hy bereik, biljoen gemaak met BEE transaksies????
Wat is ‘BEE…’n blote finansieringstransaksie ie. geld leen by die bank om aandele te koop.

Dis nie entrepeneurskap nie ek kan jou verseker. Hoeveel werksgeleenthede het Shanduka geskep…..NUL

Ag nee ons moenie krediet gee waar krediet gee nie geregverdig is nie.

Dries du Toit ·

Jaaaaa Chris. De Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels is die mense wat daai boek moet lees. Maar bygese glo ek dit sal hulle minder pla as wat dit vir Ceril sal pla

Hannes ·

Het Afriforum al die boek oorhandig/ gestuur na Donald Trump, Theresa May, Angela Merkel, China, Rusland, Brasilie en Australie se presidente?

Mike Olwagen ·

Ook predidente van Belgie, Nederland en VERAL die VSA Demokrate . Die demokrate swaai mos nou weer septer met oor die 100 vroue in die kongres. Baie van hulle is moeders and eggenotes. Is hulle almal so hard, ongenaakbaar en haatdraend soos tante Hillary hulle rolmodel?

christa ·

Wolf dink jy nie CR het genoeg tyd gehad om hom te bewys nie? instede nie te lieg nie, spesialiseer hy egter daarin om die land te verdeel met sy seining en leuens. Hy is skatryk, het niks om te verloor nie maar wil ook nie sy eiendom vir iemand anders afstaan nie. Sy seun het geld ontvang en sal nie verbaas wees as hy ook ontvang het nie.

En nou? ·

Ten minste kan dié president lees, maar ek twyfel of hy vanaand in die bed gaan klim met hierdie nommertjie!

Anti-Ramaphosa ·

Daar is NIEMAND sò blind èn doof soos onse Prezi nie. Natuurlik het hy gelieg. Intussen was daar ALWEER hele paar plaasaanvalle EN moorde gepleeg. Kry hy nie skaam om so te lieg nie? die wiel gaan draai – watch this space! ek kannie WAG vir daardie dag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.