AfriForum-verslag oor skending van minderheidsregte vrygestel

Graffiti op 'n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn verslag vrygestel wat glo daarop wys dat daar ʼn “stelselmatige skending van taal-, kultuur- en minderheidsregte” in Suid-Afrika plaasgevind het.

AfriForum het gesê die Burgerregte-indeks, wat in 2015 saamgestel is, is gebaseer op gebeure wat gelei het tot die gewelddadige botsings op kampusse en tot konflik oor universiteite se taalbeleide.

“Gedurende die afgelope paar jaar is die beskerming van hierdie regte moeiliker gemaak deur die voortdurende naamsveranderingsage, Pansat se ontbinding en stellings soos dié oor minderhede deur Lulu Xingwana, die voormalige Suid-Afrikaanse minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede,” het Mariska Batt, woordvoerder vir AfriForum, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Johan Nortjé, ’n navorser verbonde aan die AfriForum-Navorsingsinstituut, is een van die redes hiervoor dat ons nou ʼn omgewing beleef waar basiese burgerregte en die Grondwet toenemend ondergeskik gestel word aan politieke ideologieë soos transformasie.

Volgens die verslag het sommige van die regte, wat nie doeltreffend deur die regering beskerm is nie, tydens 2015 verswak.

Eiendomsreg in Suid-Afrika is toenemend in gedrang: Sewe wette wat private eiendomsreg raak, is in 2014 goedgekeur, insluitend die Wet op die Beskerming van Beleggings (Wet No. 22 van 2015), wat deur die President geteken is en van krag geword het op 15 Desember 2015.

ʼn Toename in die vlak van openbare geweld teen munisipaliteite: Volgens die SAPD het skareverwante insidente veral toegeneem met 1 165 voorvalle vanaf 2013/2014 tot 2014/2015, wat die reg op samekomste, betogings, stakings en petisie affekteer. Dit sal ook ʼn invloed hê op politieke regte in 2016.

Die reg op lewe: Voorvalle van moord het toegeneem van 17 023 in die boekjaar 2013/2014 tot 17 805 vir die tydperk 2014/2015.

AfriForum is van mening dat een van die beste maniere om die afhanklikheid van die regering te verminder en om regte uit te oefen, is deur middel van instrumente van aktivisme en die bevordering van onafhanklike instellings wat die tekortkominge van die staat kan aanvul.

ʼn Omvattende verslag is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Dankie Afriforum wanneer stel julle ‘n verslag oor die regering se rasistiese beleide op soos die uitsluiting van persone oor hul velkleur en die vele ander diskriminerende aksies teen wit en bruin burgers van Suid-Afrika

Maria van Dieweeck ·

#POLITIEKMOETVAL, #KETTINGWINKELSMOETVAL, #HARDEARBEIDINTRONKEMOETSTAAN, Viva burgerregtelike Organisasies, Viva! Dan sal SA werk

Aitsa ·

Die verslag is baie goed saamgestel. So ‘n gekompliseerde “bestuursmodel” wat met omvang van mense [stemme] in satand gehou word. Kan iemand die toekomstige beplanning en vordering vanuit die minderheidskant debatteer?

Zumie ·

Wil iemand nie asb vir die idioot wat op die mure verf verduidelik dat wanneer hy “Afrikaans” reg kan spel ons dalk moontlik sy opinie sal oorweeg maar dat in die tussentyd sy kwas tuis hou want sy gebrek aan goeie maniere word geewenaar deur sy gebrek aan insig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.