AfriForum sal Mkhize se regulasies teenstaan

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

AfriForum sal dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, se voorgestelde regulasies vir die toesig en beheer van aanmeldbare mediese toestande beveg. Dié voorgestelde regulasies sal verreikende magte aan die minister toeken wanneer die nasionale ramptoestand uiteindelik verstryk.

Indien die kabinet dit goedkeur, sal die gewysigde regulasies aan Mkhize die mag gee om in die toekoms dieselfde soort streng beperkings toe te pas as wat die regering ingevolge die Wet op Rampbestuur in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel het, maar vir enige siekte wat as ’n groot bedreiging vir die publiek beskou word.

Van dié magte sluit in dat Mkhize sowel reis tussen provinsies of distrikte as openbare samekomste mag verbied, ’n aandklokreël mag instel, onderwysinstellings mag sluit en mense onder verpligte kwarantyn mag plaas deur bloot ’n kennisgewing in die Staatskoerant te publiseer.

“Die rampspoedige wyse waarop die regering die Covid-19-pandemie hanteer het, dien as genoegsame bewys dat die staat nie soveel mag oor burgers behoort te hê nie,” sê Natasha Venter, bestuurder van Veldtogte by AfriForum. “Nóg minder moet hierdie mag in een minister gesetel word. AfriForum sal die regulasies teenstaan as dit deur die kabinet aanvaar word. Mense kan en moet verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid neem. Ons kan nie in die toekoms enige verdere irrasionele inperkingsregulasies deur die regering bekostig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

En die komuniste seevier!!!! Genoeg is nou genoeg.!!! Los ons uit!!

Hennie J ·

Aan almal wat voorspel het dat die grendelstaat regulasies sprekend is van hoe die anc eintlik wil regeer……..baie geluk, julle was in die kol!!!

Mariana ·

Die ministers in die regering is aanmatigend en arrogant. Hulle wil als van mens se lewens beheer en nee dit sal nie werk nie.

Loeloe ·

Gaan hy nou n staat van inperking instel vir elke verkoue, diabetes, copd, en bloedklont of wat?

Scalla ·

Sy grootste werk is om statistieke bekend te maak, en dit is onbetroubaar.

Sonia ·

En hoeveel mense weet wat in die staatskoerant gepubliseer word? Moet ons nou elke week die staatskoerant raadpleeg om te weet wat is wet en wat nie? Tsek man!

Dirk Mostert ·

Ek hoop dat daar in die nabye toekoms wereldwyd Nurnberg-tipe verhore sal plaasvind oor die ingrendeling as ‘n misdaad teen die mensdom. Ek kan aan ‘n paar mense dink wat aangekla behoort te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.