AfriForum verkla regering by VN oor Covid-19-rasseagenda

AfriForum se Ernst Roets, Monique Taute en Kallie Kriel tydens die bekendstelling van die veldtog ‘The Wordl Must Know’. (Foto: AfriForum)

Die ANC-regering gebruik ʼn wêreldwye gesondheidspandemie om hul eie diskriminerende rasse-ideologie te bevorder, en die wêreld moet dit weet.

Dis hoekom AfriForum sê hulle vandag ʼn klag by die Verenigde Nasies teen die regerende party gelê het.

In ʼn gepaardgaande verslag verwys AfriForum na Suid-Afrika se “toksiese afsonderingskultuur”, waaroor hulle sê die VN reeds hul kommer uitgespreek het. Voorbeelde word ook gegee van hoe die regering afsonderingsregulasies gebruik om rassediskriminasie te bevorder.

As ʼn voorbeeld hiervan meld die verslag die departement van toerisme wat ras as kriteria gebruik het in die toeken van ʼn R200 miljoen-hulpfonds aan klein sakeondernemings wat deur die afsondering benadeel is. AfriForum het die departement hof toe gesleep, maar die hooggeregshof in Pretoria het in die departement se guns beslis. Die hooggeregshof en die Konstitusionele Hof het boonop albei die organisasie verlof tot appèl teen die beslissing geweier.

Die verslag verwys verder na niewinsgewende organisasies wat verhoed is om tydens afsondering kos aan behoeftiges te versprei en die manier waarop die regering wetenskaplikes gemuilband het nadat hulle kritiek gelewer het op die regering se hantering van die Covid-19-pandemie.

“Die wêreld moet weet wat in Suid-Afrika aangaan en dat die regering skaamteloos hul rasse-ideologie bevorder onder die dekmantel van ʼn globale pandemie,” sê Ernst Roets AfriForum se hoof van beleid en aksie .

Die verslag sal ook aan internasionale mediahuise en AfriForum se kontakte in ander lande se regerings gestuur word.

Roets sê AfriForum verwag nie van ander lande se regerings om Suid-Afrika se probleme op te los nie, maar wil graag hê die Verenigde Nasies en ander lande moet in die openbaar standpunt inneem oor wat in Suid-Afrika aan die gebeur is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

die klag moes lankal sover gegaan het, c eria l, moet ook as persoon verkla word vir mense slagting

Venter

Dit help niks dit wat gebeur in SA word gedryf deur die buite land dat mense dit nog nie raak gesien nie gaan terug en maak n studie

Melinda

Almal behoort te weet dat die VN kommunisties is. Nie veel ooghare sal he vir paar witmense of minderheidjie wat nou kla nie. Ons sal baie oorspronklik en uit die boks moet dink om bewusmaking te kan bewerkstellig.

Termiet

Ongelukkig ly die VN en buiteland almal aan die mandela sindromom en hulle almal glo ons blankes skuld die swart gemeenskap alles oor “white privlage”.

Althes

Die ANC se beleid was erg diskrimenerend en rassisties teenoor wittes. Blade Nzimande het gesê te veel besighede behoort aan wittes.
Daar kry jy alreeds 1+1=2. Hul het hul verlustig toe een vir een die besighede vou. Mense het hul werk verloor as gevolg van die inperking. Anserskleuriges ook wie vir daardie maatskappye gewerk het.
Soos die Sjinese gesegde sê, as jy wraak wil neem, grawe 2 grafte. Een vir jou vyand en een vir jouself (want jy gaan daarin val) Karma wag vir jou!!