AfriForum se haatspraaksaak teen BLF duur voort

Andile Mnxitana, leier van die BLF (September 2019) (Foto: Mia Slabbert)

AfriForum was Woensdag in die gelykheidshof in Johannesburg in die burgerregteorganisasie se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) en dié organisasie se leier, Andile Mngxitama.

Die hofsaak is onbepaald uitgestel omdat verrigtinge nie vandag voltooi kon word nie. Die hof sal binnekort ’n hofdatum vasstel.

Die saak het vandag begin met beeldmateriaal van Mngxitama se toespraak, sowel as ’n video van ’n plaasaanvalslagoffer wat haar storie vertel. Daarna het Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, as deskundige getuie sy getuienis in die hof begin.

“Volgens AfriForum is hierdie ’n duidelike voorbeeld van haatspraak,” het Roets gesê. “Hoewel ’n organisasie soos BLF se steun weglaatbaar klein is, is dit belangrik om ’n boodskap uit te stuur dat mense wat hulself as verhewe bo die reg beskou, nie met sulke tipe uitsprake kan wegkom nie.”

AfriForum het in Desember 2018 klagtes teen Mngxitama ingedien nadat hy tydens ’n toespraak in Potchefstroom die moord op wit mense aangehits en plaasaanvalle aangemoedig het.

“We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way… We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us,” het Mngxitama onder meer gesê. Hy het aangevoer dat sy organisasie vyf wit mense sal vermoor elke keer wanneer ’n swart persoon in Suid-Afrika vermoor word. Mngxitama het verder aangevoer dat sy organisasie besig is om 50 000 soldate vir hierdie doel te mobiliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann cb ·

Hoe meer publisiteit haatspraak geniet, hoe erger gaan die situasies word!

HP ·

En as hulle in die agtergrond 50 000 militante oplei – is ons gereed?

Tresia ·

En waar sal hulle die geld kry en hoe sal hulle die logistiek hanteer om 50 000 troepe te bestuur .Hulle is n klomp narre niemand glo hulle nie

Gert J ·

Tresia, jy is verkeerd hy glo hom darem self en as hy hom tel tel hy soos oud president, 1 = 50,0000

Marianne ·

HAAT SPRAAK UIT DIE HOOGTE RAKKE!!! Die Regeering speel Hof Hof terwyl Andile sit en grinnik. Laat iemand die gevreesde K woord gebruik is die hel los!!!! Maar die man mag openlik haat, wraak en moord sweer…. GEREGTIGHEID MOET VINNIG EN HARD GESKIET. DAAR MOET VAN HOM ‘n MAJOR VOORBEELD GEMAAK WORD.

Werner ·

Het jy al vd zama zamas gehoor net in die Barberton omgewing is hul 50 000 sterk goed bewapen ook moet hulle nie onderskat nie dan het jy klaar verloor

Jan de Waal ·

Ja ne….
Jy het seker gedink die ANC sal nooit in bewind kom ook ..
skrik wakker
Hierdie mense ken van saamstaan vir ‘n saak

Gert van Wierdapark ·

Dis tyd dat bfl met die kous oor die kop huistoe gestuur word!

Johanna Botha ·

Hulle hele bestaan is gebou op breek en unhappy wees …..NOOIT sal hulle tevrede wees met niks …leef in die verlede !

Lukie Carelsen ·

Daai kabouter Andile (watsenaam?) is lekker arrogant en grootbek – meer bek as binnegoed!
Hy gaan sleg afgeransel word deur AfriForum en as ons nooit weer van hom hoor nie is dit hopeloos te gou!

Db ·

Hy kry sy fondse sekerlik van die a en see om voort te gaan. Dit is hulle beleid om boere te laat uitmoor en hy sê dit net openlik

Bossie ·

Laat Andile maar lag, ons gaan ook weer lag ; die son gaan weer skyn. God slaap nie. En ek BID dat al ons BLANKES wat so lui geword het, ook weer sal terugkeer na God en bid! nie net in slegte tye nie maar ook in die goeie tye God loof vir wat Hy nog altyd vir ons gedoen het. Ons moet hom en Julius nie slegsê nie, maar opreg bid dat God hulle verander. Aan die ander kant het hulle soveel haat dat God nie in hulle kan wees nie.

Elbie ·

Dit verg heelwat logistieke beplanning om 50,000 soldate te mobiliseer, toe te rus, te huisves en te voed. Dan moet jy eers 50,000 man he en geen gebrek aan emosionele intelligensie, gesonde logika en nugter denke nie.

Nel ·

Ek wens ek kon daai veelseggende grynslag van sy bakkies afveeg.

Johan vd Merwe ·

When you look at the word high treason, as described in the dictionary, surely this individual’s actions constitutes to high treason and should therefore be charged accordingly and not just hate speech.

JJ ·

He will be excused as it was said in self defence!!!!
But say the K when robbed and not receiving help you are guilty before even sentenced!!!

Jan de Waal ·

You are quite right in what you observe
Small issue, in his ‘culture’ our laws and morals do not exist.
And because he is a man of color and previously disadvantaged the rule of law ‘that the law must be balanced’ does not apply to him and his kind
Oh and he is a freedom fighter – we are not allowed nor can we fight for freedom
We just sit and bark at the shadows

Bambi ·

50duisend ruk vinnig op…opgesweep loop hul oor ons vinnig…sommer met kieries! Ons moet paraat bly.

Kryger ·

Nee ou maat…ons mense het al erger as dit gesien.
Onthou wat by bloed rivier gebeur het. As die skote begin klap hardloop hulle die berge in. Soos Siener gesê het…ons sal skoon maak tot by die ewenaar

Christa ·

Kan Sommer smile van Sy bakkies afvee.wat hulle nog Sal doen Om aandag op hulle te vestig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.