AfriForum skep aanlyn sakeplatform vir kleinsakeondernemings

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n veldtog van stapel gestuur om die publiek aan te moedig om klein en mediumgrootte ondernemings in hul plaaslike gemeenskappe met hul koopkrag te ondersteun. Dié platform is in die besonder vir ondernemings wat nie hulp van die regering kry nie. Die stap volg te midde van die Covid-19-krisis se negatiewe uitwerking op kleinsakeondernemings en die regering se gebruik van ras as maatstaf om met Covid-19-hulp teen minderhede se sakeondernemings te diskrimineer.

AfriForum het reeds ’n aanlyn sakeplatform by www.afriforumnetwerk.co.za geskep. Sake-eienaars kan hul ondernemings gratis op AfriForum Netwerk lys, terwyl verbruikers ook gratis op dié platform kan soek na verskillende kategorieë van sakeondernemings in hul plaaslike gemeenskappe.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die groot getal sakeondernemings wat op AfriForum Netwerk geregistreer is, ’n aanduiding van die groot druk waaronder kleinsakeondernemings tans verkeer, asook van die behoefte aan hulp. Sedert die begin van die inperking het die getal ondernemings op dié platform tot meer as 10 000 toegeneem. “Lede van minderheidsgemeenskappe besef ook toenemend dat ons onsself en mekaar sal moet begin help as die regering nie minderhede se sakeondernemings wil help nie,” sê Kriel.

Die konstitusionele hof. (Foto: Ashraf Hendricks)

Die hooggeregshof het AfriForum en Solidariteit se aansoek om die gebruik van ras as kriterium in die toekenning van hulpfondse deur die departement van toerisme ongeldig te verklaar, van die hand gewys.

Die konstitusionele hof het Solidariteit se versoek om verlof tot appèl van dié beslissing Vrydag van die hand gewys. AfriForum wag nog vir dié hof se uitspraak in ʼn soortgelyke aansoek.

Kriel wys daarop dat steun vir plaaslike ondernemings sal help om gemeenskappe op verskeie wyses te versterk. “Die oproep om plaaslike ondernemings te ondersteun word nie net deur sentiment gedryf nie, maar ook met die wete dat daar baie plaaslike ondernemings is wat gehalteprodukte en -dienste lewer.” Volgens Kriel is daar ook ter wille van gehaltebeheer ’n funksie op AfriForum Netwerk waar verbruikers terugvoer kan verskaf oor die dienste of produkte wat hulle van ’n gelyste sakeonderneming ontvang het.

AfriForum Netwerk word gratis aangebied, omdat die doel van die webwerf is om optimale voordeel vir sowel sakeondernemings as verbruikers in gemeenskappe in te hou. “Die helpmekaar-ingesteldheid het ons voorgeslagte deur verskeie krisisse gedra. Daar is dus geen rede waarom ons geslag nie ook die Covid-19-uitdagings met ’n helpmekaar-ingesteldheid kan oorkom nie,” sê Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pampoenboer ·

Die ANC regering is nou besig om die laaste geld wat daar is te versprei om die volgende verkiesing te probeer wen. As minderheids maatskappye net minderheids bevolking indiens het en hul belasting weerhou gaan meerderheid baie gou in moeilikheid wees

Maria M S ·

Hendrik, as dit vir ons as individue net kan moontlik wees om ook ons belasting terug te hou. Enige idee hoe om te werk te gaan?

007 ·

Die Boervolk sal weer opstaan soos talle maal in die geskiedenis. Ons moet eenvoudig nou saamstaan en behoorlik beplan. Die meerderheid is te geldgierig en magsbehep om ons te sien kom.

Charles ·

Dankie vir die aanlyn sakeplatvorm. Ek het dit reeds gebruik om n spesifieke besigheid te soek. Die soek funksie is egter nie baie gebruikers vriendelik nie. Dit gee jou bv 400 besighede in n ry op jou vraag. Vandaar rol jy af tot jy een kry en hom oopmaak vir besonderhede di. No 200. As jy terug gaan om verder te soek begin jy elke keer weer by no. 1. Dit vat nogal lank om elke keer deur almal te gaan en een te vind wat jy soek op no 396. Dit sal gaaf wees as jul die siekfunksie kan optimiseer sodat mens vinniger en met meer woordkeuses kan soek.

Piet ·

Dit is nie die hof wat Solidariteit se verlof tot appel geweier het nie. Dit is die ANC, want hulle beheer die howe.

Frans ·

Wit mense se altyd dis nou die tyd om sam te staan ma doen dit nie wel my busnes het ok nou n wwweee states geword net wit sal da werk

Anoniem ·

Frans ek stem volkome saam met jou. Daar is genoeg van ons eie mense wat dringend werk soek. Ons moet van hulle dienste ALLEENLIK gebruik maak.

Anoniem ·

Stem saam met Frans. MM dit is nou my derde kommentaar. Gaan julle hierdie kommentaar ook weerhou?

Eerlik ·

Toemaar Melaney, my kommentaar het ook verdwyn en ek het GEEN rassistiese of neerhalende aanmerkings gemaak nie. Ek het net my waardering vir die inisiatief uitgespreuk!! Frans, ek staan bankvas agter jou kommentaar en ek hoop die meeste afrikaners neem ook daai standpunt in.

JohanR ·

Kan nog nie verstaan nadat Rupert en Oppenheimer gesien het wat daar gebeure met hulle R1 biljoen elk, die geld nie teruggetrek het nie. Daai geld word nou gebruik, of misbruik met die paaitjie….1. Swart 2. Bruin, 3. Indier en iewers daar door agter in die lyn 4. Wit. Kan net dink in die tyd sukkel Rupert en Oppenheimer se besigheide ook, en hulle as wit sakemanne word ook geraak deur die ANC se beleid van BBBBBEEEEE in die Covid-19 tyd. Of is Rupert en Oppenheimer kop in een mis saam met die ANC?Wie weet waar R2 biljoen nou opeindig? Daai SolidariteIt Fonds van die ANC, sal nou hulle vonds word om die volgende verkiesing te wen. Stem vir die ANC. Dit sal die bitter dag wees!!

ViperTS1 ·

Die Rupert-famile se R1 miljard bydrae is nie aan die regering se solidariteitsfonds betaal nie. Dit word die “Sukuma Relief Programme” genoem, en word deur Business Partners bestuur. Die Ruperts het ‘n meerderheid aandeel in die maatskappy. Hulle pas geen ras-kriteria soos die regering toe nie.

Die Oppenheimers se geld is deur The SA Future Trust bestuur. Daar was ook geen ras-kriteria by hulle nie.

Ek dink beide die Ruperts en Oppenheimers is nie so dom om hul geld aand die regering oor te betaal nie. Jy raak nie so ryk soos hulle deur dom te wees nie.

Sarel ·

Twee vereiste, nee drie is belangrik vir oorlewing en sukses.
1. Ware Geloof en vertroue.in die God van ons Voorvaders , nie in ons self nie.
2. Vergeet van die ” eie ek ” en staan en werk saam soos span osse voor ‘n wa.
3. Los Rasisme en Politiek wasr dit hoort, in die Long Drop.
NS. Meeste mense van alle rasse soek vreedsame naasbestaan. Dit is die Politieke Leierskap.wat dievprobledm is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.