AfriForum steun saak oor vermiste kleuter

Liyaqat “Lee” Mentoor. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die familie van die vermiste Liyaqat “Lee” Mentoor ondersteun en sal Woensdag die beskuldigde se borgtogaansoek by die Roodepoort-landdroshof bywoon.

AfriForum is van mening dat die beskuldigde, Onke Mashinini (Lee se ma se kêrel), nie sonder regsgronde op borgtog vrygelaat moet word nie. Die organisasie het in ʼn verklaring gesê ʼn faktor wat oorweeg moet word, is dat Lee reeds langer as 90 dae vermis word.

“Die Mentoor-familie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader aangesien hulle voel die polisie het nog nie ʼn behoorlike ondersoek gedoen om vas te stel wat met die driejarige Lee gebeur het nie. AfriForum sal die regsproses dophou om te verseker dat geregtigheid geskied,” het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesê.

Lee is op 16 Maart vir die laaste keer lewend gesien. Hy is glo deur ʼn paartjie in ʼn silwer motor opgelaai toe hy deur Mashinini by sy ouma se huis in Roodekrans afgelaai is. Sy ma, Kaylah, het hom as vermis aangemeld.

Die polisie vermoed Lee is vermoor alhoewel sy liggaam nog nie gevind is nie. Mashinini is op 17 Maart in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van ontvoering en moord.

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Santie ·

Net een vraag? Hoekom “ondersteun” julle nie die hofsake waar die gemors verskyn wat ons boere verkrag en vermoor nie?

Abe ·

Santie en marous,
Vind uit wat is Afriforum en wat is n privatevervolgingsgesag voordat julle Afriforum veroordeel. Die organisasie doen wonderlike werk. Dankie aan hulle.

Tess Riekert ·

Kismanne is ‘n goeie voorbeeld. Hulle wou die kabeldief skrik op die lyf jaag. Nou sit die jong Boere in die tronk en ta eis steeds meer. Net so vinnig gewees om die modelletjie wat ‘n oorveeg toegedien was deur Grace Mugabe by te staan.

Tammy ·

Santie dit het my nou ook onkant gevang toe ek die berig lees, maar ek is totaal in skok,eerlikwaar!!! Waar is AfriForum wanneer ons boere aafgeval, gemartel en doodgeskiet word? Hoekom juis hierdie geval bevoordeel?

Denise ·

Jesus het mos gesê: “laat al die kindertjies na MY toe kom” hoe kan ons toelaat laat enige kind iets moet oorkom in ons land. ONS ALMAL MOET DAARTEEN OPTREE EN VEG VIR KINDERS EN VROUENS. Hou tog op met die kleur, dit is mos nou wragties onnodig? Indien jy ‘n kind van God is, sal jy weet wat is reg! God het sy Seun gestuur om vir ALLE NASIES te sterf. Nie net vir die Jode se sondes nie… so ASSEBLIEF!! Lewe soos God wil hê ons moet wees, en nie soos die ANC wil hê mense moet lewe nie! Die tien gebooie, dis hoe ons moet lewe. Wees die lig in die wêreld, sout van die aarde…

Tammy ·

Denise moet asseblief nie alles deur jou godsdiens probeer regverdig nie. Hier is iets heeltemal anders bespreek. Baie dankie!!

Raad op!! ·

Kyk, as ‘n wit Afrikaanse jongboer van Ceres wat self elke dag ekstra paraat moet leef om te probeer voorkom dat ons nie ook deel word van die plaasaanval statistieke nie hoor ek wat almal hier sê en stem in ‘n mate saam, MAAR dit is interessant dat elkeen dadelik net aan hulle eie ras dink en nie een mens simpatiseer eers met die gesin van hierdie seun nie. Kan nie eers indink hoe ek sou vole as dit my kind was nie. Ek dink regtig dat rasgebaseerde selfsug die eintlike ding is wat ons as land vandag onder kry, want vir elke situasie in ons land spring almal op hul perdjie en wit in die een rigting, swart in die ander en bruin in die ander. ALLES raak ‘n rassaak!!! En almal probeer tog so graag net polities korrek wees om saam met “sy mense” te stem of te staan. Tot ons nie hierdie brug oorsteek en ophou dink dat een kleur beter of belangriker is as ‘n ander is nie sal ons land maar aanhou val tot daar niks oor is nie. As ek nie my volle vertroue plaas in die 70 bruin en 50 swart mense wat elke jaar my oes moet afhaal of uie trek nie sal my besigheid nie ver kom nie. SAAM maak ons dit werk, vir EEN doel. Kan maar net bid dat dit eendag in ons land ook kan gebeur. Hou so voort Afriforum!!

Jo ·

Haal my hoed absoluut vir jou af! Sterkte daar in Ceres!
Mag jy (letterlik) net vooruit boer.

marous ·

Abe , gaan kyk na artikel 13 van die Strafproses wet . Gaan vra jy hulle wat die implikasies is. Dalk kry jy ‘n antwoord , ek het nie.

Abe ·

Marous,
Lees wat Raad op!! hierbo se. Miskien kry jy daar n antwoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.