AfriForum steek stokkie voor EFF-grondbesetting

Juan Mouton, Johan van der Merwe, adv. Johan Hamman, Alet Uys en Douglas Lake in die Mafikeng-hooggeregshof waar AfriForum ‘n uitsettingsbevel teen onwettige besetters gekry het (Foto: AfriForum)

Juan Mouton, Johan van der Merwe, adv. Johan Hamman, Alet Uys en Douglas Lake in die Mafikeng-hooggeregshof waar AfriForum ‘n uitsettingsbevel teen onwettige besetters gekry het (Foto: AfriForum)

AfriForum het vandag ʼn hofbevel in die Mafikeng-hooggeregshof bekom teen die onwettige besetting van grond deur ondersteuners van die EFF en AMCU. Dít kom nadat die eienaar, Johan van de Merwe, nie ʼn klag van betreding kon open by die plaaslike polisiestasie in Marikana nie, en sonder beskerming gelaat is.

“Ons hou die stasiebevelvoerder, kapt. Phule, verantwoordelik vir die wetlike plig wat sy stasie nie wou uitvoer ter beskerming van landsburgers se regte nie,” het Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes, gesê.

Dougie Lake en sy pa, Johan van der Merwe van die Rooikoppies-plotte in Buffelspoort, sukkel sedert verlede naweek om die polisie se hulp te kry om die onwettige grondbesetters te verwyder.

Tussen 70 en 100 mense met EFF- en AMCU-klere het Saterdag die plaas begin afmeet vir besettingsdoeleindes. Lake sê terwyl die besetting aan die gang was, is hulle van een polisiebeampte na die volgende verwys, totdat dit begin blyk het dat die polisie hulle bloot nie wil bystaan nie.

AfriForum het die hooggeregshof met ʼn dringende aansoek genader vir ʼn uitsettingsbevel, toe daar teen Vrydag reeds meer as 20 huisies op Van der Merwe se grond opgerig is.

“Al wat ons van die polisie hoor is dat hulle nog beplan aan ʼn operasie om die besetters te verwyder. Dit is onaanvaarbaar, dit is al ses dae, en net méér mense het die grond begin beset,” het Tarien Cooks, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Noord, bygevoeg.

Pawson sê daar is ʼn toename in grondbesettings en dat nóg meer verwag kan word soos verkiesingstyd aanstaande jaar nader. “Grondeienaars moet hulle gereedmaak om die EFF en partye wat grondregte wil vertrap ingevolge wetgewing teen te staan. Grondeienaars kan AfriForum nader vir advies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ANDRÉ ·

Watter deel van “jy kan nie net vat wat nie joune is nie” kan hierdie plakkers nie verstaan nie?! Ek is baie bly oor hierdie hofbevel.

Winston ·

Die polisie verstaan nie hoe om wette te vertolk en te implimenteer nie. Dink hulle is die wet. Maak soos hulle lus het. Volg Zuma se voorbeeld reg deur die land. Dankie vir Afriforum. Ek is n trots Afriforum ondersteuner en maak nêrens n geheim daarvan nie.

FM ·

Ek is ook n Afriforumondersteuner, maar my kommentaar word nie geplaas nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.