AfriForum staan ook e-tolwetgewing teen

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het Maandag sy steun by talle ander organisasies soos die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Opposition to Urban Tolling Alliance of OUTA) gevoeg deur die voorgestelde wysigings aan wetgewing oor e-tol te kritiseer wat op 7 Desember 2015 in die staatskoerant gepubliseer is.

AfriForum het al sy lede aangemoedig om kommentaar te gaan lewer op die voorgestelde wysigings.

Die kennisgewing in die staatskoerant voer aan dat persone wat nie tolgeld betaal nie verkeerswetgewing oortree. “Dit is niks anders nie as ’n agterbakse plan deur die regering om die mislukte e-tolprojek deur die misbruik van wetgewing te probeer red nie,” het Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum, gesê.

AfriForum moedig al sy lede aan om vóór 6 Januarie 2016 op die voorgestelde wetgewing te reageer. Klik hier vir ‘n eenvoudige vorm wat OUTA voorsien.

AfriForum is steeds van voorneme om enige lid by te staan indien SANRAL die lid sou dagvaar om sy uitstaande e-tolgeld te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter dp ·

Alle paaie is ons as landsburgers se baate. Maar die staat val in sy plig om na ons bates om te sien.

Nee sal liewer ons bates uit verpand aan ander buitelanders en aan vamielies van die staads ampterare en gardis.

Dis dink ek dit is hoogtuid dat ons ons bates terug uis en die regering dwing om na die om te sien

Daan Erasmus ·

Twak. Ons het beter paaie. Kom ons betaal vir dit. As alternatief kan ons soos by ander tol plazas tol hekke opsit. As jy nie n e tag het nie. Stop en betaal jy.

Pieter.v ·

Daan dis goed so betaal jy maar saam met minder as twintig present wat wel betaal ons ander sal nie betaal nie ,hulle kan ons nie almal tronk straf ople nie daar is nie genoeg tronke daarvoor nie.As die heidige tol stelsel n sukses is gaan die een na die ander opskiet van hier tot in die Kaap en die tolgeld gaan meer as jou brandstof tot daar wees,lees dan sommer die boek eTol saga dan dan sal jy sien hoe korrup die hele stelsel is met n klomp hoog geplaaste anc kaders wat daar sit en salarise en bonuse betaal word wat buite verhouding is.

E.K. ·

Daan Erasmus – ons betaal alreeds heffings op petrol wat veronderstel is om vir goeie paaie te gaan. Dit het voorheen gewerk en was voldoende hoekom nie nou nie? As hulle dit bietjie sou verhoog/aanpas sal elke liewe padgebruiker betaal en nie weer net sommige en sal hul baie gouer meer geld inkry. Dit is reeds met ondersoeke bewys! Hulle het nie gedink voor hulle hul maatjies oorsee beluister het en astronomiese somme betaal het vir ‘n sisteem wat vol foute is nie. Gedurig is daar mense wat aangeskryf word en dan was hul nie eers naby die tolhekke nie – mense ry met vals en/of gesteelde nommerplate rond. Die taxis wat seker die meeste die paaie gebruik hoef nie te betaal so hoe is dit nou reg?

Anne-marie ·

Liewe Daan, ek is nie seker of jy elke dag op die N1 ry nie, maar ek ry daagliks deur 8 etol hekke!
1. die paaie is nie noodwendig beter nie, dalk wyer ja, maar gaan kyk maar na die oppervlaktes – dis so goedkoop as moontlik aan mekaar geflans en het reeds riwwe in wat dit BAIE onveilig maak.
2. waarvoor betaal ons? Ons verskeie heffings en belastings gaan regstreeks in die staatskoffers na die korrupte regering/ staatsamptenare en niks van hierdie gelde word aangewend waarvoor dit geoormerk is nie… maw die instandhouding van paaie gebeur nie
3. wie gaan die meeste baat uit e-tol? die laaste 20 jaar se geskiedenis spreek vanself – beslis nie hierdie land se burgers nie, nee wat, net die ‘few select’ wat selde indien ooit self op hierdie paaie bestuur…. want hulle het mos ‘n hele eskort van blou ligte ….. of n president wat hulle sal help om te kom waar hulle wil wees

Betaal jy maar gerus, maar hierdie is ‘n beginsel en dis tyd dat die Suid Afrikaners as een man sal opstaan teen die flagrante skending van ons mense regte!!
Anne-marie

Francis van der Waltsleben ·

Dit is belaglik, ons moet net betaal. Hoe dink hulle moet mens lewe.

DPJ ·

Hoe anders moet die skatkis gevul word vir buiten sporige vermorsing?

Markus ·

Hoeveel keer moet ons nog vir die paaie betaal. Die een wys reeds agteruitgang

Rienie Kruger ·

Daar word gesê : “No work no pay ” selde gedld hier “No Request no pay” doen wat nodig is soos om ons water stelsel in plek te kry, diens op te skerp in alle staats en semie staats besighede en moet nie dinge doen wat nie nodig is nie e-Toll was iemand se baba wat net gewag het vir sy “CUT”

GES ·

As ons spoorwegstelsel nie deur wanbestuur en swak besluite vernietig was nie kon swaarvoertuie van die paaie afgehou word. Die padinstandhoudingskoste sou heelwat laer gewees het en minder padongelukke sou plaas gevind het. Ons betaal genoeg belasting om hierdie droom te kon verwesenlik. Nodeloos om te sê wat huidiglik aan die gang is. Die resultaat van korrupsie, onbevoegdheid en gierigheid fier hooggety.

Eliza-beth ·

MENSE ASB – moenie hier kommentaar lewer of dan NET hier kommentaar lewer nie. Klik op die blou skakel in die berig en gee dringend jul kommentaar op die dokument wat oopmaak. ELKE liewe stem tel. Al skryf jy nie lang stories nie, doen dit asb en stuur aan almal wat jy ken, ons moenie net kla nie ons moet ons stem laat hoor!! Onthou die afsny datum vir dit is VANDAG! Versprei die berig asb en laat almal hul stem laat hoor!

Rina Pretorius ·

ek sal nie betaal nie, ek betaal genoeg belasting, vroeer jare was ons paaie baie beter gewees en belasting baie minder, se vir zuma hy moet asb driekwart van die ministers afdank wat sulke abnormale hoe salarisse ontvang dan hoef ons dit nie te doen met allerhande belastings en tolgelde nie. So sorry ek betaal nie

Corne ·

Hoeveel liters brandstof word daagliks regdeur die land verkoop? Dit kan skokkend wees om dit te kon weet, maal met brandstof heffing wat ook nie ‘n klein bedraggie is nie. Die antwoord gaan deffenitief op baie groot bedrag uitkom. En dis net daagliks. Wat word van hierdie geld??? Orals waar ek ry, lyk die paaie baie sleg, so dit gaan duidelik nie na die paaie toe nie.

John ·

Wat ook ‘n groot bykomende probleem is, is die baie vals nommerplate en verkeerde rekeninge wat lisensiehouers reeds slapelose nagte gee. Indien jy jou lisensie wil hernu en skielik hoor dat jy iewers rondgery het waar jy nooit was nie, of ‘n groot trok besit wat daagliks die e-tol-roete gebruik, sal dit maande vat om die saak reg te stel en intussen moet jy ‘onwettiglik’ rondry met ‘n motorlisensie wat reeds verval het. Hoe gaan so ‘n probleem aangespreek word? Ek voorsien chaos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.