AfriForum sit stryd teen onteiening sonder vergoeding voort

(Argieffoto: pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag gesê hy sal in die volgende twee weke openbare verhore oor onteiening sonder vergoeding in Limpopo, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap bywoon.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê dit is duidelik dat die regering nié afgesien het van sy voorneme om die Grondwet te wysig om die onteiening van private eiendom sonder vergoeding moontlik te maak nie.

“AfriForum sit daarom sy stryd teen dié destruktiewe beleid voort.”

Volgens Roets is die regering se volgehoue voortsetting van onteiening sonder vergoeding – ten spyte van ernstige waarskuwings deur ekonome, groot internasionale stemme en die burgerlike samelewing – roekeloos.

“In die lig van die ernstige ekonomiese skade wat die regering se inperkingsregulasies aangerig het, is dit nou meer as ooit noodsaaklik om vir internasionale en plaaslike beleggers sekerheid oor eiendomsreg te kan gee. Die beskerming van eiendomsreg is ’n belangrike boublok vir ekonomiese herstel – en dit is slegs ’n regering wat totaal en blindelings ideologies in sy beleid gedrewe is wat dié feit sal verontagsaam,” meen Roets.

Die verhore oor onteiening sonder vergoeding in die ander provinsies is reeds vroeër vanjaar afgehandel. AfriForum het ook dié verhore bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Flip

Die regering, eff en blf moet net EEN vraag vir hulself antwoord en dit is. Hoekom is daar nie voedsel in zimbabwe se winkel rakke nie?

Maria

Dankie Afriforum. Die spul gaan net aan. hulle het seker nou al al die myne geoormerk wat aan die chinese verkoop gaan word, ook wildplase met skaars diere.

Jaco

Gaan dié onteiening sonder vergoeding net oor wit mense met landbougrond, of is wit mense se grond in stede en dorpe ook ter sprake? Ek besit 2 huise in stedelike gebied, so 25km van mekaar af. Gaan ek:
1. Uitgelos word?
2. Net 1 huis verloor met as rede dat dit onregverdig is om 2 huise te besit?
3. Albei verloor?