AfriForum oorweeg regstappe oor e-posse vir onteiening

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: AfriForum)

AfriForum het sy regspan vandag opdrag gegee om ondersoek in te stel nadat verskeie mense die organisasie ingelig het dat hul e-posse aan die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, versper word.

AfriForum het ook die parlement se besluit om die tydperk vir skriftelike voorleggings tot einde Februarie te verleng, verwelkom. “Die organisasie sal nie net met sy veldtog in hierdie verband voortgaan nie, maar ook verdere regstappe oorweeg weens verskeie gebreke in die proses,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

AfriForum het reeds in 2018 aansoek om ’n hofbevel gedoen dat die grondwetlike hersieningskomitee se verslag – wat aanbeveel dat die Grondwet gewysig moet word – tersyde gestel word weens verskeie ongerymdhede met die opstel van dié verslag. Hierdie aansoek behoort later vanjaar voor die hof te dien.

Roets sê AfriForum se veldtog teen onteiening sonder vergoeding sal binne en buite Suid-Afrika voortgaan. “As die regering nie die vermoë het om die publiek se insette sonder onreëlmatighede in te samel nie, kan ons nou al weet die proses om grond sonder vergoeding te onteien, sal ook met onreëlmatighede deurspek wees,” sê Roets.

AfriForum doen ’n beroep op lede van die publiek wie se skrywe aan die parlement versper is, om hulle inligting aan AfriForum na [email protected] te stuur.

AfriForum moedig mense ook aan om die petisie teen onteiening te teken by www.onteiening.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eragrostis ·

Ek het sopas probeer om my e-pos na die Ad-Hoc komitee by die parlement te stuur, maar ook sonder sukses.

Jan ·

Ag wat n mors van tyd en geld so asof dit nou n verskil sal maak afriforum se hofsake maak net sekere prokureurs ryk dis al..

Mieke ·

Jan, ek dink die regering stel eenvoudig nie daarin belang om na ons besware te luister nie. Hulle wil net een ding deurdruk, maak nie saak hoe nie. Ons stemme tel lankal nie meer nie… Hulle wil eenvoudig alles hê of hulle vat dit net.

Anoniem ·

Jan as almal dink soos jy dan sal ons als verloor. Raak eerder betrokke .

Cobus ·

Die hele besigheid met onteiening is politics net soos om die blanke mans uit die industrie te kry…omgekeerde apartheid…sterkte Afrforum

Anoniem ·

Afriforum moet eerder n opname maak van hoeveel mense is bereid om te veg vir hul grond en regte of hoeveel is bereid om die land te verlaat sodat hierdie regering kan sien dat ellende wag op hulle. Jy vat die mense se grond dan is dit net so goed jy vat hul lewe,en om daardie rede gaan niemand myne vat sonder n geveg hetsy met die wet of met die roer.

Magda ·

Jan met so n attitude = kan jy net sowel opgee – Ongelukkig moet ons vir alles wat almal wil he hard baklei daarvoor, en ja daar is mense wat ryk word daaruit, dis maar die loop vd lewe. Baklei sal ek saal jy???

Lisam ·

Ek het sopas by die petisie aangesluit. Ons land is gedoem as dit plaasvind! en glo my hul gaan nie vir die armoedige plase/grond gaan nie, maar die suksesvolle plase, en ryk buurte. Ek kan net nie verstaan hoe die mentaliteit tot hier gekom het nie. vat vat en vat net… GEEN land wat grondhervorming geimplimenteer het het sukses behaal nie. en ons korrupte ANC het definitief ‘n verskuilde agende as dit kom by grond hervorming die dat hul nie wil he die howe mag ‘n se he nie, en die publiek se eposse geblok word.

JC ·

Da is nie meer keer aan die anargie en die land se vervalling nie…dis te laat….ek kry die afrikaner kinders bitter jammer…….nie meer lank, dan lees jy net van ‘n volk wat afrikaans en trots was, sal dalk ietsie sien in ‘n museum….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.