AfriForum oorweeg regstappe oor onteiening sonder vergoeding

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die burgerregtewaghond AfriForum het die parlement skriftelik in kennis gestel dat die organisasie met sy regspan sal konsulteer rakende die opsie om die proses, wat behels dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word ten einde die staat te bemagtig om eiendom sonder vergoeding te onteien, as onwettig te verklaar.

Dít volg nadat die parlementêre komitee wat saamgestel is met die doel om die Grondwet te hersien se pogings om oor die wysiging van artikel 25 met die publiek te konsulteer, reeds verskeie prosedurele krisisse moes trotseer.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aangedui dat dit reeds vir AfriForum blyk dat die proses om die publiek se insette te kry van meet af gemanipuleer word om ’n uitkoms te bereik wat die regerende party se standpunt sal ondersteun.

Roets het verduidelik slegs met betrekking tot die openbare verhore wat vir hierdie doel gereël word en wat reeds oor twee weke moet afskop, het AfriForum reeds tien potensiële prosedurele onreëlmatighede geïdentifiseer wat ’n wesenlike impak op die uitkoms van die proses kan hê. Die tien punte is soos volg:

1. Talle van die plekke waar hierdie openbare verhore gaan plaasvind is steeds nie aan die publiek bekend nie.
2. Die tye wanneer hierdie openbare verhore moet begin is nie bekend nie.
3. Die agenda wat by hierdie openbare verhore gevolg moet word, is steeds nie bekend nie.
4. Teenstrydige lyste met verskillende datums en plekke vir hierdie openbare verhore is deur die komitee gepubliseer.
5. Dit is duidelik dat die plekke wat gekies is waar hierdie openbare verhore moet plaasvind meestal in wyke geleë is waar die regerende party meer steun geniet.
6. Te min openbare verhore word gereël, wat ’n beduidende gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking sal uitsluit.
7. Die openbare verhore word gereël binne die omgewing van slegs ’n klein gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking.
8. Geen sekuriteitsreëlings rakende hierdie openbare verhore is getref of openbaar gemaak nie.
9. Groot metropolitaanse gebiede is van die proses uitgesluit omdat geen openbare verhore daar sal plaasvind nie.
10. Dit wil voorkom asof geen tot baie min bemarking gedoen is om die publiek van hierdie openbare verhore in te lig, ten spyte van die feit dat daar bitter min tyd oor is tussen die formulering van hierdie skrywe en die eerste openbare verhoor, wat geskeduleer is om op 26 Junie 2018 plaas te vind.

AfriForum het ’n beroep op die parlementêre komitee gedoen om hierdie kwessies dringend aan te pak. Die organisasie het ook te kenne gegee dat hoewel hy sy regte in hierdie verband voorbehou, hy steeds aan die openbaredeelnameprosesse sal deelneem met die oog om belangrike feite met betrekking tot onteiening sonder vergoeding op die tafel te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Daar is reeds n besluit geneem om produktiewe grond te onteien. Die sogenaamde openbare menings en vergaderings is maar net n poging om die buiteland heuning om die mond te smeer.

jaco ·

die wit boere in Zimbabwe het ook sulke regsaksie probeer. eers het hulle al hulle sake gewen en is die grondhervorming en plaasbesettings deur die howe uitgewys as ongrondwetlik. So toe dank Mugabe eenvoudig daardie regters af en stel regters aan wat voorgesê word dat hulle uitsprake altyd in lyn met regeringsbeleid moet wees.
Regters in SA werk vir die Dept van Justisie. Dept van Justisie is deel van “die Staat” en “die Staat” word deur die ANC beheer. So watter regter gaan nou ‘n uitspraak ten gunste van Afriforum lewer, as hy weet hy is daarna gemerk en later sy werk kwyt?
ons regstelsel is reeds anti-wit: plaasaanvalle en moorde word beskou as “ag dis maar net gewone misdaad” en as n wit boer durf waag om n plaasaanvaller te vang, raak te skiet of dood te skiet, is daar dadelik beskuldigings van rassisme en moord. selfverdediging word nie in ag geneem nie.
Hofuitsprake in ander hofsake waar wit mense ten regte of ten onregte in die beskuldigdebank is, word alreeds “gelaai” met swaarder strawwe as normaal. rassisme kry nie meer net ‘n boete nie; dis sommer dadelik 2 jaar tronkstraf.

Joshua ·

Afriforum, kry dit in jul koppe, net EEN ding gaan werk; SELFBESKIKKING- al vat dit wat ook al. Begin te werk daaraan.

Selfbeskikking ·

Al meer mense gaan besef ons het twee keuses, of vlug of selfbeskikking. Baie van ons kan nie emmigreer nie so ons het nie meer n keuse as om vir selfbeskikking te onderhandel nie. Die land gaan verseker sink, en ons moet afstig gou.

Ditsem ·

Joshua en Selfbeskikking: julle is baie gelukkig dat julle kommentare wel hier verskyn. Ek kry die gevoel dat elke keer dat ek iets soos dit (en die feit dat hulle my hardverdiende geld spandeer op onbenullige regsake teen politici ensomeer wat met niks meer as ‘n tik oor die vinger afkom nie – geen waarde vir my en my kinders se toekoms in hierdie land nie); dan kry ek die gevoel dat ek gemuilband word. Ek sien bloot nie daardie kommentaar nie. Ek is maar seker soos ‘n donkie, want ek wil tog glo dat ek ‘n bydra maak tot my volk en my kinders se toekoms. Maar deesdae is ek nie meer so seker nie…Afrikanerbroederbond, much? Ek gaan dalk maar Afriforum en Solidariteit se bydraes in ‘n noodspaarrekening begin werp vir veg-of-vlug.

Joh. 3:16 ·

@Ditsim: jy spreek my gevoel. Ek het net gister al my debuut orders eers gestop. Ek is diep teleurgesteld met wapen wet, waar ek my eiendom verloor sonder vergoeding. Ek voel die organisasies hou my geld en vir my eintlik slawe van die konstutiesie. Hierdie was die afgelope jare met my geld slegs ‘n gepaaiery…

Selfbeskikking ·

Ek voel ook my waarskuwings dat selfbeskikking ons enigste uitweg is word nie aan gehoor gegee nie maar dalk doen dit, en afriforum doen wel baie belangrike werk al lyk dit asof politici nie hul daaraan steur nue doen hulle tog, dit dra sterk by tot die burgerlike stektheid wat ons darm nog in SA het. Moet nie ophou om afriforum te ondersteun nie asb, ons moet nou saam staan.

Donald ·

Roets se taak om sy meesters te voltooi is om selfbeskiking te bewerkstellig sonder om heeltemal te ontrek na n spesifike geografiese area Ek glo dit spreek na watse vooruitsigte hul ywer.

Vaas du plessis ·

Sodra jy begin onderhandel het jy reeds 50% van jou regte afgestaan . Dus geen onderhandeling net aanspraak

Vryheid ·

Ongelukkig is die skrif teen die muur. Armoede, werkloosheid en ekonomiese ineenstorting is alreeds hier, ons staan nou voor die afgrond

Selfbeskikking ·

Daarom moet ons nou desparaat vir selfbeskikking onderhandel, daar is regtig geen ander hoop nie, anders verloor ons als.

Fritz ·

Stem. Die tekens is alreeds daar. Ek dink egter ons het veel minder tyd oor as wat ons dink. Die verkiesing volg jaar gaan die waterskeiding wees. Die regering maak “beloftes” van grond, en die massas interpreteer dit verkeerd. Indien hul na verkiesing nie kry wat hul dink hul toekom, gaan die land brand. Ons sien reeds dat die staat beheer verloor het en groepe wat verwoesting saai nie kan beheer.

Vraag is: gaan ons agteroor sit en met die broek op die knieë gevang word, of gaan ons begin planne beraam om ons voortbestaan te verseker?

Die tyd het gekom om te kies.

FM ·

Afriforum probeer ten minste. Om hul hande te sterk: sluit aan groot ASSEBLIEF. Kom ons sterk hul hande. Wie anders sal ons help. Afriforum het die kundigheid. ASB. Ek is n trotse Afriforumlid.

Christa M ·

Dankie dat julle probeer, Afriforum. Of dit net n kwessie van “uitstel” van die onvermydelike is, sal slegs die tyd ons kan leer…

Bekommerde ·

Ek is bang vir’n burgeroorlog – hoe lank gaan die mense nog druk hanteer ………….Iemand gaan kop verloor – Iemand het al kop verloor ………….

Johan H. ·

Lankal al n lid! Wil net graag weet van die vuurwapenstorie, Moet ons ons wapens nou gaan inhandig wat verval het of wag ons nou vir n ordentlike,regsdenkende uitspraak oor amnestei of wat. Enig regte geleerde ASB!

Cherokee ·

Ek is geen ‘werklik regsgeleerde’nie maar vra waarom jy dit toegelaat het. Toe die dinge wet geword het, het ek Pieter Groenewald gebel en ons het lank daaroor gesels. Die uiteinde was, doen dit vir veiligheid. Ek verstaan nie waarom julle dit nie gedoen het nie.
Ek ondersteun al die redenasies soos byvoorbeeld dat jou kar nie terug gevat kan word as die lisensie verval het nie. Die maklikste en eenvoudigste was steeds om dit bloot te doen.

Willem ·

My probleem met CR is dat sy oplossing, deur die swart mense op te hef, is om blankes te misbruik, te vertrap. Soos met grondhervorming soek hy die antwoorde by diegene van wie hy dreig om die grond af te vat, ‘n rewolwer voor die kop. Hy is soos die wolf wat wolke om jou opblaas om reaksie uit jou te kry, want antwoorde het hyself nie.

Die antwoord is dat as hulle toenterjare, ipv om die mense na die ‘welvarende’ gebiede toe te lok, daar neffens hul eie ‘n plakkerskamp op te sit en moggetroffe hoop om te oorleef, vir hulle in daardie gebiede waarvandaan hulle gekom het, uitkomste te bied. Soos om daardie gebiede se mense te ontwikkel, beleggings te trek, entrepreneurs, dat die mense daar vir hulle besighede opsit, boer, werskaf, toerisme, maar nee, die maklike uitweg is gekies, en kyk waarmee sit die land vandag opgeskeep.

Met wetgewing het hulle als oorreguleer want beheer wou hulle beheer. Hulle het ‘n geleentheid laat verbygaan, mense is ontwortel, hulle sit nou in nedersettings met die hoop op ‘n beter lewe.

Hulle het die oog van die bal afgehaal, hulle het so daarop gekonsentreer om die ou bedeling te straf, apartheid, dat hulle vergeet het om aan die basiese ekonomiese beginsels aandag te gee, dienslewering, groei, werkskepping, 80% van die munisipaliteite is wanfunksioneel, hoe hef jy mense so op?

Paul ·

Baie lande is soos groot, of selfs nog kleiner, as een van ons provinsies, (dit is nou in Europa né) kyk hoe floreer dit daar, dit blom van entoesiasme en mense wat woel en werk, maar by ons ‘migreer’ jy net oor grense heen na daar waar dit aantreklik lyk om sonder inspanning te oorleef. Daar is geen, maar geen, aansporing en gewilligheid om jou provinsie of dorp tot ‘n volgende vlak te neem nie. Die kennis en kundigheid van die owerhede het in die Afrika-stof gebyt.

kla-kous ·

Gegewe die talle uitsprake oor hierdie beoogde struikrowery – waar dit as ‘n voldwonge feit voorgehou word- is die sogenaamde proses niks anders as ‘n verneukspul om ‘n stinkende karkas in ‘n kleed van regsgeldigheid toe te draai nie. Hulle kon ‘n klomp geld gespaar het deur bloot voort te ploeter.

Waarheid ·

Almal betrokke by opstel en goedkeuring van GRONDWET (diegene nog in dié lewe) moet nou direk aanspreeklik gehou word vir SKUIWERGATE
in die grondwet. Dagvaar persone, indien moointlik om verantwoordelikheid te vat en verduidelik, sodat die volk weet HOEKOM?..

Charles ·

Dank die Here tog vir AfriForum, dank die Here!!! Ons sal diefstal nie aanvaar nie en ons sal nie gaan lê nie, ons sal veg.

pieter ·

Wat gaan daarna volg? Heel moontlik onteiening van geld wat in banke is, as jy meer as 500 000 in bank het word die helfte gevat om vir die res te gee om meer korrupsie te doen.

Kannaland ·

Ja, vaste eiendom is die plan vir nou, en kort daarna volg ander vorme van eiendom soos pensioen, aandele en roerende bates. Dis waarom onhs NIE kan toelaagt dat hulle begin met kommunisme en nasionalisering nie.

BAREND ·

Grond sal onteien word sodra 300 000 vuurwapens waarvoor daar uitstaande lisensies is ingehandig word. Dit is niks anders as die begin van onteiening nie! Gaan ‘n bietjie die geskiedenis na en kyk wat het gebeur in lande oor die wereld sover terug as 1929 toe mense ontwapen is. Net na die ontwapening is duisende mense ge-ilimineer. Kyk net na China Duitsland Turkeie, Armenia en talle ander. So moenie nou al bekomerd wees oor grond oneiening nie maar wees bekommerd oor ontwapenin g en julle lewens!!

Dis so ·

Ek wil n dom vraag vra. Hoe dink julle gaan hierdie selfbeskikking verkry word. Wat gaan onderhandel word en wat is ons beteid om te gee om hierdie selfbeskikking te laat realiseer. Ek sien geen meganisme wat ons blankes het om enigsins die regering twee keer te laat dink nie. Hoe lankal word daar gepraat van belasting terughou en en en. Niks het ooit totstand gekom wat die blankes onderhandelings mag gee nie. Nee wat ek dink vergeet van selfbeskikking net soos met bv die herinstel van die doodsraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.