AfriForum sal Malema, EFF dalk laat bankrot verklaar

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

AfriForum sal Julius Malema en die EFF moontlik bankrot moet laat verklaar in ’n poging om regskoste te verhaal wat deur Malema en die EFF aan die burgerregte-organisasie verskuldig is.

Dít volg nadat die balju op 9 November slegs bates ter waarde van R66 550 in die EFF se hoofkantoor in Johannesburg kon vind om op beslag te lê. Malema het ook in die openbaar aangedui dat hy geen geld het om AfriForum te betaal nie.

Malema en die EFF se bates is dus nie naastenby voldoende om hul skuld aan AfriForum te delg nie.

AfriForum het op 1 November ’n lasbrief by die hooggeregshof in Pretoria bekom om beslag te lê op die roerende bates van Malema én die EFF om ’n bedrag van R337 758,68 te delg wat deur Malema in sy persoonlike hoedanigheid en die EFF as party aan AfriForum verskuldig is. Dié bedrag is die totaal van drie kostebevele wat AfriForum sedert Maart 2017 teen hulle bekom het.

AfriForum sê Malema en die EFF het die afgelope week R126 703,59 aan AfriForum betaal, wat beteken dat die uitstaande bedrag wat in daardie stadium aan AfriForum verskuldig is R211 055,09 beloop het.

Ná die hooggeregshof Woensdag nóg twee kostebevele teen Malema en die EFF in AfriForum se guns toegestaan het, beloop Malema en die EFF se uitstaande skuld aan AfriForum na raming meer as R400 000.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gaan dié organisasie in die komende week met sy regspan vergader om oor ’n strategie te besluit om die geld van Malema en die EFF te verhaal. Kriel sê dat AfriForum vasberade is om die verskuldigde bedrag van Malema en die EFF te bekom – selfs al vereis dit dat die EFF se bates opgeveil en Malema en die EFF bankrot verklaar word.

“Hoewel Malema poog om die EFF as ’n sterk magsfaktor voor te hou, wys die feite eerder dat die party wanfunksioneel is en hul regsoptrede en finansies swak bestuur,” sê Kriel.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof. Foto: Reint Dykema

Volgens Kriel het Malema en die rooi barette se pogings om verantwoordelikheid vir hul optrede te probeer ontduik “nou geboemerang” en word daar met die kostebevele ’n duidelike boodskap aan hulle gestuur dat hulle nie bo die reg verhewe is nie.

Hy voeg by dat AfriForum die geld wat van Malema en sy party verhaal word, sal aanwend om onteiening sonder vergoeding en grondgryping – waarvan die EFF uitgesproke voorstaanders is – in die howe te beveg.

Die geld wat Malema en die EFF aan AfriForum skuld, vloei voort uit die saak waarin die hooggeregshof in Pretoria in Maart verlede jaar ’n interdik met koste in AfriForum se guns toegestaan het. Hiermee word Malema en die EFF verbied om mense aan te moedig om grond onwettig te beset.

Malema en die EFF het daarna ’n tersydestellingsaansoek teen die interdik ingedien, wat op 12 September verlede jaar aangehoor sou word. Die hof moes die saak egter uitstel nadat Malema en die EFF se hoofde van betoog laat ingedien is. Die regter het gevolglik ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik.

Met die hofverskyning in Februarie vanjaar het Malema en die EFF se regsverteenwoordigers nie opgedaag nie en die saak is in AfriForum se guns beslis met die tersydestellingsaansoek wat met koste van die hand gewys is.

Nadat Malema en die EFF die hofbevel van 7 Maart 2017 geminag het deur voort te gaan om mense aan te moedig om grond onwettig te beset, het AfriForum ’n saak van minagting van die hof teen Malema en sy party aanhangig gemaak, wat op 14 November vanjaar ’n aanvang sou neem.

Malema en die EFF se regspan het hul antwoordende verklaring om die minagtingsaak teen te staan nie betyds ingedien nie, wat beteken dat die saak later aangehoor sal moet word. Op dié wyse het Malema en die EFF hulself nóg ’n kostebevel op die hals gehaal.

Malema en die EFF se poging om op 14 November 2018 ’n dringende hofbevel te bekom wat AfriForum sou verhoed om die EFF se eiendom te verwyder en op ’n veiling te verkoop om regskoste te dek, het ook misluk. Die hof het beslis dat daar geen dringendheid aan dié saak is nie en het daarom nóg ’n kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik.

Volgens Kriel sal AfriForum se regspan nou poog om die hangende saak van minagting van die hof teen Malema en die EFF so spoedig moontlik weer voor die hof te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

John ·

AfriForum is besig met ‘n baie nuttelose speletjie. My Pa het ons gewaarsku om weg te bly van boelies want hulle gebruik ‘n totaal ander etiese meganisme wat jou wil dwing om na hulle vlak te daal. Wat help dit om die wurm sjirurgies uit ‘n vrot appel te haal. Gaan jy die appel weer kan gebruik? Die persblootstelling is lekker en goedkoop, maar daar wag ander belangriker werk.

Foxi ·

John……hoekom so negatief? Ja, as n appel n vrot wurm inhet kan jy hom seker maar uitsny en tog nog die beste deel gebruik al is dit net n klein ou stukkie………AfriForum veg met hart en siel vir geregtigheid. As AfriForum NIE daar was nie…….waar sou alles dan ge-eindig het?
Kom laat ons n stukkie geloof ervaar al is dit so groot soos n mosterdsaaitjie. Kom ons staan op in hierdie Sondagmôre en kyk die lewe vierkantig in die oë en sê net dankie HERE vir nog n dag in ons lewe. Dankie AfriForum vir jul moeite, julle sou nie hier gewees het as daar nie n STUURMAN in beheer was nie.

Phil ·

So wat jy sê John is, los hulle (EFF) dat hulle in die openbaar mense moet opsweep om grond te vat en te moor. Dankie Afriforum dat jul nie net gaan lê of weghardloop van die feite nie. Julle wys jul staal en ook dat julle nie bang is om te veg (met die wet) vir wat reg is nie.

Pieter ·

Johan,
Ek stem tot n groot mate met jou en jou Pa se advies saam en, ek bevraagteken ook van tyd tot tyd van AfriForum se aksies.
Dit gesê, ten minste is daar wel iemand wat die moed het om te praat. Daar is op die oomblik nie n enkele poletieke groepering wat nie die “goekoop publisieteit” ding gebruik om punte vir hulself te wen nie. Vlek oop, maak bekend, skop stof op anders bly die appel net verder vrot. Ek glo daar is genoeg mense wat wel die onderskeid tussen sensasie en feit kan maak om self n mening te te vorm.

Cherokee ·

AfriForum, ignoreer asseblief mense wat ter verdediging van Malema en die EFF praat. Gaan asseblief volstoom voort met dit waarmee julle besig is want julle is besig om die EFF wortel en tak uit te roei.

Tiaan ·

John & pieter. Dit is baie gerieflik om niks te doen nie. Maar boosheid oorwin juis wanneer goeie mense niks doen nie. Daarom, om niks te doen nie is stille goedkeuring van die boosheid. Geniet maar julle gerieflike slapheid terwyl Afriforum hul mandaat uitvoer.

andre ·

John daar is n wysheid wat se, skoenmaker hou jou by jou lees, en as ek so na jou spelling kyk dan moet jy pasop om nie die hak by die rieme vas te maak nie. Wat ek wil se is ek dink die argumente is bietjie bo jou vuurmaak plek

John en sy wie? ·

Snaakse ding gebeur toe vanoggend…. ek “google” toe “John en sy pa” maar kom op n paar nikseggende irrelevante goed af… maar toe “google” ek Kallie… ek het skaar klaar getik toe wil “google” al “Kallie Kriel en Afriforum” insit…. snaaks huh?

Nee ·

Mens moet dalk na die groter prentjie kyk – hoe se hulle – holisties. As Mr Malema gesekwestreer word kan hy nie meer ‘n MP wees nie. Sien John, daar is altyd iemand wat iets doen met ‘n goeie rede: “Section 47 (1)(c) of the Constitution disqualifies a person whose estate has been sequestrated from being a Member of Parliament”.

PJ ·

Verstaan die malemmer mannetjie nie hy blameer nou sy onbevoegde swart regspan wat nie weet hoe die reg werk nie hy gee dan voor swartmense is bevoeg hoor hy gaan nou kyk of hy nie selfs n bank kan stig na die mislukte vbs bank gefaal het

piper ·

mooi so afriforum. daardie geld wat ek maandelings betaal is n groot winskoop. ek hoop nou nog meer mense sluit aan. beter as enige politieke party.

Neutraal ·

Ry die EFF. Malema soe en doen tans dieselfde. EFF toon geen regverdigheid nie en het geen bestaansreg nie. Malema steur hom geensins aan die reg of niks en staan self agter die deur waarvoor hy kastig staan. RY HOM AFRI FORUM

Uiltjie ·

Julius ( pay back the money )! Malema, get your house in order!!! Die vbs bank ondersoek is ook op pad na julle toe!

Pieter ·

Uiltjie, ek dink die malle se opmerking dat hy ( hulle) nie die geld het om die hofbevele te eer nie, is juis gemaak ter voorbereiding van die VBS onderdoek se verwagte bevindings. As hulle nou nie R400,000 kan bekostig nie, waar gaan hulle miljoene vandaan kry? Slim poging maar dit gaan nie werk nie.

Pieter ·

Roer hulle!!
Hulle sal op n punt moet betaal maar, dit sal met hulle meelopers se ledegelde gedoen word. Sodra dít gebeur sal daar n paar omgekrapte “vegters” wees en met die onlangse stigting van ander (radikale) partye sal die EFF gespuis hulle hande vol hê n oorloop stroom te stuit.

Robert ·

Verkry ter selfde tyd ook asb ‘n Hofbevel om my GEPF te beskerm. GEEN REDDINGSBOEIE VIR BANKROT INSTELLINGS MEER NIE. Anders is plak voor AfriForum se stoep my voorland!! Baie dankie!!

Onteien ·

Gaan lê beslag/onteien sy persoonlike huise enbesttings laat hy voel hoe die arme boere gaan voel. Neem ook hul luikse voertuie, want hoe word dit als gefinansier as daar nid gelxld is nie?
Hul finansierder gaan net nog geld voorskiet

Onteien ·

Gaan lê beslag/onteien sy persoonlike huise enbesttings laat hy voel hoe die arme boere gaan voel. Neem ook hul luukse voertuie, want hoe word dit als gefinansier as daar nie geld is nie?
Hul finansierder gaan net nog geld voorskiet

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek ken iemand by wie jy R500 000,00 Bosassa-geld kan leen?

DogEkSeMaarOokNet ·

Sekerlik die blonde pop van Brakpan met die Afrikaans-probeer-Amerikaanse aksent…..??!!??

Swartwolf ·

Nie gedink AF gaan baie geld verhaal vanaf die verkoop van die EFF se meubels re tamatikissies, melkkratte en lee verfblikke nie. Sal aan Julius en vet Floyd se deure klop vir hul persoonlike bates.

Daniel ·

Uitstekend. Daar is iewers ‘n bepaling dat iemand wat ‘n ongerehabiliteerde bankrotverklaarde is nie ‘n LP mag wees nie. Druk asb hiervoor Afriforum. Dan hou ons hom volgende jaar uit die Parlement!

Nee ·

“Section 47 (1)(c) of the Constitution disqualifies a person whose estate has been sequestrated from being a Member of Parliament.”

HPV ·

Die moontlikheid dat die rooi oorpakke met oranje vervang word begin nou ook al groter word. Hul 6% steun pas by hul banksaldo!

Al ·

Mooi so Afriforum! As hul banksaldo so beroerd lyk is dit geen wonder dat hul die armes misbruik en oprui vir stemme nie.
Julius vry na presidentskap want dis waar die GELD en MAG lê.

leser ·

mooi so kallie, slaan waar dit die seerste maak, die sak met die geld
kry sy “fancy” voertuie, plaas en huise, alles wat hy en eff het
laat ons sien watter nuwe party kom daaruit
skelm jm en eff het seker weer ‘n weldoener om hulle te help, maak nie saak nie, roer hulle
go kallie go, go kallie go, ……………………………………

Daan Erasmus ·

Ek sal die naam regte van die EFF op die veiling koop. Nie dat ek iets met dit wil maak nie. Net vashou dat dit nie gebruik kan word nie. Ek wil beslis nie Commander in Chief wees nie.

Ray ·

Re-Brand die naam na Everything For Free. Jy sal baie stemme kry

Oujongvrou ·

Daai mannetjie is slimmer as julle almal saam. Hy gaan hierdie hele gedoente tot sy eie voordeel gebruik. Gaan vir die kiesers vertel hoe die wittes nog steeds hulle geld vat en hulle verdruk. En siedaar, nog haat word gebore, want hulle glo alles wat uit sy mond kom

Frans ·

Mmmm……Moenie verbaas wees indien ‘n “toevalige” transito rooftog die “kostes” gaan betaal nie. Wonder maar net….

H.A. ·

Daardie man is geensins bankrot. Sy goeters is veilig verwyder en weggesteek by sy ‘brothers’ se plekke- of die anc gaan hulle help, dis dan die anc se derde mag.

Faan Kruger ·

Mooi so Afriforum! Trek hulle kaal uit end moenie ophou totdat elke sent verhaal is nie. Vra die eff lede om nog geld te stort!!
Daar is reeds sprake van n spesiale belasting om VBS verliese te verhaal. GEEN enkele sent belasting voordat elke skuldige in die tronk sit en elke sent moontlik verhaal is nie. Lyk of daar heelwat Lamboghini’s en Mercedesse op die mark sal wees in Limpopo. Wat ry Floyd????

Piet ·

Pasop, moenie kidi amin onderskat nie. Hy het meer mag as wat julle ooit besef. Hy gaan vir julle ore aansit!

Werner ·

Sjoe, maar hier is n klomp banggatte! Nee man. Baie dankie Afriforum, wees sterk en gaan voort!

Willem Grobler ·

Nou aan wie behoort die pikswart geverfde meenthuise in 6 de Straat , Hyde Park (reg langs die Hyde Park Corner) waar die EFF se aanvoerder in styl woon?

ferdi ·

Afriforum ontbloot hulle vir wat hul is trots op julle en trots om lid van jule te wees

Lollie ·

Daar is beslis geld maar hulle gaan slim te werk! Julius en EFF het nog nooit oop kaarte gespeel nie en sal dit ook nie nou doen nie.
Hulle ry die duurste karre, kinders in privaat skole ens. Waar is die miljoene van VBS wat kwansuis na 1 of meer van hulle toe is?
JM is die een waarvoor die duiwel sê baas! Moet hom nie onderskat nie!
By dit alles wens ek uit my hart uit dat AfriForum hom op sy knee kan kry!!!!

Anoniem ·

Hoekom het die balju nie Julias se Breitling horlosie, groot blink kar en puntskoene opgeskryf nie? Sal mens kan bewys hy steek sy bates weg sodat daar nie op beslag gelê kan word nie? Is dit nie dwarsboming van die gereg nie?

Nandi ·

Ag moenie jaloers op sy breitling horlosie, puntskoene en groot blink swart kar nie. Sonder dit, is hy net man.
Ban die os op die jas, all sy “bates” word in trust vir sy kind weggesteek.

Johann M van Heerden ·

Ek dink Afriforum doen baie goeie werk. Al manier om hansworse soos die EFF en ANC aan te spreek is in die hof en op internasionale platforms. Ek ondersteun hulle volledig. Ek kan nie verstaan dat van ons mens, ons Afrikaanse media en hul pienk rubriekskrywers so anti Afriforum is nie. Hoekom mag ons as Afrikaners niks doen nie. Ek is moeg vir die rysmiere in ons eie geledere. Dit was nog altyd ons swakheid. Ons is so krities op ons eie dinge en veg met die een hand agter die rug. Wit kinders kry nie werke of bevordering nie omdat hulle wit is. Hulle word oorsee opgeraap as goeie werkers. Ons moet saamstaan en organisasies soos Afriforum ondersteun en as klein minderheid ons regte opeis.

PJ ·

Kan nie glo dat party mense nie saamstem met wat AfriForum doen vernaam as dit by malemmer ens sy mense kom nie kan hy dan sè en doen wat hy wil en ons moet net terug sit kan nie glo na al die Dekades nog “hensoppers” in ons geledere is nie skandelik

GatSienSonnerSpiël ·

Die rooimiere dans nou lekker rond op die warm plaat….weetnie meer waar om te trap nie

Gert ·

Sekerlik het die EFF gebaat uit die VBS bank maar hulle wil dit nie te kenne gee nie. Baie goeie werk AFRIFORUM.

Gerhard ·

Dis hoe jy iemand af kry en uit kry maak hom bankrot en vat alles dan sal hy loop en in die son gaan sit .

GP ·

Baie dankie Afriforum. Sonder due reenstand wat julle bied weet ek nue waar ons sou wees nie. Trots om lid te wees. Moet julle asb nie steur aan die wat se ons moet stil in n hoekie sit en vergaan nie. Julle doen reg.

Dat die eff dit nie kan bekostig nie betwyfel ek egter. Waarmee ry hy rond wat kis dinge soos sy horlosie ens. Moet asb nie opgee met die saak nie Afriforum.

Vryheid ·

Ek is dood seker julius het nie niks nie, vat sy huis, voertuie ensv. Die klas van ou hou daarvan om te wys hoe ryk en suksesvol hy is. Ek glo nie vir een oomblik dat hy niks het nie

Anoniem ·

Toemaar Malema Jy sal hieruit kom ! Jy moet net nog LEER om vinniger te LEER, L E E R !

aj ·

Die regstelsel is geprogrammeer om witmense te arresteer vir minagting van die hof.

Daarom sal Swartmense soos JM e.a. nooit arresteer word nie.

Sê-ma-net ·

As JM en EFF nie skukd kan betaal nie, hoe gaan hulle registrasie fooie en ‘campain cost’ dra vir volgende jaar se verkiesing? Mooi so AF, ry hulle bloots!

Elsa ·

Baie mooi Afriforum. Gee die rooi brigade gas!! Malema dink mos hy kan maak net soos hy wil en is bo die reg verhewe.

Adam ·

Daar is niks mee verkeerd as Afriforum Malema wil aanvat nie. Die kuns is net om nie die hand te oorspeel met die oortollige publikasie daarvan nie. Of Malema binne die Parlement is of buite is eintlik irrelevant, maar om hom te help om martelaarstatus a-la Mandela te verkry, is onnodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.