AfriForum versoek dringend inligting oor Maties-grondwet

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

AfriForum Jeug se Stellenbosch-tak het onlangs sowel klagtes as ’n regsmening by die Universiteit van Stellenbosch (US) se studentehof ingedien waarin inligting rondom die wettigheid van die huidige studentegrondwet versoek word.

Die klagtes spruit uit inligting wat die jeugorganisasie bekom het wat daarop dui dat die huidige dokument moontlik nie wettig is nie.

Talle navrae rakende die goedkeuring van die huidige studentegrondwet is aan George Steyn, voorsitter van die US-raad, Ronell Retief, registrateur van die US, Bridget Schreiber, senior direkteur van studentesake, asook die US-studentehof gestuur.

“Ek het drie keer vrae aan mnr. Steyn gestuur met geen terugvoer van hom nie, terwyl me. Retief en me. Schreiber nie direk my vrae kon beantwoord nie. Die studentehof het ontvangs van die klagtes erken, maar tot dusver is geen terugvoer ontvang nie,” sê Bernard Pieters, AfriForum Jeug-koördineerder by die US.

Die navrae handel onder meer oor die aspekte van die proses wat gevolg is rakende die implementering van die huidige studentegrondwet asook die aspekte rondom die finale goedkeuring van die dokument.

Indien die inligting rondom AfriForum Jeug se klag korrek is, is die implikasies soos volg:
– Die studenteraadsverkiesing, verkiesingsreëls en studenteraad is sedert 2014 ongrondwetlik en dus ongeldig.
– Die US-raad het doelbewus ’n ongrondwetlike grondwet deurgedruk en uitgevoer.

In die klag wat by die studentehof ingedien is, versoek AfriForum Jeug dat:
• die legitimiteit van die huidige studentegrondwet bepaal word;
• die huidige studenteraadsverkiesing tot niet verklaar word omdat geldige prosesse nie gevolg is nie;
• alle verkiesings wat onder die ongeldige grondwet geskied het tot niet verklaar word;
• alle finansiële besluite deur die US en hul befondsing van die studenteraad vanaf 2014 deur ’n onafhanklike ouditeursfirma ondersoek en geoudit word; en
• daar bepaal word watter instansie(s) en persone verantwoordelik was vir die gebruik van die ongeldige grondwet(te) en die gepaardgaande uitgawes en befondsing.

Na wat verneem word, is die oorspronklike studentegrondwet aanvanklik goedgekeur, maar nie weer nadat daar ’n reeks veranderings aangebring is nie. Die studenteraad wat in April vanjaar die geldigheid van dié grondwet verdedig het, het dié inskrywing intussen verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

humor ·

Tipies leberale werksmetode. Wanneers sal daar eendag weer integriteit by die bestuur van US gevind word. Gaan maar skraal aan n gewete.

Swannie ·

Met die huidige bestuur wat so teen wittes gekant is, sal dit maar altyd swaar gaan.

Anti US Bestuur ·

Ek het al n relletjie met bogenoemde persone by US gehad oor n gevloekry deur m swart student be die Kruiskerk.Hierdie student het op.n kerkbang gestaan en die Kerk gevloek en dit was op die voorblad van die koerant.Nadat ek n klagte ingedien het daaroor was ek genooi vir koffie wat ek van die hand gewys het. Ek het vir bogenoemde gese ek verkoop nie my siel vir n koppie koffie nie.Hulle het seker gedink ek sou geeerd gevoel het maar o wee het hulle vir jou.n fout gemaak.Hulle verkoop hulle siele vir koffie.Uiters swak.Vrot ook van die kop af.

John ·

Dis mos hoe die Groot Trek begin het… Engels, Engels… en snaaks genoeg was die Afrikaanse dorpsjapies en die vrome dominees baie kwaad daaroor omdat die geldjies van die Boere saamgetrek het… Geld; dit gaan weer oor geld… Ons siel en taal vir ou Mammon se plesier…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.