AfriForum, Tshwane-metro bereik konsensus oor tariefverhoging

Foto: Argief

AfriForum en die Tshwane-metro het vergader en onderneem om saam te werk om konsensus vir albei partye te bereik rakende die implementering van die 2019/’20-elektrisiteitstariefverhogings.

Die partye het in identiese verklarings gesê as deel van die ooreenkoms het albei partye onderneem om kwartaalliks te vergader om te verseker dat duidelike kommunikasiekanale gevestig word met betrekking tot die saak.

Gelde sal vir inwoners gehef word volgens die 2018/’19-tariewe soos deur Nersa goedgekeur en die Tshwane-metro sal voorafbetaalde verbruikers wat die verhoogde tarief moes betaal met eenhede krediteer.

Albei partye wag op Nersa vir goedkeuring van die 2019/’20-tariefverhoging om geïmplementeer te word.

Aangesien AfriForum en die metro op hierdie bepalings ooreengekom het, gaan die organisasie nie meer voort met die hofstryd teen die metro om die voorgestelde tariefverhoging te probeer verhoed nie. Deur die hofsaak te laat vaar skep AfriForum ’n omgewing wat bevorderlik vir interaksie met die metro is.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, was dit ’n positiewe vergadering en hy hoop dat dit tot goeie samewerking in die toekoms sal lei.

“AfriForum is altyd gewillig om saam met die metro te werk ten einde te verseker dat ons lede se regte beskerm word. Ons hoop dat ons voortaan sulke kwessies kan oplos voordat ons die punt bereik waar die howe genader word.”

Die beraadslagings met AfriForum is volgens die Tshwane-metro ’n aanduiding dat daar aan die einde van enige meningsverskil erkenning daarvoor is dat alle gemeenskappe deel van een metro is wat uit verantwoordelike inwoners en vennote bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dankie Afriforum dat jul Tshwane so mooi dophou en ons op hoogte hou!

Johan ·

Maw in die toekoms sal die metro dit duidelik kommunikeer dat ons minderheid meer gaan betaal vir krag terwyl die res soos parasiete op ons teer?

Keelvol ·

Wanneer gaan hulle ons krediteer, dit sou vandag gebeur en daar is niks.

P J Fourie ·

Hoop Afriforum doen dit ook by Nama Khoi Munisipaliteit. Hier voer ons maar ‘n alleen stryd.

sweis ·

Dankie Afriforum hou die DA fyn dop ons kan hulle nie vertrou nie.

riaan ·

Kan Afriforum nou asb. iets doen oor die 24.5% verhoging wat bestuurders in Tshwane gekry het terwyl HULLE NIKS DOEN OM DIT TE VERDIEN NIE?

Pretoria gaan by die dag agteruit maar bestuurders kry ‘n 24,5% verhoging. HOE MAAK DIT SIN?

Kaaskop ·

Wel gedaan AfriForum! Hoop julle het ook aangedring dat ALLE kragverbruikers moet betaal vir hul elektrisiteit, ook die agterstallige en uitstaande rekenings!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.