AfriForum sê Wes-Kaapse boere moet plase “op groot skaal” verdedig

Tony Ehrenreich. Foto: sowetanlive.com

Tony Ehrenreich. Foto: sowetanlive.com

AfriForum het ʼn beroep op Wes-Kaapse boere gedoen om hulself en hul eiendom te beskerm teen die “Ehrenreich/Cosatu-bedreiging”.

Dít kom nadat Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, vroeër gesê het dat plase in dié provinsie “op groot skaal beset sal word” en dat ʼn sogenaamde “oorlog om geregtigheid” op pad is indien boere nie ophou om werkers van plase af te sit nie.

“Ehrenreich hits spanning tussen werkers en boere aan, hy moedig geweld op plase aan in ʼn tyd waar plaasaanvalle ʼn skokwerklikheid in die land is en veroorsaak verdere konflik oor grond. Cosatu se onverantwoordelike uitsprake polariseer gemeenskappe in landelike gebiede en sal verdere afleggings veroorsaak,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron het gesê boere moet by veiligheidsnetwerke inskakel om te voorkom dat hul plase beset word, omdat die regering nie die politieke wil het om boere óf hul plase te beskerm nie.

“Sonder boere sal ons ’n land van hongersnood wees. Selfs mnr. Ehrenreich word deur boere, wat hy nou as vyande uitmaak, gevoed,” het Cameron afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

boer ·

op die stadium voel ek ,dat dit maar so ver as oorlog moet gaan,om ons Afrikaners en boere,
uit die gemors te bevry waarin ons tans is.

Kom dan maar met jou makkers na my plaas en prober dit vat met geweld. Ons boere sal moet laer trek soos in die ou dae,en skiet om te oorleef

Grassie ·

Boer – ek stem saam met jou. Ek sien nie ‘n ander toekoms vir ons volk nie.

PURE BOER ·

Ja nee “boer”. Ek stem saam. Die wat dink dat ons land nog reg gaan kom moet wakker skrik.Die land het n oorlog nodig om SA weer reg te ruk.

anet ·

Ek dink dit sal beter vir ons almal wees om hierdie man te ignoreer, hy is ‘n opsweper en blaas rasse haat aan. Hy het maar net ‘n Diploma in Volwasse Opleinding en het in Elsies Rivier sy skoolopleiding ontvang, so ons kan nie veel van hom verwag met betrekking tot rasse verhoudings nie. Die snert wat hy kwytraak oor die plase in die Weskaap is maar net ‘n herhaling wat ons daagliks hoor “We demand” We Want” “We Strike”We destroy”, maar intussen dra hy niks positief by tot vrede tussen rasse in Suid-Afrika nie. Sit mos op die Troon en verdien ‘n lekker vet salaris om opsweping te veroorsaak

tokkie ·

Anet ek stem grotendeels met jou saam, behalwe dat dit juis hierdie mense is wat die gevaarlikste is om te ignoreer veral omdat hulle so onkundig is oor wat dit regtig beteken om ‘n volwasse leier te wees en daarom die mense wat polities minder “slim” is tot absolute geweld kan aanhits. Die minder “slim” mense ken ook nou nie juis die ware historiese feite nie omdat hulle daagliks hoor dat hulle die reg het om grond ens terug te vat. Ens……

Annie ·

Anet dis nie iets wat maar net geignoreer kan word nie,…dis nie kinders waarmee mens hier te doen het nie, dis terroriste wat hul bes probeer om die laaste van die wit mense uit die land te verdryf of as hulle dit nie kan reg kry nie ons een vir een te vermoor…doen jouself n guns en gaan sluit aan by Boere Krisis Aksie, dan sal jy begin besef wat die volle omvang is van wat in ons land gebeur..help niks om jou oe te sluit en te ignoreer wat aangaan in ons land nie…ons is al lankal in n staat van oorlog…die tyd vir ignoreer is verby, dis tyd dat ons opstaan en begin veg vir ons regte

Jasper ·

Daar is niks so gevaarlik soos n half geleerde barbaar nie.

Anton Smit ·

Dit raak nou hoog tyd dat die Tony Ehrenreich n behoorlike pak slae moet kry maar hy is maar soos alle opstokers te bang om dinge te se waar hy kan pak kry

Riaan ·

Ek is nie ‘n plaasboer nie ( net omdat ek nie ‘n plaas het nie ), maar ek is ‘n boer. Stuur die uwe Tony Ehrenrykgeraak-uit-twakpraat om voor te loop as hulle plase wil beset, ek dink dit sal sy laaste voorloop wees. Ons almal weet hy is in elkgeval net bek, sal nooit verder as heel agter loop nie. Stook die ketel van agter my broe.

veronica ·

Stem saam met jou, Jasper! Dink hy nou regtig sy swart (of soos hy)broer sal van daardie boerdery ‘n sukses kan maak? Nee!! want hulle wil mos net agteroor sit en dinge moet hulself uitsorteer! n Goeie vriend het eendag ietes gesê wat so waar is: Hulle weet nie dat hulle nie weet nie!!! Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer maak dit sin!!! Onnoselike vent!! Dink net so ver as wat sy hare lank is!

Grassie ·

Die spreekwoord sê “hou die kruit droog en die yster ge-olie”

Carel ·

Tony – jy moet pasop “oorlog” is n groot woord….en daar is nooit wenners nie almal verloor….

Franc ·

Mense. Wees versigtig met die woorde en sleg seery. Dit maak ons geensins beter nie. Ons moet nie net almal kop oor gat gaan en dinge se nie. Dis tyd dat ons begin so hard byt soos wat ons blaf. Dit is taktiek, nie skool mondeling nie! Hulle sal hulle gatte sien, maar dit sal ongelukkig ook kom met n hoe prys van albei kante af.

leon ·

Die man is ‘n hater van witmense . Hy is nie net n gootbek nie maa hy probeer onstabiliteit aanhits sover hy kan, tot met die Sadtu

yster ·

As die eerste plaas in die weskaap beset raak dan moet ons saam staan en dit stop voor dit momentum kry. Dink daaraan n 1000 mense beset die eerste plaas. N 1000 of meer boere daag daar op en dryf die besetters af. Droom ek nou of kan dit werk?

Lilian ·

Dit is tyd dat ons weer op ons knieë gaan. Eerstens staan ons volk in groot skuld voor God. Ons het Hom versaak. Ons geloftes het niks beteken nie, want waar is ons mense tydens Geloftedag en op watter wyse vier ons dit? Wil ons nou weer laer trek en ń gelofte aflê as dit net leë beloftes is? Wat weet vandag se jeug van daardie geskiedenis en hoe belangrik dit vir ons is om dit te eerbiedig? Verdien ons volk God se genade? Is ons ongehoorsaamheid nie reeds die rede waarom God toelaat dat ons volk hierdeur gaan nie, want ons is vinnig om te bid en geloftes te maak as dit swaar gaan en dan baie gerieflik om te vergeet as dit goed gaan.

Kosie ·

Lilian, niemand maak ‘n belofte of ‘n gelofte namens my nie. Ek maak dit sommer self.

Roy Harris ·

Om ‘n gelofte te maak wat geslagte dwing om daarmee vol te hou is waansin, onkunde, manipulasie en kortom dom. Niemand maak namens my beloftes nie. Flippit, die wêreld is bietjie groter as jou eng sieninge, Tannie. Verbreed so bietjie jou visie en kom bietjie by.

Annie ·

Lilian
Die Here help diegene wat homself help…al gaan ons op ons kniee gaan Hy nie skielik uit die Hemel neerdaal en ons kom help nie…ons moet vir ons self help en opstaan DAN eers sal die Here ons beskerm…as dit SY wil is…ons mense het Hom dalk versaak maar Hy het ons nie versaak nie…Hy wag dat ons self opstaan en weer die eens trotse nasie word wat ons was

Andro ·

Dis net vreemd dat die belaglike Tony Ehrenreich nie prober uitvind hoekom die boere die mense van hulle plase af sit nie??? As hulle nie werk dan moet hulle gaan reg of verkeerd. Dit maak my bang dat hulle sulke mag se maar bewaar jou arme wit siel as jy tog net ietsie verkeerd se.

Gawie Botha ·

Indien die meerderheidsregering van die dag,gaan toelaat dat Tony Ehrenreich voortgaan met sy dreiegemente,dan het die ANC regering n verskuilde agenda,om die blankes te viktamiseer,en bewys hulle vervolgsugtigheid,sou enige persone gedood of beseer word,of eiendom beskadig word,sal die ANC verantwoordelikheid moet aanvaar,en verstaan dat geweld van twee kante af sal plaasvind,die wat hulle self verdedig om te beskerm en te oorleef,en die van die “aanvallers” onder direkte bevel van hulle leiers element,wat hulle skuldig maak aan “Oproereige gedrag” en die reeds kwynende ekonomie,verder negatiewe gevolge te veroorsaak!,,,,Misdade ingevolge die wet op Oproerige Byeenkomste, Bevordering vanb rassevyandskap,sabotasie(afbrand en vernietig)

En Tony Ehrenreich sal kladsifiseer met die pleeg van Hoogverraad,,,is die wederegtelikke handeling van n Suid Afrikaanse burger of persoon wat hom in die Republiek bevind,om die bestaan,onafhanklikheid,veiligheid of rus van die Republiek met vyandelike opset versteur,bedreig,omver te werp of in gevaar te stel

Jan Hartzer ·

Ek dink dit is tyd dat ons hom besoek met een van daardie blink tange wat die beesboere op die bulkallers gebruik wat nie die graad haal nie. Hy sal daarna sopraan sing ewn hopelik stil bly.

Plaaskind ·

Daar is dit nou…. slim vang sy baas, toe die boere nie te lank terug vir die “geleerdes” laat probeer wysmaak het dat die loon verhoging net te drasties is ni, was hul mos te slim, en nou, ja nou het die boere begin met minder arbeidsintensiwe boerdery en selfs maak hul nou meer staad op tegnologie, en dit nie omdat hul nie mense wil werk gee nie, maar om die eenvoudige rede van kostebesparing, nou is dit weer die boer se skuld, ag nee wat tony hoekom bra jy nie die staat om vir jou n plaas te koop nie? O nee dis darem seker te harde werk, mos baie lekkerder om net rusie te stook en n lekker vet tjek aan die einde van die maand te kry. Jy is n grap

Bill Rundle ·

Kry n hofbevel teen hom wat sal sorg dat sy agterhent in die tronk gestop sal word as hy voortgaan met sy aanhitsing. Die Konstitusie maak voorsiening hiervoor. Die veiligheid, regte en eiendom van almal word beskerm nie net die van die ondersteuners van die regerende party nie. Maak n lys van al die ontwikkeling en bydrae wat hy en sy organsasies gemaak het vir die verbetering en vooruitgang van die lewens van die burgers van die land. Sal net n klein stukkie papier nodig he.

SJ ·

Erenreich moet voor staan as die gemors gebeur….daar is sekerlik heelwat manne wat nie sal omgee vir die geleentheid om sy braafgeit te toets nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.