AfriForum reageer oor EFF se mosie oor grondhervorming

Argieffoto

AfriForum het die EFF se voorgenome mosie oor grondhervorming sonder vergoeding bestempel as ’n verwoestende politieke set geskoei op ’n verdraaiing van die verlede.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die geskiedenis van grondbesit meer ingewikkeld is as wat radikale grondaktiviste wil voorgee: “Om aan te voer dat wit mense wat grond besit dit noodwendig by wyse van onderdrukking, geweld of gedwonge verskuiwings bekom het, is eenvoudig bedrieglik.”

Roets verduidelik dat daar onderskei moet word tussen restitusie en die herverdeling van grond: “Die EFF se siening oor herverdeling is bloot ’n rassistiese proses om wit mense van hul grond te verjaag en dit in die staat te vestig. Dit is nie net bedrieglik nie, maar ook ’n duplisering van die ekonomiese beleide wat die wêreld se swakste ekonomieë daargestel het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hendrik ·

Maroela Media, wil julle nie asseblief ‘n reeks artikels deur geskiedkundiges plaas wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika belig nie? Dis die enigste teenvoeter vir die feit dat die EFF and ANC ons so belieg …

Boerseun ·

Die mense wat dit hier gaan lees ken die regte geskiedenis.

lee ·

Hendrik ek het n video op my twitter blad (@LeeCully3) geplaas, gaan luister,dit sal jou baie inligting gee, en die waarheid ontbloot.

Frank ·

Goeie idee Hendrik … dalk moet ‘n reeks dokumentêre hieroor gedoen word… sommiges in die land is nie so lief vir lees nie…

Afrikaanse Knaap ·

Lauren Southern of Youtube se dokumentere is ‘n goeie begin.
Ek sien vandag in die Beeld hulle jaag klaar die Afrikaners wat by die staat grond huur vn hul grond af.

ontevrede leser ·

hulle moet maar kom vat, hulle gaan net ‘n gat kry met bakstene wat die wereld vol le, ek gaan ook nie gee sonder n “fight” nie

Nie so maklik ·

Die massas gee NIE OM oor die feite, hul word gebreinspoel om anders te glo. Hul wil ons van ons plase af hê en klaar!
Dis reg, hul kan maar kom, ek stoot al wat gebou is plat en vernietig als alvorens ek die sleutels oorhandig. Hul sal nie in my huis kom bly!! Dan wil ek sien hoe daar “geboer” word.
Al wat hul kan boer is “agteruit”.

EJ ·

AS JY EIENDOM HET..VAT 2de VERBAND EN KRY JOU GELD UIT DIE LAND!!!!

Selfbeskikking ·

Kom ons begin n selfbeskikkingsooreenkoms. Ons sal baie beter af wees.

Gerhard ·

Die mense gee nie om vir wat reg en wat verkeerd is nie. Dit gaan daaroor om hulself te veryk. Jy kan maar redeneer en inlig todat jy blou is in die gesig. Die ding gaan nie gestop word nie. Begin eerder met ‘n werklike alternatief vir Afrikaners voor dit te laat is. Daarmee bedoel ek iets baie groter as Orania. Kry grondeienaars betrokke terwyl hulle nog grond het.

Rina ·

Ek stem saam Gerhard voor dit heeltemal te laat is in die dag!

Jerry ·

Insiggewende reaksie op die EFF. Dit is egter nie wat Afri-Forum lede en die Afrikaner langer wil lees nie! Ons wil graag lees dat julle, julle mandaat uitgevoer het deur waarborge te lewer wat julle beding het vir selfbeskikking en n volkstaat.

Boerseun ·

Hulle het nie so mandaat nie. Afri-forum se lede het nie n stemming gehad vir hulle om selfbeskikking te dryf nie. Onthou hulle het op n Plan B besluit gedurende hulle laaste groot beraad. Tot die “mainstream Afrikaner” (so Flip hulle noem) nie selfbeskikking wil kies nie gaan Afri-forum dit nie uitvoer nie

Christine ·

Hoewel ek geensins saamstem met die beleid van die ANC en EFF nie, wil ek net noem dat hulle nie jou huis of jou implemente of jou bewerkte grond gaan neem nie. Ramaphosa het dit duidelik gemaak dat dit onbewerkte grond gaan wees en met versigtige onderhandeling met die boer. Dit is steeds nie vir my reg en regverdig nie en ek stem nie saam daarmee nie.

JSG ·

Christine. Jy glo hulle gaan niks vat? Miskien sal hulle dit nie nou direk waag, maar hulle soek enige rede om dit te doen en sal selfs die wette aanpas om die doel te bereik. Moet nooit glo wat hulle kwytraak.

Erich ·

Gelukkig het my huis nie see uitsig of is nie gelee in gebied met uitsig oor die natuur nie so ek is veilig – tensy my tuinier natuurlik belangstel in my huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.