AfriForum: Sensus kan kulturele identiteit en nierassigheid bevorder

Argieffoto (Foto; AlexanderStein, Pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die amaNdebele belangegroep Vulamehlo Kusile Organisasie (VUKO) het ’n veldtog van stapel gestuur om die korrekte vaslegging van kulturele- en taalwerklikhede in Suid-Afrika te bevorder. Die organisasies moedig gemeenskapslede aan om aktief aan Statistieke SA se Sensus 2022 deel te neem en om hul huistaal korrek aan te dui, asook om hul kulturele identiteit pleks van ras aan te dui.

Die organisasies wil gemeenskapslede aanmoedig om nie die voorafgespesifiseerde raskategorie te kies nie, maar om die “ander”-opsie te kies en dan die kultuurgroep waaraan die persoon behoort in die spasie wat voorsien word aan te dui. Mense moet ook hul huistaal korrek aandui en die persoon moet aandui indien hul huistaal nie op die lys genoem word nie.

“Ons moet van ’n rasgebaseerde narratief en samelewing wegbeweeg,” sê Barend Uys, AfriForum se hoof van interkulturele samewerking. “Die werklikheid in Suid-Afrika is dat daar baie verskillende kultuurgroepe is. Deur ras te gebruik is nie net fundamenteel verkeerd nie, maar dit skets ook ’n onakkurate prentjie van die komplekse werklikheid op voetsoolvlak. Hoe kan ons steeds verwag dat mense hulself in rasgroepe moet klassifiseer as rasklassifikasie afgeskaf is?” wil Uys weet.

“AmaNdebele is konstant in ’n geveg om nie soos tweedeklas burgers in ons land van geboorte behandel te word nie,” voeg Elias Mahlangu, sekretaris van VUKO, by. “IsiNdebele ontvang nie die respek en verteenwoordiging wat dit in die openbare uitsaaiwese en by opvoedingsinstellings verdien nie. Gemeenskappe kan daartoe bydra dat hul inherente waardigheid gerespekteer en beskerm word deur hul huistaal en kulturele identiteit eerder as ras tydens vanjaar se sensusopname korrek aan te dui.”

Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, meen dit is werklik belangrik vir gemeenskapslede om aan die sensus deel te neem en hul huistaal korrek aan te dui. “Die belang en omvang van ’n spesifieke taal word met die sensus bepaal. Sensusinligting het daarom ’n impak op departemente en instellings se taalbeleid – verkeerde inligting sal ’n direkte impak op ’n taalgroep en moontlike litigasie hê indien diskriminasie plaasvind. Dit is in die belang van geletterdheid en onderrig om te verseker dat kinders vir so lank as moontlik toegang het tot moedertaalonderrig en korrekte sensusinligting sal die nodige ondersteuning bied vir enige eise in die verband.”

Mahlangu doen ’n beroep op alle amaNdebele en lede van ander kulturele en tradisionele gemeenskappe om saam te span in die soektog na ’n nierassige toekoms waar kultuur en taal behoorlik erken word.

Besoek https://getcounted.statssa.gov.za om te registreer. Indien jy enige navrae het, kan jy die inbelsentrum kontak by 0800 110 248.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ettienne ·

Sorry Afriforum, ek stem nie saam met julle posisie hieroo nie. Rasseverskille is real en moet herken word. In SA gaan kultureleverskille saam met rasse.

Schalk ·

Indien jy my op n vorm vra wat my ras is, skroom ek nie om te sê ek is wit nie. Ek is nie skaam of polities korrek nie, ek is wat ek is, noem dit maar wat julle wil. Ek is n wit afrikaans sprekende, gebore in wat Donald Trump baie mooi beskryf het, ek is nie skaam vir wie en wat ek is nie.

Grassie ·

Ons as wit Afrikaners, Boerevolk, se land word van ons weggeneem, ons kultuur word voortdurend afgekraak, die peoples sing liedjies dat ons “gekill” moet word, ons taal word orals uitfaseer, ons skole word verengels, ons geskiedenis word uitgewis. Al wat hulle nie van ons kan wegneem nie is die kleur van ons vel, ons ras. Nou wil hulle hê ons ras moet ook nog weggewens word. Dit moet verswyg word. Ons tel nie ‘n punt nie, waarom moet ons nou ook getel word? Afriforum moet herbesin.

Misky ·

Ek is wit en trots afrikaans en sal dit ook so aandui. Wie is dan “ander”?

Papsak ·

Ek is n volle boer in been en murg en my kleur is wit en ek is flippen trots daarop ek is wie ek is en niemand gaan my veranderd nie so los ons net uit asb

Anoniem ·

Ek sal met trots antwoord dat ek ‘n Blanke, Afrikaanssprekende Man ouer as 60 jaar is. Aspekte soos my inkomste ens het niks met hulle te doen nie en is privaat inligting wat my met die Popia Wetgewing beskerm.

kaplyn ·

Ek stem weer saam met Afriforum se uitgangspunt. Die boodskap wat die regering en almal moet kry is dat ras uit alle dinge uitgehaal moet word. Dink net byvoorbeeld aan n aansoek vir werk, en hulle jou ras vra, of as jy jou kind wil plaas inn skool en weer eens wil hulle jou ras weet, of as jy aansoek doen vir jou bestuurslisensie en hulle wil jou ras weet! Soos Dirk Herman al gesê het die regering is ras mal!!! Ras word dan ook deur die regering gebruik om teen die wit mense te diskrimineer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.