AfriForum: Tshwane moet opdok na kragtariefverhogings

Argieffoto

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Donderdag ʼn versoek aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gerig om ondersoek in te stel na waarom die Tshwane-metro nog nie verbruikers wat verlede jaar deur onwettige kragtariefverhogings geraak is, terugbetaal het nie.

Dit volg na Tshwane-metro verlede jaar onwettige kragtariefverhogings sonder die goedkeuring van Nersa toegepas het. Tshwane-metro het einde Oktober tydens ʼn bestuursvergadering aan AfriForum belowe hulle sal elke sent aan verbruikers terugbetaal. Terugbetalings moes al in November verlede jaar geskied het.

Volgens die Elektrisiteitsregulasiewet (ERA) moet Nersa klagtes rakende die opwekking, oordrag, verspreiding of handel van elektrisiteit ondersoek indien ’n lisensiehouer betrokke is wat versuim om aan sy lisensievoorwaardes te voldoen.

AfriForum het verlede week Dinsdag by Tshwane-metro opgevolg oor die uitstaande geld, maar tot dusver geen terugvoer ontvang nie.

Jaco Grobbelaar, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, sê hulle het Tshwane-metro genoeg tyd gegee om hul ooreenkoms na te kom en dat hulle versuim het om hul pligte na te kom. “Daarom moet ons as ʼn burgerregteorganisasie verdere stappe doen om toe te sien dat inwoners van die Tshwane-metro se regte beskerm word,” sê hy.

Grobbelaar sê AfriForum sal voortdurend druk op die betrokke partye plaas en opvolg om te verseker dat inwoners se geld terugbetaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Daren 1 Organisasie wat na die Publiek kyk – en nie ent die publiek gebruik vir stemme nie – Waar is die VF – hoekom help hulle nie met sulke goed nie?????

Joe Olivier

En wat van die 112% verhoging wat ons betaal op vullisverwydering in Tshwane vanaf Aug verlede jaar? Die onwettige stadsreinigings heffing van vroeër is toe net so by vullisverwydering gevoeg.

Pampoen

Wat help dit. Hulle eis nog steeds elke maand geld volgens die vehoogde tariewe. Al die geld is natuurlik weer gebruik vir vet nonusse en duur eind jaar partytjies. As al die nie betalers ook begin betaal sal ons betalers nie so swaar trek nie

Maans

Tipies van die da in Pretoria. Hulle wurg jou laaste sent uit vir die wat bereid is om te betaal maar die wat niks betaal kom weg met moord. Ek het dieselfde ondervinding van hulle gehad in Kaapstad.

Boertjie

Ek wonder maar net hoe hulle verbruikers wat van voorafbetaalde krag gebruik maak, gaan terugbetaal, aangesien hulle nie ‘n idee het hoeveel krag die verbruikers aangekoop en verbruik het nie. Ons moet maar vashou aan die droom dat die stadsraad dit wat hulle ons skuld, sal terugbetaal, want ‘n droom sal dit net bly. Soos die droom van ‘n korrupsievrye regering, plaaslik sowel as nasionaal.