AfriForum staan metropolisie by tydens onrus in Pretoria

Werkers staak al vir twee dae. (Foto: Mohlaloga the Les/Twitter)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling het Woensdag die Tshwane-metropolisie (TMPD) bygestaan tydens gewelddadige betogings in Pretoria.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, Grandi Theunissen, het AfriForum genader vir bystand en gevra dat AfriForum se lugvleuel sy hommeltuie ontplooi om tydsensitiewe inligting aan die TMPD te verskaf met betrekking tot die betogers se ligging en aktiwiteite.

AfriForum-buurtwaglede, gemeenskapspolisiëringsforums en wetstoepassers het ook die situasie waargeneem en die gesamentlike operasionele sentrum van die nodige inligting verskaf.

Die veiligheidspan se hommeltuie het die Centurion- sowel as Olievenhoutbosch-omgewing gefynkam en nog hommeltuie is op bystand geplaas sou die betoging na ander gebiede uitbrei.

Maroela Media het vroeër berig die Tshwane-metro loop vir die tweede dag deur onder onwettige stakings wat dienslewering in dele van die stad lamlê.Die voortslepende staking word glo deur ʼn aantal werknemers van die metro gedryf.

Betogers het ontwrigting veroorsaak by die Highlands-winkelsentrum in Centurion en het ook na die Lyttelton-polisiekantoor begin beweeg maar te danke aan vinnige optrede en samewerking tussen die verskillende rolspelers is die situasie gou ontlont.

Die onrus is veroorsaak deur munisipale werkers wat gestaak het oor ’n loondispuut.

“AfriForum het verskeie buurt- en plaaswagte landswyd wat gereeld kragte saamsnoer met wetstoepassingsowerhede. Vandag se gebeure het net weereens bewys hoe effektief dit kan wees wanneer wetstoepassers en gemeenkapsveiligheidstrukture saam werk om gemeenskappe en eiendom te beveilig,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Trots Suid – Afrikaans…

Herman

AfriForum julle is tops!

Tinker

Intussen sit ons al 31 ure sonder krag, dit beteken sonder water want jy het krag nodig om water te pomp op n plaas

Christine

Mense, begin maar glo dat SA deur terrorisme gedryf word tot waar ons nou is. Veral in Johannesburg en Pretoria waar sabotasie van water en krag aan die orde van die dag is. Dit kom direk van die linksgesinde ANC-faksie wat Ramaohosa en die koalisie-regerings van die twee stede wil kniehalter na hulle die verkiesing verloor het van die twee stede. Onthou, dit is wat die ANC was voor 1994, ‘n terroristeorganisasie en hul keer terug daarheen omdat hul besig is om die houvas te verloor.

Cobus

Pateties dat die TMPD geen hommeltuie het nie, maar Afriforum wat ‘n burgerregte organisasie is, het verskeie hommeltuie. Trots Afrikaans.