AfriForum: ‘Plase aan die brand gesteek buite Margate’

Len Pienaar van die plaas Lion Valley in Gamalakhe. Foto: AfriForum

Len Pienaar van die plaas Lion Valley in Gamalakhe. Foto: AfriForum

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê brandstigters het drie plase in Gamalakhe buite Margate aan die brand gesteek.

Chris Fourie, AfriForum se provinsiale koördineerder in KwaZulu-Natal, sê Len Pienaar van die plaas Lion Valley in Gamalakhe het omstreeks 2:45 Saterdagoggend ’n oproep van die brandweer ontvang waarin hy meegedeel is dat sy buitegeboue aan die brand gesteek is.

Fourie sê die Mavundla-stam het later Saterdag ‘n optog gehou en beweer dat die boer se grond aan hulle behoort.

“Mnr. Pienaar se plastiekherwinningsfabriek en stoor het tot teen die grond afgebrand. AfriForum glo dat die insident verband hou met die protesoptog deur die Mavundla-stam. In 2010 het die Grondeisehof in Randburg teen die stam beslis en beveel dat hul grondeis, wat in die staatskoerant gepubliseer was, verwyder word. Inkosi Dumisani Mavundla het geweier om die hofuitspraak te aanvaar en glo dat die boer se grond aan hom en sy onderdane behoort,” het Fourie gesê.

Fourie sê teen 10:00 Saterdagoggend was geen SAPD-lid op Pienaar se plaas teenwoordig nie. “Mnr. Pienaar was gedwing om die hulp van ’n privaat veiligheidsmaatskappy in te roep om sy eiendom en gesin te beskerm. AfriForum sal die situasie dophou en druk op die SAPD bly toepas om die brandstigters aan te keer sodat geregtigheid kan geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alberts ·

kan hierdie plaas aanvalle en trauma nie miljoene rande geëis word van die staat nie? pyn en lyding hoekom nie ?

b rabie ·

Ons sal reg in eie hande moet neem, want die regering doen niks

Sanet ·

Ek stem saam, hulle neem die gereg in hulle hande, hoekom kan ons nie dieselfde doen nie.

Sanet ·

Hulle wil als vernuut he!!! Maar ons moet die polisie glo en vertrou maar hulle kan nie eers hulle werke doen nie. Hoekom word ons tax geld gebruik om mense te betaal wat nie hulle werke doen nie. Fire hulle almal. Mnr. Fourie sterkte vir julle gesin en mag God sy hand oor julle hou en julle veilig hou, AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.