AfriForum sal veg vir Afrikaanse koshuis naby TUKS

De Goede Hoop-koshuis in Hatfield, Pretoria. Foto: Facebook

AfriForum het gesê hy sal veg vir sy private Afrikaanse koshuis wat vir Tuks-studente geopen is wat die Universiteit van Pretoria (UP) nie wil erken nie.

Die UP het verlede week in ʼn verklaring gesê die koshuis, De Goede Hoop, wat in Hatfield naby die universiteit geleë is, is ʼn private woning en nie in enige opsig verbonde aan die universiteit nie.

“Ons verskil sterk van die praktyke van private wonings met ʼn diskriminerende aanvaardings- en uitsluitingskriteriabeleid. Hierdie woning voldoen nie aan die transformasiebeleid van die UP nie en sal dus nie toegelaat word om aan die universiteit se amptelike geleenthede deel te neem nie,” lui die verklaring.

ʼn Herrie het op sosiale media ontstaan nadat ʼn berig oor dié koshuis in die UP se kampuskoerant, Perdeby, verskyn het. Sommige mense het die indruk gekry dat die koshuis slegs vir wit mense is omdat dit ʼn eksklusiewe Afrikaanse koshuis is en segregasie dus toegepas word.

Kallie Kriel, woordvoerder van AfriForum, het Woensdag aan Maroela Media gesê die indruk dat die koshuis slegs vir wit studente is, is nie waar nie.

“In teenstelling met die universiteit se aansoekvorms, het ons geen verwysing na ras op die aansoekvorm om ʼn inwoner te wees nie. Dus speel ras geen rol nie, net Afrikaanse Chrstelike waardes,” het hy gesê.

Kriel het gesê bedrywighede by die koshuis bots gladnie met enige wetgewing nie. “Artikel 31 van die Grondwet sê lede van ʼn kultuurgemeenskap mag instellings vir burgerlike samelewings tot stand bring en dit is presies wat ons gedoen het.”

Hy verduidelik in 2000 is die ATKV aangevat omdat die instelling gesê het hy is ʼn Afrikaanse Christelike organisasie. “Die menseregtekommissie het toe reeds bevind dit is nie onbillike diskriminasie nie. Daar is dus geen gronde vir enige van die aanvalle op De Goede Hoop nie. Dit is wetlik aanvaar, dus sal ons binne daardie raamwerk veg vir die behoud van die koshuis.”

Die koshuis het vanjaar geopen en het reeds sowat 70 inwoners. “Dit is nou eers ons eerste jaar, maar ons glo hy gaan elke jaar uitbrei en ons beplan om in die toekoms nóg koshuise tot stand te bring.”

Op die koshuis se webwerf beskryf die koshuis hom as ʼn private Afrikaanse koshuis vir Tuks-studente, waar mans en dames gesamentlik en ook afsonderlik aan die studentelewe kan deelneem. Aktiwiteite soos sêr, Jool en sportsoort word gelys.

“Ons neem kennis daarvan dat die universiteit nie die koshuis wil erken en toelaat om aan enige van sy amptelike geleenthede deel te neem nie. Ons het reeds verlede jaar die De Goede Hoop-vereniging by die kampus geregistreer, wat studente in staat stel om deur die vereniging aan die aktiwiteite deel te neem.”

Volgens Kriel probeer die UP glo nou die registrasie van die vereniging bevraagteken. Hy het gesê AfriForum het reeds ʼn skrywe aan die universiteit gestuur om redes te verskaf oor hoekom die UP nie die vereniging wil erken nie.

“Ons is gereed om regstappe te neem, sou dit nodig wees. Daar is eintlik ʼn erger dubbelstandaard by die universiteit. Die UP het besluit om al hulle koshuise Engels te maak en die vraag bly nou, hoekom is dit aanvaarbaar as die universiteit eksklusiewe Engelse koshuise tot stand bring, maar nie Afrikaanse koshuise wil aanvaar nie?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pietman ·

Daar moet gepoog word om die koshuis deel te maak van die universiteit se aktiwiteite. Maar indien die universiteit volhou om De Goede hoop uit te sluit moet De Goede Hoop maar met hul eie aktiwiteite aangaan. Die ideaal is om so 8 Afrikaanse private koshuise tot stand te bring. dan kan hulle hul eie ding doen, en hoef die universiteite nie opgeskeep sit met die inkomstebron van die lastige Afrikaanse studente nie . Ek vermoed musieksmaak by sokkies gaan in elk geval ‘n probleem wees. Die eintlike probleem is daar is nog te min Afrikaanse koshuise.

JC ·

Mooi julle, beveg hulle terug. Julle het MY steun!
Ons sal NOOIT terugstaan en ophou veg vir ons kultuur en taal nie.
Om dit informeel te stel: UP en die moeilikheidmakers en opstokers ” kan gaan doppies blaas!”
Afriforum en Afrikaners BOU VOORT;)
Sjoe, wat ‘n teleurstelling het UP NIE geword nie!! ‘n “Far cry” van toe ek daar klaargemaak het in 2010(die “goeie ou dae”).

Jakalas ·

So ‘n koshuis met net swart studente is nie rasisties nie? Hulle moennie vir my sê daar is een koshuis wat multiculrieel is nie.

Gerhardus Petrus Padda ·

Sekerlik die grootste kulkuns waarmee die Sosialiste die Christene betower het is om Christene te laat glo dat “onvoorwaardelike inklusiwiteit” die grootste morele waarde is.

Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Jesus maan ons in Matt 12:30 dat as jy nie VIR Hom is nie, is jy TEEN hom. Jy hoef dus nie vir die “Antichris” agter elke bos uit te skop nie. Jesus verduidelik klaar vir ons wie die “Antichris” is. ALMAL wat nie VIR Christus is nie.

In Matt 10:34 verklaar Jesus dat Hy nie vrede aarde toe bring nie, maar die swaard, waarmee Hy bedoel dat Christenskap jou in vyandskap met die “wereld” gaan plaas.

Geen Christen kan tog hierdie uitsprake van Jesus rekonsilieer met die “onvoorwaardelike inklusiwiteit” wat die Regering op ons wil afdwing nie.

jammer om te sê ·

die anc regering sien alles van die vorige bedeling as rassisties. tog word dit elke dag duideliker dat die anc nes die np rassisme toepas deur dwang en uitsluiting. gun aan elkeen sy eie. Afrikaans vir die Afrikaans sprekende, Engels vir die Engels sprekende en usiZulu vir die Zulu sprekende. ek af myself baie bevoorreg dat die NP regering my en ander in hulle tyd op skool, die voorreg begun het om Zulu as vak te kon hê.

andrea van vuren ·

Die probleem met die vise-rektor en haar kaders is: Almal kan sien dat daar heers ‘n goeie gees in De Goede Hoop. Hoekom nou afbreek waar dinge werk? Los De Goede Hoop uit! Gerrie Nel. waar is jy?

Ramkat ·

Sonop manskoshuis gelee in Brookland is al vandat ek weet n eksklusiewe koshuis gestig deur.die NG Kerk. Hulle neem sterk aan Univeritere geleenthede deel en is gewoonlik n mag om mee rekening te hou.
Hoe dan nou die verbod op “De Goede Hoop” om daardie pad te bewandel.
Dit is n privaat instelling en die.universiteit het geen maar geen besluitnemingsmag van welke aard ookal oor hulle nie, soortgelyke asof die inwoners by een of ander inwonende hotel of tuinwoonstel tuisgaan.

Carla ·

Baie dankie, AfriForum, vir jul insette en harde werk om ons taal en kultuur te ondersteun. Saam is ons beter.

JC ·

Jong, dis ‘n wonderlike en bevrydende gevoel as mens eers aktivis word vir Afrikaner en Afrikaanse belange!!! Niks kan ons keer nie behalwe onsself!
Ek dink dis soortgelyk aan hoe die konserwatiewes nou in die VSA voel, vis a vis die aaklige en verkrampte “liberales”. Daardie “punk rock”, “teenkultuur”-” “counter culture” rebellie gevoel. WAAR IS DIE GEES VAN GENERAAL CHRISTIAAN RUDOLF DE WET? (my held vir ewig)
Die meeste Afrikaners is nog skugter en bang om die aktivistiese houding in te neem o.a. vir Afrikaans. Maar as daardie damwal eers gaan breek…
AFRIKAANS LEEF!! (solank Afrikaanses dit LAAT leef;) ]

arie ·

ABSA advokaat David Unterhalter het in die saak Gordhan vs “Guptas” bankaangeleenthede gese dat daar.n.duidelike streep is tot waar owerhede kan ingryp en waar privaat besluitneming begin.
Daardie beginsel is duidelik ook hier tussen UP en de Goede Hoop van toepassing

CR ·

Welgedaan julle. Trots Afrikaans sal ons bly. Ekt meer swart en bruin Afrikaans sprekende vriende as wit EN baie meer ordentlik as hierdie ander wat so “demand” ,klip gooi en afbrand. Hou ons op hoogte en ” jealousy makes you nasty”. Dis maar waaroor dit gaan en die universiteite is die mees ras diskrimineel behep ooit,net omdat Afrikaans uitgefaseer word,praat nie eens van die regering nie! Hulle kan dit nie verdra as ons vir onsself iets doen wat sukses is. Doen so voort.

Ida ·

Die ‘hulle’ moet verstaan De Goede Hoop is hier om te bly – soos Afrikaans.
Waarom is daar ñ Black Lawyers Ass?

magda ·

Mooi so!!!!!!!!!! Sterkte so trots om afrikaner afrikaans te wees……oupa grootjie se wens bewaarheid….

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat al gee wittes pad en vind erens anders vir hul ‘n leplekkie word daar by hul ingedruk en eis die ander van die ander kerk toegang tot daardie wit fasiliteite. As die wittes padgee, hoekom nieteenstaande dit tog nog by hulle kom indruk en boonop nog eise stel vir die kersie op die koek! Kom hulle nie agter ons probeer wegkom van hulle nie? Kan iemand dit vir my verduidelik sonder om in die tronk te beland omdat daar vryheid van spraak in hierdie land is?

Nita ·

Diskriminasie teen tale al so oud soos die berge. Wat het veroorsaak dat Babel nie voltooi is nie? Ons voorouers moes plakkate om die nek dra wat se: I am a Dutch donkey. Nog later se iemand: in ons kerke, in ons skole word ons Moedertaal vermoor. Las sommer nou by, by ons universiteite word ons moedertaal vermoor. Hierdie regering wil die Afrikaner in die stof in vertrap.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek sien iemand noem SONOP manskoshuis by Tukkies. Van hoeka af het ons geweet dat as ‘n outjie van Sonop kom is hy ‘n Tokkellok. Is dit nog so of het dit ook so saam met die jare weggeraak?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek lees van die nuwe koshuis by Tukkies en dit val my op dat die Afrikaner soos ‘n kurkprop is. Druk sy kop onder die water, hy glip uit en daar doeranderkant pop hy weer op. Onder bly, aikona!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.