AfriForum: ‘Staat kan nie bewusmaking oor standbeelde skep’

Foto:  Vusumuzi Shongwe op Twitter.

Foto: Vusumuzi Shongwe op Twitter.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag gesê die doringdraad wat om die Paul Kruger-monument op Kerkplein in Pretoria aangebring is, is ʼn kragtige boodskap oor die owerhede se gebrek aan leierskap.

Foto’s van die standbeeld wat nou deur rolle lemmetjiesdraad omring is, is vandeesweek deur talle sosiale gebruikers op verskeie platforms gedeel.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die Tshwane-metroraad en regerende party kon in 2015 nie daarin slaag om bewusmaking te skep daarvoor dat historiese figure uit die verlede in hul tydskonteks beoordeel moet word en dat erfenis gerespekteer moet word nie. Die gevolg is dat standbeelde en monumente steeds die teiken van politieke vandale bly en dat daar nou tot hierdie uiterstes oorgegaan moet word om dié monument te beskerm.

“In plaas van gesonde debat en ʼn voortdurende dialoog oor die verlede, is die beste oplossings waarmee owerhede in Suid-Afrika skynbaar vorendag kan kom, om beelde af te sper, te bedek of selfs nog erger, te verwyder. Dit verander niks aan die verlede nie en polariseer gemeenskappe in die land op ʼn al gevaarliker wyse,” het Bailey gesê.

Foto:  Vusumuzi Shongwe op Twitter.

Foto: Vusumuzi Shongwe op Twitter.

“AfriForum verwelkom dat die monument wel teen vandale beskerm word, maar die langtermynoplossing is nie verwydering of beskerming agter lemmetjiesdraad nie, maar om ʼn gemeenskap te skep waar daar soveel respek vir alle Suid-Afrikaners se historiese insette – positief en negatief – en erfenis is, dat beskerming onnodig is. Solank die ANC aandadig is aan die misbruik van erfenis as wapen teen gemeenskappe in die skep van ʼn sondebokkultuur, sal tonele soos Oom Paul agter doringdraad op Kerkplein egter die gebrek aan leierskap vir beide plaaslike inwoners en besoekers duidelik maak.”

Bailey het verder bygevoeg dat die Paul Kruger-standbeeld ironies genoeg net soos die meeste Suid-Afrikaners, haarself inkluis, dié Kerstyd agter doringdraad tegemoet gaan in ʼn poging om aan misdadigers te ontsnap. “So verkry die beeldegroep en lemmetjiesdraad ook ʼn nuwe betekenis, aangesien dit grafies illustreer hoe alle Suid-Afrikaners aan misdaad uitgelewer is weens die owerhede se onvermoë om ons na behore te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elizabeth Grilo ·

Dis ongelukkig nie die ‘staat se onvermoe om ons te beskerm nie’, maar veel eerder dat die staat nie daarin belangstel om ons te beskerm nie…….

kunsinnig123 ·

N beeldende kunstenaar kannie die probleem van misdaad beter voorstel as wat reeds hier voorgestel is deur die standbeeld van oom Paul agter die draad nie.

penellope jones ·

Die doringdraad spreek boekdele van die hedendaagse S.A. Leierskap praat ek nie eers van nie.

Frans ·

En so word Oom Paul die beskermer van duiwe want sy ou volkie lê wyd in onenigheid agter doringdraad en hoë mure verspreid oor Suid Afrika se stede en vlaktes

Johan ·

“Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.Die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag”

Pieter ·

Sluit dit foto’s in?
Selfies ook?
Mag ons nog gaan fliek?
En 3D flieks?

Nee wat, ek vermoed baie sterk dat die Here ons eerder kom verlos het van al die ou reëltjies.

Danie Kok ·

Johan, jy laat selektief na om vers 5 (die eerste gedeelte) ook aan te haal. Dit lees: “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God…” Die Bybel moet altyd in konteks gelees word, dit is nie ‘n galery van tekversies wat uitgepluk kan word om sektariese standpunte te “bewys” nie. Ek wonder net, voel jy ook so oor ‘n sekere reuse beeld wat reg voor die Uniegebou staan…?

Berhalet Beukes ·

Paul Kruger is nie ‘n verteenwoordiging van ‘n godsdiens of afgodery nie… Daar is iets soos konteks wanneer ‘n mens Bybel verse aanhaal… God is ‘n regverdige, intelligente God en vra dat ons Sy Woord tot die uithoeke van die aarde versprei. Nie selektief aanhaal en ‘n bespotting daarvan maak nie.

lostit ·

Regtig Johan in )my lewe en dit is sover lang lewe(het ek nog niemand voor Oom Paul op jul kniee sien sit en bid nie

Francois ·

Suid-Afrika mag dalk (nog nie) rommelstatus op ekonomiese gebied bereik het nie, maar hierdie noodsaaklike, dog tragiese, stap om beelde te moet afsper, bewys onteenseglik dat Suid-Afrika inderdaad tot die vlak van rommelstatus gedaal het wat kultuur-historiese erfenis betref.

Peet Schabort ·

Ek stel voor dat by die standbeeld aangebring word: “This is how ALL law obedient citizens live in SA”.

Johann Basson ·

‘n Nuwe Suid-Afrikaanse besienswaardigheid vir die miljoene buitelandse besoekers met hul triljoene dollars. Voorwaar ‘n spieëlbeeld van die nuwe Suid-Afrikaanse reënboognasie wat glo in demokrasie gebaseer op “Vryheid, Gelykheid, Broederskap en Naasteliefde”.

Johannes Meintjes ·

Die wedersydse respek vir kulturele erfenis in SA bly skynbaar ‘n tamaletjie. Paul Kruger, terloops, het nogal heelwat gedoen wat sekere “swart”stamme tot vandag toe ekonomies bemagtig. Jammer dat FW die “wit stam” binne die multi-kulturele konteks ontmagtig het. Die “oordrewe groot beeld” voor die Uniegboue is ‘n ander interessantheid t.o.v. prosedure, aangesien daardie hele terrien reeds tot erfenis gebied verklaar was en onaangetas gelaat moet word. Die doringdraadheining op die MM foro by hierdie berig is dieselfde tipe heining en doringdraad wat rondom die Uniegbou gespan word, b.v. sigbaar as jy van Kerkstraat deur die tuine stap na die “Groot Madiba” standbeeld. Die tragedie is dat die multi-kulturele samelewing in SA se onverskilligheid jeens geskeidenisfeite ons almal ook blind laat vir die hede en die toekoms. Doringdraad en wette (of oogklappe) kan nie ongeregtigheid ongedaan maak nie. Geregtigheid, Godvredendheid en wedersydse respek begin in die hart en gees van elke individuele Suid-Afrikaner.

HOPOPHO ·

Exodus 20: Nie HE’ nie ! Nie HE nie ! Rigters 6:31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ‘n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.” Maar daar is die wat vir baal veg . Gideon het in die donker gegaan , vat weg die draad . Paul Kruger behoort ons te kan help .Gee Oom Paul kans om vir himself te veg . Plaas hierdie een asb ,

Danie Kok ·

HOPOPHO, vergewe my maar jou kommentaar is ietwat onsamehangend? Wat beteken “Nie HE’ nie! Nie HE nie!” ?? Uit watter Bybel het jy dit aangehaal? En wat is die relevansie van Rigters 6:31 met betrekking tot oom Paul se standbeeld? Nee man, moenie so respekloos met God se woord omgaan nie.

HOPOPHO ·

Als reg Danie ,my langes afgehaal . Ex. 20:3 Dis die eerste gebod . 33 Vertaling . Mense glo die leun as dit aanhoudend gehoor word .Jon 3:9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? Die bal is altyd aan ons kant so’ ons moet maar kyk wat doen ons wat die God van die Bybel kwaad maak . Spreuke 2. Toe Gideon die volk se “kultuurerfenis” omgooi begin sy loopbaan as rigter en die Here verlos sy volk ? Dieselfde scenario nou soos toentertyd . Hgl 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.