AfriForum oorweeg regstappe na studente Afrikaanse vraestelle geweier word

eksamenDie burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg regstappe teen die Kaapse Universiteit van Tegnologie se Landboukampus, nadat studente glo geweier is om hulle eksamenvraestelle in Afrikaans te ontvang en te beantwoord.

Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte, verduidelik dat die studente al drie jaar lank besig is met hulle kursus in Afrikaans.

“Nou, in hulle finale eksamens, word daar geweier dat hulle in Afrikaans eksamen skryf. Verder is die studente ongelukkig daaroor dat hulle nie vroegtydig oor die verandering in kennis gestel is nie.

Hulle meen ook dat dit hulle prestasie in die onderskeie vakke gaan beïnvloed omdat hulle gewoond is daaraan om in Afrikaans te studeer en eksamens af te lê. Hulle beklemtoon dat hulle hulself nie so goed kan uitdruk in ʼn tweede taal nie.”

Die studente en AfriForum het ʼn skrywe aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie se visiekanselier, dr. Prins Nevhutalu, gestuur waarin ʼn verduideliking vir die besluit versoek word en waarin die studente se reg om hulle eksamens in Afrikaans te kan aflê, verdedig word.

“Indien daar nie binnekort terugvoer ontvang word nie, laat dit AfriForum en die studente met geen ander keuse as om regstappe teen die universiteit te neem nie,” sê Bloem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Myburgh ·

Net oor hulle NIE Afrikaans kan lees EN VERSTAAN NOU moet die studente daaronder lei.So is daar WEEREENS DISKRIMINASIE TEEN DIE WAT AFRIKAANS WIL PRAAT,LEES EN SKRYF, LOS ONS UIT

Eben ·

dr. Prins Nevhutalu …. maak seker dat dit n regte egte ‘dr’ is.

Grassie ·

Die stryd teen Afrikaans is besig om drasties in felheid toe te neem – en nie net van owerheidsweë alleen nie, maar ook deur van ons eie mense. Selfs daardie dominie wat Sondagoggende so mooi op Kyknet preek gooi kort-kort so ‘n paar Engelse woorde by. Baie het hul trotsheid op Afrikaans verloor. Ek wil saam met Pieter Myburgh hierbo stem – as hulle nie respek vir ons taal het nie, los ons uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.