AfriForum stel gemeenskapsoplossing teen misdaad bekend 

afriforum-kongres“Misdaad is ʼn epidemie wat in ons land posgevat het omdat die regering sy plig om wet en orde te handhaaf, versuim.”

Dít is die standpunt van Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, by die bekendstelling van die burgerregte-organisasie se Nasionale Veiligheidsplan tydens die organisasie se nasionale kongres by Klein Kariba in Limpopo.

“Suid-Afrika het ʼn mensgemaakte rampgebied geword, ʼn plek waar misdadigers vry kan rondbeweeg en waar ons gyselaars in ons eie huise is,” het Jansen van Rensburg gesê.

Dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het tydens die bekendstelling gesê dat misdaad nie deur die regering gekeer kan word nie, en het met verwysing na die misdaadsyfers van die afgelope 20 jaar gesê Suid-Afrika is in ʼn lae-intensiteit-burgeroorlog gewikkel.

“Met 1 uit elke 100 polisiebeamptes in Suid-Afrika wat ʼn kriminele rekord het, bestaan daar min rede om vertroue in die SAPD te hê. Onder die leierskap van genl. Riah Phiyega het die misdaadsituasie in die land versleg. Sowat 700 huisbrake word elke dag aangemeld, en sowat 100 gevalle van trio-misdade, wat ernstige en geweldsmisdade is. Waar daar in 1994 sowat 25% van hierdie soort misdade was, het dit tot meer as 40% toegeneem. Die slotsom is dat misdade ál meer gewelddadig, gefokus en spesifiek geword het,” het Cronjé gesê.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het AfriForum meer as twee jaar geneem om dié veiligheidsplan te ontwikkel. “Die veiligheidsplan maak dit moontlik vir landsburgers om hulself op ʼn verantwoordelike en wettige manier te beveilig.”

Die volgende fokuspunte is by die plan ingesluit:

  • Infrastruktuur

– Patrollies

– Reaksie

– Insidentbeheer

– Radionetwerke

– Beheerkamers

  • Opleiding

– Basiese patrollieopleiding

– Wetlike aspekte

– Toneelhantering

– Gespesialiseerde opleiding vir reaksiespanne

– Noodhulp

– Radiokommunikasieopleiding

Jansen van Rensburg meen pleidooie aan die regering werp nie vrugte af nie. “Politici en regeringsamptenare maak hulle skuldig aan misdaad en korrupsie, terwyl gewone mense bloei. Ons mag dit nie verder duld nie. Ons moet iets doen. AfriForum se Nasionale Veiligheidsplan bied die nodige infrastruktuur en opleiding aan gemeenskappe wat hulself teen misdaad wil beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Izzy ·

Dankie Afriforum dat julle bereid is om iets te doen om die misdaad te probeer bekamp.

Johann Marx ·

Ek sal ALLES self doen……solank ek nie ‘n sent se belasting meer hoef te betaal nie!! Op die oomblik betaal ek deur my nek vir iets wat ek nie kry nie, dan doen ek wat ek moet met die oorblywende fondse, en dan betaal ek diegene wie my gefaal het nog 14% addisioneel vir die voorreg om alles SELF te doen! GEEN BELASTING MEER NIE!!

Ben ·

Daar is net een ding wat misdadigers afskrik en dit is geregtelike straf. Die misdadigers in ons eie land sowel as die van die res van die wêreld daarbuite, weet dat bitter min straf in SA uitgedeel word (as jy gevang word) en dat SA ‘n veilige plek is vir hulle. Ons is reeds wêreldwyd bekend as ‘n veilige hawe vir misdadigers.

Hennie ·

Watwou! Een uit elke 100 polisie is misdadigers? Ek sou sê, 80 uit elke 100 in die polisiediens is misdadigers!

Tokkie van tonder ·

Ons is so bly ons het julle om vir ons te veg !! Dis n wonderlikke plan… My hart baie seer… Omdat van die Polissie so oneerlik en self verslaafdes is.. Maak hulle die taak van eerlikke Polissie manne. Wat trots is op hulle werk soveel moeiliker…… Nou hoe kAn mens daai trots he.. Mense vierkantig in die oe kyk…. Nee hulle voel Gladnie goed meer nie … En moet hul gedurig verdedig dat… Ek is nie een van hulle nie…… Dis net soos die. Verpleegsters wat die werk doen net vir geld….. Niks meer nie…. Ek is trots op die Polissie wat tenspyte van alles.. Die gemeenskap nog dien….. Dankie vir hulle…..

badboy ·

al wat ons land weer sal reg help is om die strawwe vir misdaad swaarder te maak ,maar nou ja ons almal weet dit sal nie gebeur nie .so al wat oor bly jy moet maar die wet in eie hande neem en doen wat jy moet doen om jou mense te beskerm .

Klaas ·

Wonderlik afriforum. Net jammer die boere kon nog nooit saamstaan nie. Jul planne is dood gebore.

CT Botha ·

ag ou Klaas en wat doen jy? Die ou saamstaanstorie is al holrug gery ! My ondervinding is dat dit juis n goeie verskoning is om niks te doen nie! Rol jou moue op en begin en hou op verskoning soek om juis niks te doen nie!

Dave ·

Presiès soos CT Botha sê, Klaas. Julle ry daardie saamstaanstorie holrug omdat julle verbeeldingloos is en net agter ander aan praat. Ander wat buitendien ander napraat wat ook nie weet wat hulle praat nie.

alex ·

Klaas dis korrek wit afrikaners kan nie saamstaan nie. Dit het nog nooit in hierdie leeftyd gebeur nie.

Dave ·

So alex en Klaas, julle tweetjies wil hê dat die blanke Suid Afrikaner moet saamstaan soos die ANC en die EVV. Of soos die ANC en Inkhata. Of sou julle saamstaan verkies soos die van Zuma en Mbeki? Julle ry die saamstaanstorie so holrug as moontlik sonder om te weet waarvan julle praat. En alex, ‘Afrikaner’ word met ‘n hoofletter geskryf indien jy die nasie respekteer.

SeNet ·

Kyk bietjie na kommentaar op sosiale media en nuusberigte… Die wit Afrikaner is gek daaroor om mekaar te verskeur met woorde ..

pop ·

Ek glo ook daar moet begin plan gemaak wod dat ons vrygeskeld word van belasting. Ek wil n prokureur gaan sien om te hoor daaroor. Hier by my is diefwering, alarmstelsels en elke liewe ding om myself te beskerm, want die regering doen dit nie, so ek wil hulle nie meer betaal om niks te doen nie. Verder werk die krag, water, riool ens. ens net by tye, en daarvoor betaal ons deur ons nekke. Vir die pad betaal ons net so duur. Nou waarvoor betaal ons belasting??? om asem te haal lyk dit my. En boeta moenie doodgaan nie, dis ewe duur!!! Afriforum, ek hou asem op om te sien of gaan daar iets van gaan kom van julle planne met die dwarstrekkerige volk van julle.

Tiaan ·

Agriforum maak my lam!
Die ANC het nog nooit die gewapend stred af gesweer nie, ons bevind ons self in n volskaalse oorlog waar minimum geweld gebruik word om die doel te bereik, pangas, messe en nie die grof geskud van die weermag nie. Ons is al lankal in n burger oorlog.

Dit is juis die wette en die toepassing daarvan wat ons vaal. Jy kan onmoontlik nie binne die raamwerk van die wet misdaat bekamp nie oor die dood eenvoudige rede, jy wat blank is, is die teiken en die wette word so aangepas om die krimineel se veiligheid te verseker.

Die enigste manier wat jy misdaad gaan bekamp is om teen die regering en sy gesag te gaan en daarvoor het Agriforum nie die maagspiere en wil nie want daarin le nie vir hulle wins nie. Nee, hulle moet maar hulle polities korekte spel gaan speel in die strate.

Gjorg ·

Ummm…dis afriforum nie agriforum nie. Die tipe galbrakery wat aangaan elke keer wat Maroela media iets skryf laat my wonder oor die kaliber mense wat hierdie artikels lees.

Dave ·

Ummm… dit is faal en nie vaal nie. Dit is mense met ‘n vaal uitsig soos jy wat ook ‘n beslommernis is in pogings om die land tot sy kleurvolle glorie te laat terugkeer.

Johann Marx ·

Dit klink alles goed en wel, maar Afriforum moet die konstitusie gaan lees. As hulle hulleself beskikbaar stel om my veiligheid en sekuriteit te wees, en hulle faal my…..gaan ek hulle verantwoordelik hou vir die gevolge daarvan. Hierdie is ‘n uiters moeilike veld om te betree….en jy kan ook nie mense aanhits om hulleself te verdedig nie, dis net so gevaarlik. Ek dink Afriforum behoort hulle energie te gebruik om die regering van die dag te motiveer om te doen waarvoor hulle hulleself beskikbaar gemaak het in 1994, en hulle verantwoordelik te hou waar hulle dit NIE doen nie.

Johann Marx ·

Ek dink daar is goeie regsgronde om ‘n konstitusionele saak te dryf om alle misdaadverwante uitgawes belasting aftrekbaar te maak, teen 0% BTW te laat aanslaan, en om die naasbestaandes van vermoorde slagoffers kwyt te skeld van enige vorm van belasting (ook boedelbelasting) waar die staat hierdie slagoffers in die steek gelaat het. Op die oomblik generaar misdaad vir die regering miljarde Rande….en misdaad sal net aangespreek word, as daai gans met die goue eiers nek omgedraai word. Komaan Afriforum, waar is julle “konstitusionele kenners”???

Winston ·

As trotste Afriforum lid is ek weereens beïndruk met n plan. Iets word gedoen en nie net van die kantlyn af geskree hoe om die bal te hanteer nie. Ons kan eenvoudig nie langer net sit en toekyk nie. Tyd om te begin is nou. Dit is betreurenswaardig ja, dat daar baie mense is wat dink solank dit nog nie met my gebeur het nie, dan hoef ek niks te doen nie. Dit raak nie net vir my nie maar n hele bevolking onder druk. Begin deelneem en werk saam. Die regering steur hulle geensins aan ons oproepe nie. Verander die spel patroon. Dit mag dalk aan die begin nie goed lyk nie, maar hoe meer samehorigheid daaruit voortspruit, hoe groter word die kans op sukses.

Fanie ·

OK Nou waar is die Patrollies, die beheerkamers en die Radio Netwerke, of moet dit nog geimplementeer word? Kan ons meer inligting kry van hoe en waar dit ingestel gaan word en hoeveel geld dit my uit die sak gaan jaag? Gaan Afriforum dit eensklaps landswyd begin en instel, of hang dit van die burgers af? Gespessifiseerde inligting sal hoog op prys gestel word want waar klop ek aan om aan te sluit en deel te wees.

Johannes Meintjes ·

Bravo AfriForum, – met die bede dat alle landsburgers die gevare insien en dat bestaande beveiligingsinisiatiewe saamwerk in alle tersaaklike opsigte. Misdaad en korrupsie kan eenvoudig nie net so aangaan en maar net doodluiters vanuit leunstoele, kerkbanke of politieke platvorms gade geslaan word of op Maroela media ge-oe en ge-aa word nie!

Peet J ·

Ek hoop net die regering gaan toestemming en bystand verleen aan die infrastrutuur wat benodig word , opleiding reaksiespanne, patrollies, radiokommunikasie, noodhulp e.d.m.
Hoekom nie maar net die Kommando’s weer instel i.p.,v. om al hierdie onkostes op die landsburgers af te laai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.