AfriForum: ‘Streng optrede teen vandale dringend nodig’

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

AfriForum het ʼn dringende beroep op die betrokke owerhede gedoen om teen die mense op te tree wat verantwoordelik was vir die vandalisering van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein.

“Die situasie versleg daagliks, mense raak al meer opgesweep deur die emosie van gebeure en dit kan ʼn gevaarlike polarisasie van gemeenskappe veroorsaak,” het Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Bailey meen die debat oor standbeelde en monumente is tans prominent in die media en enige aandagsoeker met ʼn politieke agenda weet hy gaan in die kollig kom met ʼn daad van vandalisme.  “Die boodskap moet aan die anargiste gestuur word dat hul optrede onaanvaarbaar is en gestraf sal word in terme van bestaande wetgewing, voordat onomkeerbare skade aan die Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese erfenis aangerig word, of die polarisasie tussen gemeenskappe tot geweldpleging lei.”

Volgens Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, wou lede van dié organisasie vanoggend vroeg al die Kruger-beeld gaan skoonmaak.  Hulle het tegniese advies van die Erfenisstigting aangevra, maar is gerusgestel dat die stigting die beeld behoorlik sal skoonmaak en by die polisie klagte teen die vandale sal indien.  “Die Jeuglede voel baie sterk oor die bewaring van ons erfenis en gisteraand se gebeure is vir ons onaanvaarbaar,” het hy gesê.

Bailey en Maree het waardering teenoor die Erfenisstigting uitgespreek vir hul vinnige optrede en ook die Metro-polisie bedank vir die stappe wat nou gedoen word om die Kruger-beeld en ander erfenisterreine in Pretoria te beskerm.

AfriForum het die afgelope week ʼn petisie geloods wat vra vir ʼn moratorium op die verskuiwing van alle standbeelde en monumente op openbare terreine.  Die organisasie stel verder voor dat ʼn nasionale erfenisberaad gehou word om oor die toekoms van die land se kultuurhistoriese erfenis te besin.

AfriForum Jeug is ook besig met ʼn veldtog om die publiek van die belangrikheid van ons erfenis, wat standbeelde insluit, bewus te maak.

AfriForum meen bewaringsorganisasies, die verantwoordelike amptelike organisasie SAEHA, politieke leiers en die burgerlike gemeenskap moet almal sterk standpunt inneem teen die huidige ideologies-gedrewe debat en stappe doen om te verseker dat wedersydse erkenning en respek vir gemeenskappe se onderskeie bydraes tot en menings oor die geskiedenis bevorder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marjan ·

Ek wil net weet, die standbeeld van zuma, dit is mos nou nie snaaks dat oom paul nou n beurt kry nie?
Ruim die zuma standbeeld se gemors op gee oom Paul sy bad en word F.kken groot mense!!!!almal van jullie!!!!!! Soos n kind wil ek mos nou weet Wie het begin? Dissi ekki dis jy !!!! Asseblief mense!!!!!!

Peet Schabort ·

“Ons gaan nêrens !” wat vir die oningeligte beteken “ONS BLY NET HIER WAAR ONS NOU IS !!” en BASTA !!

Peet Schabort ·

By verdere nadenke is daar nog baie plek vir standbeelde op Kerkplein. Net soos wat die naam “Kerkstraat” aanstoot gegee het stel ek voor dat die naam “Kerkplein” verander word na “Freedom Square”. Hier waar ons almal vry is behalwe van die duiwel. Ek dink ook aan die “Manneken Pis”-standbeeld in Brussels wat met ‘n paar veranderinge ‘n verstaanbare inslag sal vind hier by ons. Hy sal net a.g.v. pompe wat alewig stukkend is net sonder sy straal water moet klaarkom. Dalk tog kan iemand gereeld instaan vir hom om die toeriste nie teleur te stel. Ek sien ook ‘n IKOON van wêreldgehalte waarvan ‘n standbeeld van natuurlik ontsaglike grootte opgerig moet word en dan netsoos die Boerefiguurbeelde op die voetstuk van Oom Paul kan daar dan wees die standbeelde van die ‘ouens’ “See-no-evil-Hear-no-evil-Speak-no-evil”. Selfs ‘n standbeeld van die chinees “Wu Flung Dung” met ‘n emmer poef kan die geskiedenis uitbeeld. Pretoria kan ‘n wêreldbekende stat (spelling korrek) word waar die boodskap van verdraagsaamheid met donkergroen verf op die paadjies tussen die beelde uitgedra kan word. Die grassnyers kan verkoop word en met daardie geld kan alles tussen die beelde groen geverf word en sodoende kan onderhoud tot ‘n minimum beperk word. John Deere sal GROEN wees van jaloesie !!

Gert ·

Mooi skoon netjiese eerste wêreld Pretoria is nou vuil vervalle agterlike Tshwane. Die plek is nie die naam “Pretoria” werd nie.

Dan Koch ·

Stadig maar seker gaan hierdie kruitvat ontplof. Die patetiese regering vd dag het geen beheer oor die regstelsel nie. Geweld diefstal en bedrog is aan die orde vd dag en Polisielede staan voor on die koor. Waar gaan dit eindig? Arnagie! Skrik wakker Suid Afrika.

david ras ·

Oom Paul se beeld vandag—hoelank voor die Heldeakker ook getakel gaan word ? Hemel tog,
die polisie het hulle hande vol met al die misdaad soos dit is–nou moet hulle nog beelde gaan bewaak ! Straf hierdie misdadigers behoorlik ! Begin by Malema, want dit blyk dat hy nou mense aanmoedig om misdade te pleeg– eintlik pleeg hy sedisie, en dit grens aan hoog verraad.
Sluit hom nou toe vir die hele land se onthalwe. Hoe lyk dit Jacob–het jy die ghoene om dit te doen ?

Andries Vorster ·

Ons Afrikanergeskiedenis is gegrond in die gereformeerde Christelike geloof wat ten diepste ‘n roepingsbewustheid impliseer in die land waar die Soewereine God hulle geplaas het. Dit is ons erfenis en nie beelde nie. Leer ons ons kinders nog van hierdie erfenis en onderrig ons hulle in hierdie erfenis. Dit is hartseer dat volksgenote ’tot aksie’ wil oorgaan as beeld beskadig word (ek ontken nie die geskiedkundige waarde van beelde nie) maar as die Woord van God uit die leerplanne van ons kinders uitgeskryf word dan gaan ons maar gedwee ons gang, los ons kinders in die skole en onderwerp hulle vir 12 jaar aan humanistiese onderwys. Waarvoor wil die standbeelde dat gered word? Vir wie? Vir ‘n geslag wat aan die humanistiese staatsonderwys oorgelewer was? Daardie geslag sal julle oorlog as sotlik en onnodig beskryf? Kom ons gaan besin net weer oor die lewens van die manne agter die beelde. Gaan kyk en leer julle kinders van die gereformeerde roepingsbewustheid van ‘n Jan van Riebeeck, Paul Kruger, Koos de la Rey, Totuis en vele meer. Hulle voorbeelde is vir ons van meer waarde as hule standbeelde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.