AfriForum se aansoek teen grondgrypverslag uitgestel

willie-spies

Willie Spies. Foto: PretoriaFM

Die dringende hofaansoek waarin AfriForum vra dat die komiteeverslag oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet ter syde gestel word, is Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad tot Donderdag uitgestel.

Dis op versoek van regter Gayaat Salie-Hlophe gedoen omdat sy gemeen het ʼn saak wat van nasionale belang is, moet deur ʼn volle bank regters aangehoor word en nie in ʼn dringende hof nie. Terselfdertyd is die debat in die nasionale vergadering van Dinsdag tot volgende Dinsdag uitgestel, wat die aansoek minder dringend maak.

Die parlement glo die aansoek is onverstandig, maak misbruik van die hofproses en is voortydig.

Twee regters sal nou Donderdag moet besluit of die verslag wat die komitee opgestel het, wel in die nasionale vergadering gedebatteer mag word en of ʼn nuwe verslag opgestel moet word.

Die parlement het verlede week in sy beëdigde verklaring in antwoord op AfriForum se dringende aansoek versoek dat die burgerregte-organisasie se aansoek met ʼn kostebevel van die rol geskrap word.

“Die parlement glo die aansoek is onverstandig, maak misbruik van die hofproses, is voortydig en daarop uit om die parlement en duisende Suid-Afrikaners wat hul mening tydens die openbaredeelnameproses gelug het, te muilband,” het die parlement Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die parlement voer aan ons aansoek is nie dringend nie omdat die verslag eers aanvaar moet word.

Willie Spies, AfriForum se prokureur, sê hy het ʼn sterk vermoede die aansoek sal binne ʼn dag geargumenteer kan word, waarna uitspraak betyds gelewer sal word voor Dinsdag se debat. “Die parlement voer aan ons aansoek is nie dringend nie omdat dit eers deur politici aanvaar moet word en mense daarna beswaar kan maak daarteen.”

AfriForum glo egter die proses wat die komitee gevolg het om die verslag op te stel, het nie aan die parlement se voorskrifte voldoen nie. Spies sê die komitee het ʼn eksterne diensverskaffer aangestel om deur die voorlegging oor grondonteiening sonder vergoeding te gaan.

“Die private instansie wat hulle aangestel het, het egter baie verder gegaan en is nie net vir logistieke doeleindes betrek nie. Hulle het self besluite geneem oor watter voorleggings geldig is en watter buite rekening gelaat moet word en hul magte verreweg oorskry.”

Spies meen AfriForum het ʼn baie goeie regsargument en feitestelling, al berus die besluit oor hul aansoek by die twee regters en wil AfriForum nie hul besluit vooruitloop nie. “Wat ook al die uitslag is, dis maar net een veldslag in ʼn baie lang stryd wat AfriForum teen onteiening sonder vergoeding gaan voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elene ·

Ai hierdie grond stories maak ons gedaan! Dankie vir Afri Forum wat die kennis het om dit vir ons te beveg!

Jan Alleman ·

Al die energie wat bestee moet word om mal besluite in die land se politieke gange ongedaan te probeer maak. Ongelooflik. Sterkte! Dis jammer julle word gedwing om hof toe te gaan.

Vissie ·

Dankie vir Afriforum se moeite, gee die poppekas “regering” gas! En kom ons stop die lang sinnetjies oor onteiening sonder vergoeding en noem dit wat dit regtig is: Eiendomsdiefstal

Hoogtyd dat Suid Afrikaners wakker word en besef dat ‘n “regering” wat dink hulle kan gou die grondwet verander om diefstal wettig te maak nie ‘n regering is nie, maar ‘n bende skurke en dat hulle dienooreenkomstig hanteer sal moet word – met weerstand, definitief nie met apatie en gehoorsaamheid nie.

Johan H. ·

Hoop dis regte onpartydige, slim en eerlike regters. As daar so iets is!!!!

JoeV ·

Ongeag of die aansoek slaag of nie, daar is dan darem rekord dat die opsie getoets is op die dag wat alles skeef loop om na te verwys, en mense kan dan verandwoordelik gehou word.

Geregtigheid ·

Bid vir geregtigheid, wysheid en eerlikheid. Regters wat die implikasies van hulle besluite ter harte dra.

Krummel ·

Wat op aarde sal ons sonder Afriforum doen. Hulle is die mense wat die sout van die aarde is vir die Afrikanervolk. Elke burger van hierdie land behoort ‘n bydrae te maak aan Afriforum. Dan kry jy diegene wat jy sover probeer kry, om ‘n sms stem uit te bring vir ‘n goeie saak wat Afriforum voer, wat reageer met nee ek gaan dit nie doen nie, want dan volg ‘n oproep vir lidmaatskap en geld weer. Dankie aan julle mense wat namens ons veg!

Leon Lucas ·

Ons boere probeer produseer, internasionaal meeding en werk skep te midde van ‘n verbete stryd met die regering om vas te hou aan bates. Die Hollanders, Amerikaners en elke beskaafde land ondersteun sy boere en kosproduksie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.