
Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.
Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag ʼn formele klag by die Verenigde Nasies ingedien teen pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu, die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Dit is oor uitlatings wat Ramaphosa en Sisulu glo gemaak het om dié organisasie te diskrediteer en hul werk te verydel.
In antwoord op ʼn twiet deur pres. Donald Trump van die VSA, het Ramaphosa in ʼn onderhoud met die internasionale nuuskanaal Bloomberg gesê dat Trump mislei is oor die situasie van grondgrype en plaasmoorde in Suid-Afrika. Sy uitlatings het daarop gedui dat geen plaasmoorde of grondgrype in die land voorkom nie.
Sisulu se uitlatings hou verband met AfriForum se besoek aan die VSA in Mei 2018 om bewustheid te skep oor die Suid-Afrikaanse regering se beleid van grondonteiening sonder vergoeding, grondgrype en plaasaanvalle. Sisulu het kort voor dié besoek gesê AfriForum versprei “blatante leuens” en “valse inligting” oor Suid-Afrika.
AfriForum versoek in sy klag dat die spesiale rapporteur ’n onderneming van Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering sal kry dat hulle AfriForum doeltreffend as menseregteverdediger sal beskerm. Hulle versoek ook dat Ramaphosa en die regering verantwoordbaar gehou sal word vir hul beweerde pogings om AfriForum te diskrediteer in die organisasie se poging om internasionale bewusmaking te doen oor growwe menseregteskendings. Verder versoek die organisasie dat Ramaphosa en Sisulu hul uitlatings op ’n internasionale platform terugtrek.
Volgens Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, is plaasmoorde, onteiening sonder vergoeding en grondgrype baie ernstige kwessies wat menseregte skend. “Die eerste stap om dié krisisse te begin oplos, is om die bestaan daarvan te erken. Dit is uiters kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie kwessies plaaslik ignoreer, maar dit is onaanvaarbaar dat die president die bestaan van die krisis geheel en al in die internasionale sfeer ontken. Die poging van die president se woordvoerders om die betekenis van sy uitsprake ná sy terugkeer na Suid-Afrika te kontekstualiseer, het niks gedoen om die skade te herstel wat internasionaal aangerig is nie,” meen Roets.
Roets sê AfriForum poog om die vergrootglas op dié kwessies te plaas deur internasionale bewusmaking te skep.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
42 Kommentare
Goed so sisulu is agterbaks , ook maar n zuma aanhanger , ramaposa is nie veel beter , hy probeer net voorgee en goed te klink , window dresser
Tiepies wat verwag jy. Al wat ANC kan doen is om leuns te versprei en om die land in so n swak plek te sit. Plaas dat hulle op hou om nonsens te praat en eerder die land se probleme uit te solteer.
As hy sy snert terug trek, suip ek my dronk!!!
Dankie AfriForum – Hoop jy slaag – en die 2 kry wat hulle verdien.
As jy net Noord kyk…. sal jy besef hulle wil die Hele Afrika gelyk in palm!! Hulle het kamstag die Land stuk stuk verkoop..maar noudat “dit” ons gedeelte bereik het….panick ons!! Hulle is baie skelm…kom met ‘n draai!! En verkoop dit onder ons voete uit!! Wat van ons? Aag wat..hulle maak ons maar net almal gelyk vankant! Maklik!!