AfriForum sal vervolging van Grace Mugabe monitor

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het hom ingelig dat aansoek gedoen gaan word om Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, vir vervolging aan Suid-Afrika uit te lewer.

Die NVG het egter gesê dit is ʼn vertroulike saak en dat die instelling hom nie op die stadium daaroor gaan uitlaat nie.

AfriForum se eenheid vir private vervolging verteenwoordig Gabriella Engels, die Johannesburgse model wat beweer dat Mugabe haar in 2017 met ʼn elektriese verlengingskoord in ’n luukse Johannesburgse hotel aangeval het.

“Ons hoop dat die vervolging van Grace Mugabe binnekort sal volg en ons sal die saak monitor,” het AfriForum in ’n verklaring gesê.

“AfriForum raak betrokke by sake [van dié aard] om te verseker dat mense met politieke mag nie wegkom met misdade nie. Grace Mugabe moet boet vir haar dade en dit is die eerste stap om te verseker dat Engels binnekort geregtigheid sal kry,” lui die verklaring.

Die NVG se besluit volg nadat die Suid-Gautengse hooggeregshof verlede jaar bevind het dat die besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wiehan ·

Ha ha ha. Dis 16 April, nie 1 April nie. Wie probeer wie fool. Haar laat uitlewer??? Sal nooit gebeur nie.

Chris ·

Wonderlik Afriforum! Laat geregtigheid geskied. Kom ons vergeet dat dit Grace Mugabe is en hanteer dit op die normale korrekte wyse soos dit hoort.

willem Botha ·

Ek ondersteun alles wat Afrforum doen,hierdie verstaan ek nie spandeer die tyd en geld eerder om die diskriminerende wette teen die huidige benadeelde minderheid te beveg.

Tante ·

As sy uitgelewer word gaan dit n sirkus wees die hof verrigtinge sal meer vermaak wees as wat ons ooit kan verwag en ek sal dit so geniet, hoop DSTV sal nie wyer om dit op sy kanale uit te saai nie. Gee ons tog die genot van dit

Wikus ·

Afriforum, verduidelik asb vir my hoe dit werk – volgens julle regsafdeling verteenwoordig julle nie individue nie maar net gemeenskappe. Waarom gebruik julle nie eerder daardie geld( hoeveel keer was sy al in die Hooggeregshof deur advokate verteenwoordig?) en gee dit vir Helpende Hand wie blankes in plakkerskampe ondersteun nie? Bemerk ek n sekondêre motief met julle ondersteuning aan haar. Vergeet daarvan dat dit Mugabe se vrou is. Ek herhaal weer – stop julle onnodige reise oorsee. Helpende Hand /Solidariteit is n voorbeeld vir julle.

pinkie ·

Wat ‘n vermorsing van geld. In plaas dat Afriforum hom liewers toespits op die Afrikaanse skole wat onder skoot is.

Attie. ·

Afriforum, asseblief, Dit is soos om vir ‘n kind ‘n roomys te gee en dit dat weer af te neem. Maw dit wat julle aan ons doen is wreed. Grace sal net soos Zuma vry rondloop. Julle gaan net ‘n spul geld mors. Kom ek gaan met julle ‘n ooreenkoms aan…Kry vir Grace in die hof en my respek vir julle sal verdubbel, sonie sal my respek vir julle halfveer. Mens belowe nie roomys vir kinders nie, jy gaan net en koop dit.

marous ·

Pasop dat sy nie ‘n hele fabriek ketel koorde insmokkel nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.