AfriForum praat internasionaal oor plaasmoorde

Ian Cameron op Sky News. Foto: Verskaf.

Verteenwoordigers van AfriForum is tans in Australië as deel van dié burgerregte-organisasie se internasionale veldtog teen plaasmoorde, waar hulle die verhale van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde vertel.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê AfriForum het reeds vergader met min. Andrew Hastie, voorsitter van die parlementêre gesamentlike komitee van verdediging en intelligensie, asook aan ’n gesprek op Sky News Australia se program Outsiders deelgeneem.

“Die Suid-Afrikaanse regering en veral pres. Cyril Ramaphosa se blatante ontkenning van plaasmoorde word deur die meeste hoofstroomrolspelers hier as ’n skande beskou. Ons vertel nou die verhale van mense wie se lewe verwoes is en geskend word deur ’n regering wat sy rug op slagoffers draai,” het Cameron gesê.

Ian Cameron agter die skerms. Foto: Verskaf.

Cameron verduidelik dat hul besoek nie op statistieke fokus nie, maar eerder op die verhale van slagoffers.

“Daar heers veral skok oor die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika: Robert Lynn wat met ’n blaasvlam gebrand is; Nicci Simpson wat deur haar voete geboor is; en John Eckardt wie se naelmerke in die matte van sy huis gevind is nadat hy gemartel is – dié verhale spreek boekdele oor die werklikheid van hierdie Suid-Afrikaanse tragedies,” sê Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arak

Baie goeie nuus, baie dankie. Will MM nie dalk net vir ons die skakel deel waar ons dit op Youtube kan kyk nie? Dankie.

christa

WANNEERR GAAN CYRIL SY VERDOMDE ORE OOP MAAK EN LUISTER HULLE MAAK ONS WIT BOERE DOOD KORRUPSIE AG REGTIG CYRIL

Nel

Dankie Ian Cameron/Afriforum dat julle nie terugdeins nie en weier om gemuilband te word deur kamma kamstige ‘politieke korrektheid’, maar gebeure noem vir wat dit is – mawdie blatante wreedaardigheid van sekeres wat die heiligheid van ‘n lewe misken en voort moor vir eie gewin/agendas en dit onder die goedkeuring van ‘n korrupte regering wat ‘n veer voel vir minderheidsregte en lewens…

Swartwolf

Natuurlik sal Cyril dit ontken. Hy mag niks goed oor wittes se of vir hulle doen nie. Dis die populistiese stem wat tel want die verkiesing kom. En om te verwag van die intellektuele reus Beki Cele om eers net ‘n plan te maak om plaasmoorde te bekamp is heeltemal verniet. Buite sy en sy polisie generale se bereik.

Agnes

Ons kan kla oorsee, hier of waar ook al. Feit bly staan, dit gebeur nog steeds en ons MOET die doodstraf terug he vir sulke martelaars moordenaars. Dit sal nie einde kry nie en die buitelanders raak nie eintlik betrokke nie. Hul het hul eie probleme, kry ons jammer maar so wat? Tree nie in die bees vir ons nie. Hang een gruwel moordenaars in die publiek op en sien wat gebeur daarna. Ek is n gebore Nederlander en kan nie glo dat almal so terug sit en dat moord net aanvaar word. Wat te erg is is te erg.