AfriForum soek plaasmoordsyfers

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ʼn formele versoek aan Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, gerig om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 te oorhandig. Die organisasie versoek ook dat die polisie se metodiek rondom die insameling van statistieke oor plaasmoorde bekend gemaak word.

Dit volg nadat die regering in 2007 bekend gemaak het dat geen verdere statistieke oor plaasmoorde ingesamel sal word nie. Phiyega het egter in Maart vanjaar verklaar dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens eintlik nog al die jare daarmee besig is en beweer dat die syfers om “operasionele redes” steeds bygehou word. Phiyega het dan ook syfers bekend gemaak, wat volgens AfriForum se data (ingesamel in samewerking met die landbou-unie, TLU SA) glo “duidelik foutief is”.

AfriForum het onder meer die volgende inligting van die polisiekommissaris aangevra:

Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.

Jaarlikse provinsiale statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.

Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle, ingedeel volgens streke vanaf 1990 tot April 2015.

Plaaslike polisiestasies se statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.

Die dokument waarin die metodologie vir die insameling van data vir 1 tot 4 hierbo, sowel as die verwerking daarvan, uiteengesit word.

Volgens AfriForum en TLU SA se rekords is daar tot en met die datum waarop Phiyega die inligting bekend gemaak het, minstens 316 verifieerbare plaasmoorde in die afgelope vyf jaar gepleeg. Phiyega het egter beweer dat daar volgens die polisie slegs 271 plaasmoorde in dieselfde tydperk plaasgevind het.

“Die publiek was vir lank genoeg in die donker gehou en AfriForum beskou dit as noodsaaklik dat die polisie hierdie inligting bekend maak, ook ter wille van openbare vertroue in die polisie,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Maandag gesê.

“Die polisiekommissaris se bewering in Maart vanjaar dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, word sterk bevraagteken, aangesien daar meer verifieerbare name van plaasmoordslagoffers op ons lys is as die somtotaal wat deur Phiyega bekend gemaak is.”

Roets het verder gesê dat die openbaarmaking van die plaasmoordstatistieke ’n aanduiding sal wees of die polisiekommissaris die plaasmoordsyfers aangepas het om die publiek te mislei, en of die polisie net nalatig of onbekwaam is om betroubare syfers by te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ian ·

As julle werklike syfers wil he, kry dit by Sunette Bridges en hou op om teen haar te baklei. Almal het n gesamentlike doel maar Afriforum stel meer in geld belang as om die doel na te streef.

chris ·

Maak net dubbel seke dat die syfers bewys kan word .Net een verkeerde syfer hoe klein ookal sal die liberale mense die skietgoed gee om die moorde verdag te maak.

Theresa ·

Nee maar die misdaadsyfers neem dan af elke jaar. Dit gaan baie beter in ons land kan julle dit nie insien nie. Urgh!! (Gee my krag – Ek hoop julle kry die regte syfers en nie weer goed wat “aangepas” is nie).

amelia ·

meer bekommerd oor buitlanders Wat gaan Agri forum doen as hul dan wel die regte statistieke het

amelia ·

sorry ek bedoel daar is meer bekommernis oor buitelanders as oor boere wat aangeval besteel en verkrag word

Vra ID nommers van slagoffers ·

Solidariteit moet ook die ID nommers kry van alle slagoffers van plaasmoorde. Die boeregemeendkap moet dan kans gegun word om slagoffers se name op die amptelike lyste na te gaan.

chris ·

Dit is nou ‘n puik idee.Ons moet elkeen kan bewys.Ek dink bg sal die regte pad wees.
Geen maar geen “grensgevalle” nie.Slegs koue feitlike syfers.
Sterkte

jacques ·

Lyk vir my ons klomp kan nie regtig kwaad word vir wat aan ons gedoen word nie,en die weste draai net hulle gesig weg vir wat hier aangaan.Ek het deur die jare alle vertroue in die weste verloor dat ek nou al my hoop begin sit op China van alle lande om n beter lewe vir ons te gee.
Ek weet nie meer nie wil nie graag die land verlaat nie.
Weet nie wat hulle met die statistieke wil maak nie want die wereld stel elkgeval nie belang daarin nie.

chris ·

Jacques.
Vergun my asb tyd om jou te antwoord.
1.)Ons moet juis probeer om nie kwaad te word nie.Ek weet dit is baie moeilik maar dit is presies wat ons nie moet doen nie.Besluite wat met emosie belaai is is 90% + verkeerde besluite.
2.)Die weste of eintlik enige land ter wereld sal ons nie goedgesind wees solank daar nie vir hulle voordele in le nie.Besef dit.Nie die Chinese ,Britte,Amerikaners ens gaan vir ons ‘n beter lewe gee nie.In ons verlede het ons dit ook van geen ander land af verniet gekry nie,ook nie nou nie.Ons het daarvoor gewerk,gebid of geveg.
3.)Moenie die land verlaat nie.Dit is soos om uit die Kaap te trek na Natal om die “two oceans”maraton te vermy net om deur die Comrades getref te word.In my opinie is suid – afrika die beste land om in te bly met al sy probleme.Wees wakker en beskerm jouself en die mense naaste aan jou, dis al.Baie belangrik bly binne die wet.
4.)Hierdie statistieke gaan van onskatbare waarde voorentoe word.Om aan te dring op groepsregte,taalregte eie grondgebied wat ookal vorentoe ons pad gaan wees moet ons basis sterk en opreg wees.Jy sal oplet dat liberaliste baie ongrondige stellings maak en aannames.Om hulle uit die water te skiet is dus baie maklik net solank jy by die waarheid hou.Daarom is dit belangrik dat die syfers korrek moet wees.

Groete

Riaan Slabbert ·

Chris, aangenaam om iemand raak te loop wat sin praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.