AfriForum takel enorme grondeis in Centurion

Dr. Eugene Brink, Ian Cameron en Marnus Kamfer van AfriForum het gesê die burgerregte-organisasie gaan die grondeis teenstaan. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag by ʼn mediakonferensie in Centurion aangekondig dat die organisasie ʼn grondeis sal teenstaan wat op sowat 4 000 ha residensiële grond in die Centurion-omgewing ingestel is.

Duisende huishoudings in die suide van Centurion het 2018 op ʼn lae noot afgesluit nadat hulle die nare nuus ontvang het dat hulle grond geëis word.

Die Grondeis-kommissie het van die inwoners op ʼn vergadering in Desember laat weet dat 39 lede van die Mahlangu-familie ʼn eis in Desember 1998 ingestel het. Die eis is nagevors en 20 jaar later in Junie 2018 in die Staatskoerant gepubliseer.

Die betrokke grond is in dié tyd ontwikkel. Eiendomme in Rooihuiskraal-uitbreiding 9, 10, 17, 19 en 20, ʼn gedeelte van Olievenhoutbosch, The Reeds-uitbreiding 5,10 en 49, Zwartkop-uitbreiding 8, Highveld-uitbreiding 68, Heuweloord-uitbreiding 2 en 6, Celtisdal en Midstream word deur die eis geraak.

Die grond waarop die Danie Joubert-deurpad gebou is, is ook by die grondeis ingesluit.

Ian Cameron, hoof van AfriForum-gemeenskapsveiligheid, het gesê die verslag wat die Grondeis-kommissie vir die Centurion-grondeis saamgestel het, beslaan net 40 bladsye.

“Ek beskou hierdie eis as pure opportunisme. Die verslag is net gegrond op hoorsê en is plek-plek vaag met onbelangrike inligting en talle spelfoute. Dit is beslis nie ʼn akkurate verslag nie.

“Die manier waarop die verslag saamgestel is, is heeltemal partydig en neem glad nie die regte van huidige huiseienaars in die omgewing in ag nie,” het Cameron gesê.

centurion-grondeis-2019-02-05-01

‘n Kaart van die woonbuurte wat by die grondeis in Centurion ingesluit is. Foto: Reint Dykema.

Die eisers beweer dat hulle as arbeiders verblyfreg en ongeregistreerde voordele van bewoning van langer as 10 jaar op die grond gehad het. Hulle voorouers het die regte tussen 1959 en 1980 prysgegee sonder enige vergoeding.

Cameron en sy span meen egter die huiseienaars wat nou eiendom in die woongebied besit, kan nie verantwoordelik gehou word vir dít wat in die verlede gebeur het nie.

“Wat vir ons ook kommerwekkend is, is dat die kommissie nie moeite gedoen het om met die oorspronklike eienaar van die plaas waarop die grondeis ingestel is, ʼn MC Opperman of sy familie, kontak te maak nie.

“Die eisers voer aan dat hulle grootouers vir twee tot drie maande op die plaas gewerk het en toe afgesit is. Op grond hiervan stel die kleinkinders nou ʼn grondeis in en meer as 60% van die eisers het aangedui hulle sal eerder finansiële vergoeding verkies. Net 4% wil die oorspronklike grond terughê.”

Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, sê die organisasie het die Grondeis-kommissie reeds skriftelik versoek om meer inligting oor die eis te verskaf en die tyd om kommentaar op die eis te lewer, uit te stel.

“AfriForum het reeds ʼn aksieplan gereed en is besig om die nodige stappe te doen om hierdie aanval op private eiendomsreg teen te staan.

“Ons kan ook nie toelaat dat die belastingbetaler pa moet staan vir enige vergoeding wat vir hierdie grondeis uitbetaal word nie, veral nie as daar nie bewys kan word dat die grondeis wettig is nie.”

  • AfriForum hou ʼn gemeenskapsvergadering op 19 Februarie om 19:00 by Leriba Lodge. Die organisasie sal inwoners tydens die geleentheid meer feite oor die grondeis gee en watter stappe gedoen kan word om dit teen te staan. Besoek www.grondeis.co.za om bywoning vir die vergadering te bevestig of meer inligting hieroor te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

JohanL ·

So as jy 2 – 3 maande by iemand werk op sy plaas, is jy geregtig om grond te besit? Dis lekker man, dis lekker.

En ek praat nou nie eers oor die feit / mite / storie / leuen dat die betrokke persoon nou wel kwansuis op die grond gewerk het nie.

Sanna Hanna ·

Ek het langer as drie maande op ‘n wynplaas gewerk! Ek gaan nou my eise instel sodat my naam sommer op hierdie oesjaar se etikette kan verskyn!

Trots Afrikaans ·

Ek het vir 15 jaar op ‘n diamant myn gewerk en gebly. Kan ek eis?

Johan ·

40 bladsye met talle spelfoute.Dit Klink vir my na een van hulle beter verslae. …narre!

legens ·

Dit is sekerlik net reg dat mense wat 21 jaar daar gewerk het , sonder vergoeding , nou vergoed word ? weet nie waarom dit solank neem nie .

Andre Stander ·

Verstaan ek jou reg..? Is jy onder die indruk dat iemand vir 21 jaar gewerk het – sonder om ‘vergoed’ te word…?? Wie is so desperaat….?

marius ·

Hoe kan hul die hele plaas wil eis as hul slegs vir ‘n paar maande op sekerlik net ‘n paar vierkante meter gewoon het???

Werner ·

Ek het ‘n idee dit sal vir die eisers raadsamer wees om by ‘n rooilig te gaan staan en kollekteer. Maarnouja, as jy populisties is, waarom nie probeer kortpad vat nie?

Sarel ·

Selfs hierdie grondeiers het nie eens vertroue in Cyril se beloftes oor grond nie, nee, hulle volg hul eie kop.

leser ·

en wat van my eis, dit is in 1912 ingesit toe my oupa die hele transvaal besit het, dis nou nog nie afgehandel nie, …………………………………………he, he

Mike ·

En wys die verslae aan VSA en ander lande dat hul kan sien hoe hul dit probeer doen het, nog meer bewyse van grondeise.

Leeu ·

As dit deurgaan, slaan alles plat, versout die grond en steek aan die brand, dat hulle vir n slag moet werk vir iets.

Anoniem ·

As hulle dan nou wil vuil speel, speel saam vuil en neem ‘n lekker vetterige 2de verband op die grond uit en koop elders waar daar nie ‘n grondeis op is nie, ‘n huis daarmee. Verhuur die “grondeis huis” en los dit vir die banke om te baklei, die eiendom behoort mos aan die bank totdat dit klaar betaal is. As ons dit nie self kan beveg nie, gebruik “ander hulpbronne” om dit vir ons te doen.

zoom zoom ·

Ek woon in Centurion en die erf wat ek jare terug gekoop het, het geen bewyse van enige bewerking getoon nie. Ek moes self inklim voor ek kon begin nou.

JohanL ·

zoom zoom – dan het jy probleme :) :) LOL LOL

Want as daar geen bewyse van enige bewerking was nie, dan het daar verseker “sekere” mense gewoon :)

spelling ·

spelfoute sal geen verskil maak in die eis nie. die hele ketting sal steeds moet voortgaan teen die eis. net weer n klomp geld, tyd, spanning en gesondheid wat daarmee gepaard sal gaan. onthou daar sal nie n kortpad wees nie want hou in gedagte wie die grond eis.

Ja swaer ·

Dis sg navorsing is om van te lag. Die lugfotos is deur die Grondeise Kommissie self opgestel. Op grand waarvan vra ek jou? Daar is GEEN rekord van enige aard dat hierdie eisers op enige van daai grond gewoon het nie. Dis alles ‘n groot liegspul. Maar hulle wys presies tot op die fynste graad uit waar hulle voorouers kwansuis gewoon het, waar hulle geplant het en waar hulle beeste gewei het. Waar kom hulle aan die presiese liggings? Daar was bitter min ontwikkeling daardie tyd en geen paaie of landmerke nie. Enige van daardie dele wat ge-eis word kan met honderde meters uit wees wat betekn hulle eis die verkeerde stukke grond. Verder beweer die eisers self dat hulle grond gekry het in Winterveldt en Mabopane – dus was hulle vergoed met grond, nie waar nie. Dis n groot geldmaak skema hierdie en die belastingbetaler gaan betaal miljoene. En soos Afrforum uitwys, daar is geen poging aangewend om die sg MC Opperman se nasate te identifiseer of op te spoor nie. Hier is geen bewyse nie, net ‘n gekonkel onder eed deur ‘n groep eisers. Wie gaan al die ontwikkelings van miljarde Rande vervang? Hulle kan slegs geld kry want die sg weidings en plant en verblyfregte kan nie herstel word nie

Kfn ·

Ek wil nog altyd weet hoe ‘n heidense voorvader gees aanbidder nou eintlik ‘onder eed’ kan sweer.

HvH ·

Die eis is in 1998 ingestel, ek het my eiendom gekoop in 2000. Niemand het erens iets genoem van ‘n grondeis teen die eiendom nie op daardie tydstip nie.
Moes ek die bestaan van die eis ruik?
As ek geweet het van die belaglike eis van mense wat skaars ‘n paar maande vir ‘n boer gewerk het en agv daarvan eis dat hulle die regmatige eienaars is, sou ek NOOIT ‘n eiendom gekoop het nie. Waar beskerm die reg die huis eienaars wat soos ek wat geen benul gehad het van die gemors nie?

Geregtig?? ·

Een ding wat ek nie kan verstaan nie, is die redenasie as dit kom by grondeise. Ek het 42 jaar gewerk vir ‘n maatskappy, maar ek kan nie aanspraak maak op eienaarskap van deel van die maatskappy nie. Of kan ek??? Moet ek nie ook ‘n slag begin eise stel nie? ‘n Groot deel van my lewe is daarin!

HvH ·

Die hele spul is belaglik. Hoe hulle sulke openlike diefstal regverdig gaan my verstand te bowe. Die ergste is – volgens jou verband ooreenkoms, bly jy aanspreeklik vir die betaling van die verband, al word jou eiendom weg geneem deur OSV. Hoe de drommel? Dis mos ‘n resep vir ‘n volkome ekonomiese ineenstorting.

Gert ·

Wat van die boer en sy voorouers wat geslagte lank op die plaas gebly het en dit oorspronklik wettiglik gekoop het? Hoekom het hulle nie ‘n eis op die grond nie maar arbeiders wat 3 maande net daar gewerk het, het wel ‘n eis?
Siek konsep!

Fryingfrog ·

My voorouers het baie grond in Poitiers, Frankryk besit. Ons was deel van die adelstand. In 1686 moes ons voorouers vlug vir hul geloof. Hulle is eers Nederland toe en toe met die skip “Oosterland” Suid-Afrika toe. Omdat ons eerste voorvader ‘n dokter was, het hy toe nie ‘n stukkie grond by Franschhoek gekry nie. Wanneer gaan die regering ‘n grondeis teen Frankryk instel namens die du Plessis-families?

Tertia Human ·

verskoon my jy het vir die wit man gewerk n salaris maandeliks verdien jy het geen reg tot eninge grondeis nie halllllooooo!!!! kan mens so eenvoudig wees!!!!!!!!!!!!!!! gehoor van n grondeis klokkie gehoor lui maar weet nie eens waar die bell is nie, Vader behoed en bewaar ons en gee ons asb krag.

Barries ·

Of dit waar is en of daar iets van sal kom weet mens nie, maar dat dit n negatiewe uitwerking op huis pryse in Centurion gaan hê is so.

Phil ·

Moet ek nou bekommerd raak dat my tuinier of huishulp se kinders of kleinkinders n eis op my eiendom gaan instel omdat hy Saterdae in my tuin en sy in die week in my huis werk? En wie gaan die eiendomsreg kry tussen my tuinier en my huishulp?

JohanL ·

Phil, as die huishulp inwoon sou ek bekommerd raak. Nie oor die meriete van die saak nie, maar bloot die feit dat sy gaan eis en jou klomp geld gaan kos aan regsonkoste en die ongerief verbone daaraan.

JAN ·

Oee dit lyk my na dieselfde oorlog as Trump se muur en May se brexit!! Die vreemde plakkers kry burgerregte stemreg en sorg . Ook eiendomsreg ten koste van geskiedkundige wettige eienaars.
Floreer

Mellivora ·

HvH – Ons het in 2000 ‘n klein plasie teen die Magaliesberg gekoop om op af te tree. Geen grondeise op daardie stadium – 1ste registrasie voor 1913. Paar jaar later toe word ‘n grondeis aangekondig. sedertdien net regskoste – meer as 10 jaar al. Grondeise kommissaris ignoreer net hofopdragte en elke keer is dit ‘n nuwe regter en nuwe opdragte. Ons is nou al in ons sewentigs en wil trek na ‘n aftreeoord maar kan nie die eiendom verkoop kry nie. Voorspoed met julle saak. My raad is moenie “stres” nie dit gaan waarskynlik nie in jou leeftyd afgehandel word nie en minstens is julle darem ‘n paar duisend mense wat die regskoste kan deel.

Elna ·

Hierdie grondeise is volgens my mening maar bra opportunisties. Die feit dat jy daar gebly en gewerk het, gee jou geen reg op die grond nie. Sal maar moet sien hoe hierdie eise gaan vorder…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.